Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

kontak ons

Nuwe IT aanlynversoekstelsel

Donderdag, Oktober 4th, 2018

Informasietegnologie het onlangs ʼn nuwe, gebruikersvriendelike versoek en insident aanmeldingstelsel vir personeel en studente in werking gestel. Ons doelwit was om die nuwe stelsel op so ʼn manier uit te rol dat julle nie beïnvloed word nie en die proses om versoeke aan te meld eenvoudig bly. Die enigste verskil is ʼn nuwe, skoon en gebruikersvriendelike uitleg. Ons wil jou daarom ook aanmoedig om voortaan gebruik te maak van die aanlyn aanmeldingstelsel, of te wel ICT Partner Portal, om vinniger diens te verseker. 

Om dienste te versoek, teken aan op ons ICT Partner Portal by servicedesk.sun.ac.za.

Die ICT-portaal is die sentrale punt waar jy maklik al jou IT-verwante versoeke kan aanteken, sonder om die IT Dienstoonbank te kontak. Hier sal jy ook kan aanlyn kan tred hou met die vordering van jou versoeke. 

Sodra jy ʼn diens versoek of ʼn insident of fout aanmeld, sal die stelsel outomaties ʼn versoeknommer aan jou toewys. Die versoeknommer verskyn ook in alle e-pos korrespondensie en opdaterings wat verband hou met jou versoek. Dit verseker dat verwante versoeke saam gegroepeer word en jou informasie makliker toeganklik en geïntegreer word.

Alhoewel die platform se koppelvlak verskillend lyk as die vorige een, sal jy steeds dieselfde aksies kan uitvoer. Alle personeel en studente is outomaties geregistreer as gebruikers – teken net in  by servicedesk.sun.ac.za met jou US gebruikersnaam en wagwoord.

Die nuwe koppelvlak lyk so: 

Alternatiewelik, indien jy verkies om nie die ICT-portaal te gebruik nie, kan jy ʼn e-pos stuur aan help@sun.ac.za. Die stelsel sal outomaties  ʼn versoek aanteken in reaksie op die e-pos. Hou asseblief in gedagte dat hierdie metode moontlik langer kan neem omdat die versoek eers geklassifiseer moet word deur ʼn dienstoonbankagent.

Indien jy onlangs op hierdie wyse diens versoek het, sou jy opgemerk het dat die bevestiging e-pos verskillend lyk as voorheen. (sien voorbeeld onder) Jou e-pos sal ʼn verwysingsnommer, byvoorbeeld ICT-123, jou naam en ʼn skakel waarop jy kan kliek om jou versoek te sien, insluit. Deur op die skakel te kliek, sal jy herlei word na die ICT-portaal waar jy die na status van jou versoek kan kyk en ook kommentaar los vir die betrokke tegnikus.

Die nuwe bevestiging e-pos lyk as volg:

 

Ons nuwe adres

Vrydag, September 18th, 2015

Na `n week van kantore verskuif, is die IT-afdeling uiteindelik ingetrek in `n nuwe gebou. Vanaf middel-September sal julle ons nie meer in die Ingenieursfakulteit-kompleks kry nie. IT word nou gehuisves in `n splinternuwe gebou tussen Fasiliteitsbestuur en Instandhouding. Jy kan hier meer lees oor ons nuwe, groen gebou en ook in September se uitgawe van die Kampusnuus. (Sien ook die volledige kontakinligting onder)

Na `n kort aftydperk verlede week gedurende die trek, is ons nou weer volledig operasioneel. Ons wil graag ons getroue kliënte bedank vir hulle volhoue ondersteuning en ook geduld gedurende die kort tydperk.

IT-mapNeem kennis dat `n spesiaal-geallokeerde sentrum, die IT HUB, voortaan die sentrale dienssentrum vir IT sal wees. 

Personeel kan dus hul toerusting by die IT HUB afgee en sal bygestaan kan word met sekere funksies. Alle toerusting word steeds herstel by die hoof IT-gebou, maar kleiner funksies soos die registrasie van toestelle, wagwoorde, ens. kan onmiddellik by die IT HUB gedoen word.

Personeel se persoonlike toerusting kan hanteer word by die IT HUB of IT-werkswinkel en personeel kan 5 persoonlike toestelle (byvoorbeeld slimfone, tablette en skootrekenaars) op die netwerk registreer. Daar sal beperkte ondersteuning aan die toestelle gebied word. 

kaart

KONTAK ONS

Tel:  021-808 4367
Skype: ITStellenUni
E-pos: helpinfo@sun.ac.za (vir algemene navrae) or help@sun.ac.za (om `n fout aan te meld)
Twitter: @itstellenuni

Google-kaarte

 Kliek hier vir instruksies oor hoe om `n fout te rapporteer. Verskaf asseblief die korrekte inligting anders sal die versoek nie op die stelsel geregistreer kan word nie.  

Al ons dienste is gelys op ons Dienskatalogus en as jy braaf genoeg is, kan jy ook gebruik maak van ons  Self-help wiki.

Is jy oorsee en het ons nodig?

Vrydag, Oktober 18th, 2013

`n Paar jaar gelede kon jy ons net bel of e-pos stuur, toe kon jy ons blog lees en tweets volg.

Nou kan jy selfs op ons nommer druk as jy oorsee is en sukkel met `n rekenaarverwante probleem.

Spaar jouself die buitensporige internasionale oproepkostes en kom kuier vir ons op Skype deur te soek na helpinfo@sun.ac.za of die gebruikersnaamitstellenuni.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.