Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

wolk stoorspasie

Wat is die “cloud”?

Vrydag, Augustus 31st, 2012

Die nuuste gonswoord die afgelope paar maande is “cloud computing”, maar wat is hierdie sogenaamde”cloud” waarvan almal praat?

“Cloud computing” is die gebruik van rekenaarbronne (harde- en sagteware) verskaf as `n diens oor `n netwerk (gewoonlik die internet) Met ander woorde, dis `n netwerk van rekenaars wat op so `n manier opgestel is dat dit `n spesifieke diens kan huisves wat sagteware en inligting aan gebruikers kan verskaf.

Webwerwe en bediener-gebaseerde toepassings loop op spesifieke rekenaars of bedieners. Wat `n “cloud” egter anders maak is dat dit een gemeenskaplike, virtuele rekenaar gebruik wat onafhanklik loop van ander rekenaars of spesfieke bedienerkonfigurasies.

Om  T. Grance en W. Jansen (Guidelines on Security and Privacy in Public Cloud Computing) aan te haal – “The common characteristics most (clouds) share are on-demand scalability of highly available and reliable pooled computing resources, secure access to metered services from nearly anywhere, and dislocation of data and services from inside to outside the organization.”

Met vinniger breëband-internet word die behoefte om sagteware te loop op jou rekenaar of op jou maatskappy se webwerf al minder noodsaaklik. Baie van die sagteware wat jy elke dag gebruik is alreeds web-gebaseer. Die “cloud” neem dit net nog `n vlak hoër.

Voorstaanders van die  beweging na “cloud computing” beweer dat dit maatskappye sal help om toepassings vinniger aan die gang te kry, beter te bestuur en natuurlik laer onderhoud. Dit sal IT ook in staat stel om hulpbronne vinniger aan te pas en verander om te voldoen aan wisselende en onvoorspelbare besigheidsvereistes.

Eindgebruikers kry toegang tot die “cloud” deur middel van `n webblaaier of `n toepassing op jou rekenaar of selfoon, terwyl besigheidsagteware en gebruikers se data gestoor word by `n afgeleë ligging.  Aan die basis van “cloud computing” lê die filosofie van saamgesmelte infrastrukture en gedeelde dienste.

Hou asseblief in gedagte dat “cloud”-berging NIE aanbeveel word vir institusionele of akademiese inligting (sien definisies onder) aanbeveel word nie.  Indien jy wel besluit om van die “cloud” gebruik te maak, gebruik dit eerder vir persoonlike inligting of inligting wat nie krities is nie.

In terme van die konsep Informasie Bestuursbeleid, is die volgende informasie-kategorieë en sensitiwiteitskategorieë  gedefinieer:

Die twee oorkoepelende kategorieë is:

a)      Akademiese informasie  is informasie bestaande uit akademiese inhoud (insluitende biblioteek-en, leermateriaal en navorsingsuitsette)

b)     Institusionele informasie is die informasie wat die Universiteit as organisasie, personeel, studente en ander belanghebbendes ingesluit, besit of die kurator van is, asook enige informasie wat nie geklassifiseer kan word as akademiese inligting nie.

Vier kategorieë van inligtingsensitiwiteit, in volgorde van sensitiwiteit, is gedefinieer:

a)      Konfidensiële informasie is informasie wat vertroulik verskaf is en gebruik word en slegs toeganklik mag wees of gedeel word met gemagtigde persone op `n nodig-om-te-weet basis.

b)     Persoonlike informasie is `n spesifieke tipe Konfidensiële Informasie en word gedefinieer as informasie wat gebruik kan word om `n individu te indentifiseer of informasie oor `n identifiseerbare individu en informasie wat gedefinieer word deur die relevante wetgewing as persoonlike informasie.

c)      Operasioneel sensitiewe informasie (verstek-sensitiwiteit) is informasie wat operasioneel van dag-tot-dag deur die Universiteit gebruik word en geklassifiseer word as sensitief afhangende van die omvang en implikasie swat die bekendmaking daarvan die Universiteit  se beeld of werking kan beinvloed.

d)     Publieke informasie word algemeen gepubliseer of vir die publiek.

SOURCES: http://www.makeuseof.com/tag/cloud-computing-work-technology-explained/ & http://en.wikipedia.org/wiki/Cloud_computing

Watter een om te kies?

Vrydag, Augustus 31st, 2012

Noudat jy weet wat `n “cloud” is, is die volgende uitdaging om uit die magdom keuses een te kies wat aan jou behoeftes voorsien. Ongelukkig het elkeen sy voor- en nadele – ons het probeer om dit te ontsyfer.

ICLOUD

Apple se iCloud-diens lyk op die oog af baie effektief en dit werk seepglad. Dit sinkroniseer met al jou Apple-toestelle – iPhone, iPad en Mac en daar is heelwat ekstra funksionaliteit. Dis dus baie handig as jy `n iPod-aanhanger is, gereeld musiek aflaai en dit erens sentraal wil bêre.

iCloud gee jou 5GB se gratis stoorspasie, maar meer as dit moet jy voor betaal.  Die enigste nadeel is dat jy `n iOS-toestel of `n Mac gaan nodig hê om deel van die klub te wees.

AMAZON CLOUD DRIVE

Cloud Drive funksioneer net soos `n hardeskyf – die enigste verskil is dat dit aanlyn is en nie in jou rekenaar op jou lessenaar nie.

Hierdie platform gee ook vir jou 5GB gratis spasie. Vir meer sal jy 1$ vir 1GB per jaar moet betaal. Dit het ook `n Cloud Player Music stroom applikasie vir all jou musiekbehoeftes. Die enigste nadeel is dat jy Flash nodig het om dit te gebruik en  as jy iOS-toestelle gebruik wat nie Flash ondersteun nie, gaan jy probleme hê.

GOOGLE DRIVE

Google het `n magdom dienste van Picasa vir jou fotos, Gmail vir jou e-pos, Music Beta vir music en Google Docs vir  dokumente.

Terwyl SkyDrive en Dropbox jou leêrs van tot 2 GB laat stoor, gee Google vir jou tot 5 GB vir jou leêrs. Google het ook baie meer opsies as Dropbox en SkyDrive as dit kom by keuse vir betaalde databerging. SkyDrive het 3, Dropbox net twee, maar Google het 9 opsies waarvan jy kan kies.

Jy kry 1GB gratis vir Google Docs, 1GB vir Picasa, 7GB vir  Gmail en jy kan opgradeer na 16TB teen 4000$ per jaar. Google is waarskynlik ook een van die mees toeganklikste opsies – as jy `n webblaaier het, kan jy dit gebruik.

WINDOWS SKYDRIVE

Hierdie diens is soortgelyk aan die van Amazon, maar soos julle kan raai uit die naam is dit `n Microsoft-produk gemik op Windows. As Office dus `n groot deel van jou dag opneem, is Skydrive die logiese keuse vir jou.

SkyDrive bied 7GB se gratis stoorspasie en `n hele 25GB as jy voorheen van hulle diens gebruikgemaak het. Die betaalopsies is ook meer bekostigbaar as Google Drive of DropBox.

As jy die SkyDrive toepassing installeer word jy geforseer om alles van SkyDrive na jou rekenaar te sinkroniseer. Jy kan nie net sekere dele kies vir sinkronisasie nie.

`n Ander opsie vir Windows gebruikers is Windows Live Mesh. Lees meer op Wikipedia hieroor. 

DROPBOX

Waarskynlik die bekendste “cloud”-bergingsdiens is DropBox. Al jou toestelle kan verbind word daaraan en soomloos gesinkroniseer word. Enigiemand wat `n webblaaier het of die Dropbox-toepassing op hulle rekenaar, kan dit gebruik.

Dropbox is `n goeie en effektiewe dien, maar ongelukkig ook die duurste.

Ten spyte van die groot verskeidenheid van opsies (en ons het nie eers almal genoem hier nie), moet jy besluit watter een die beste werk vir jou.

(SOURCES: Regan Januarie (IT Gebruikersdienste), www.winsupersite.comhttp://www.memeburn.com)

IT: Gerat vir die toekoms

Vrydag, Maart 9th, 2012

Tot onlangs was die afdeling Informasietegnologie se gesig op kampus hoofsaaklik slegs die van `n diensverskaffer. Die mense wat jy bel as jou rekenaar gekalf het en gemoedere hoog loop van frustrasie. Min mense weet egter presies wie of wat IT is en dat hulle meer doen as om te sorg dat jou rekenaar elke dag werk en jy jou email en internet kan kry.

Voorheen het twee van IT se afdelings, IT Tegniese Dienste (ITTD)en IT Gebruikersdienste (ITG), gefunksioneer as twee aparte eenhede. Om egter te verseker dat Informasietegnologie  in lyn met US-doelwitte en aan die voorpunt van nuwe tegnologie bly, is besluit op die integrasie van die twee afdelings.

Die vorige afdelings word een integrale afdeling wat bekend sal staan as  IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning met die fokus op drie verskillende areas – Navorsing en Ontwikkeling, Netwerkinfrastruktuur en Telefoonstelsels en Apparatuur- en Programmatuurdienste en ondersteuning.

Zenobia Davidse, Hoof: IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning Die groot verantwoordelikheid om die suksesvolle integrasie van dienste en voortdurende ondersteuning aan kampus te bestuur, rus op die skouers van Zenobia Davidse en haar span van 26 personeellede.

Met die herstrukturering sal wyer gefokus word op nuwe tegnologie en wegbeweeg word vir meer tradisionele IT-funksies. Daar sal, onder andere, anders gekyk moet word na datarugsteuning op kampus deur gebruik te maak van “cloud”-berging in plaas van rugsteuning op hardeskywe, toetsing van nuwe apparatuur en programmatuur,  analise en konsultasies van gebruikers se behoeftes ten opsigte van tegnologie, sowel as selfhelp-gidse vir personeel.

IT Infrastruktuur en Gebruikersondersteuning word dus die een-stop-plek vir e-waste, enige telefoonnavrae, installasies van WAP’s, aankope, bystanddienste en vele meer. 

In `n poging om kommunikasie met kampus te verbeter sal daar binnekort fakulteitsverteenwoordigers aangewys word wat probleemoplossing binne departemente sal bespoedig. Addisionele funksies en spesialisareas van die onderskeie personeellede word ook voortaan in Bits en Bytes bekendgestel.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.