Informasietegnologie voorsien en beplan:
- dat die gebruik van tegnologie in die klaskamer (e-lesers en tablet-rekenaars) binne die volgende drie jaar dramaties gaan toeneem in sommige vakrigtings;
- dat die nutswaarde van veral e-lesers (soos die iPad, Samsung tablet en kleiner skootrekenaars) in die klaskamer afhanklik is van die kwaliteit van elektroniese kursusmateriaal – wat anders gaan lyk as die tradisionele handboeke en baie meer interaktief gaan wees;
- dat akademici toenemend besef dat hulle nie die kapasiteit het om in hul vakrigtings nuwe kursusinhoud na te vors, te ontwikkel en ook aan te bied nie;
- dat die ontwikkeling van moderne 21ste eeu elektroniese kursusmateriaal (vir voorgraadse studies) toenemend deur die groot uitgewers ontwikkel sal word, met “best of breed” klassifikasie teen ‘n baie lae koste – in sommige vakrigtings seker vinniger as in ander;
- dat studente, weens die beskikbaarheid van populêre e-lesers en tablet-rekenaars (soortgelyk aan die iPad, IPed en aPad tegnologië), selfvoorsienend gaan raak rondom hul rekenaar- en netwerkbehoeftes. Die sosiale netwerkwaarde, tesame met die akademiese waarde, gaan die aankoop sterk by jongmense motiveer;
- dat elektroniese kursusinhoud deur uitgewers beskikbaar gestel gaan word via webwerwe soortgelyk aan “ITunes U” en dat die universiteit soortgelyke elektroniese dokumentbestuurstelsels op kampus sal moet vestig;
- dat die Android-tegnologie, soortgelyk aan die Apple OSX-tegnologie, dramaties gaan toeneem in populariteit, waarbinne elektroniese kursusmateriaal dan goedkoper beskikbaar gaan word d.m.v. “digitale regte-bestuur” – wat die sleutel besigheidmodel sal wees vir die verspreiding van kursusmatariaal teen lae kostes;
- dat RGA’s oor drie jaar minder noodsaaklik sal wees vir studente se algemene rekenaarbehoeftes, weens die beskikbaarheid van die bekostigbare e-lesers en tablet-rekenaars en dat RGA’s slegs vir spesialistoepassings nodig sal wees;
- dat RGA’s toenemend nodig sal wees vir e-Assessering;
- dat die universiteit vanaf 2012 sterk fasiliterend gaan optree vir die aankoop van e-lesers en tablet-rekenaars;
- dat sitplekke naby kragpunte en radionetwerke meer belangrik as ‘n sitplek in ‘n RGA is;
- dat nuwe denke rondom hoe die klaskamer van die toekoms behoort te lyk, nodig is – soos reeds by VSA universiteite mee geëksperimenteer word.
Om hierdie tendens te kan ondervang is -
- ‘n “Tegnologie in Leer en Onderrig Werkgroep” (as wenslike subkomitee van die KLO); en
- ‘n Een-Matie-Een-Laptop (1M1L) / “Toegang vir almal” projek, soos saam met SOL en SAS gekonseptualiseer in ‘n onlangse voorstel aan die VR(O);Daarom is daar ook in die IT Sakeplan vir 2011 tot 2016 voorsiening gemaak vir strategiese aksies vir 2011 en daarna vir:
- ‘n IT-Instapsentrum vir ondersteuning van mobiele tegnologie;
- Radio-netwerke in sommige fakulteite om mobiele tegnologie te kan ondersteun, en
- ‘n Elektroniese dokumentbestuurstelsel vir formele dokumente en elektroniese eie-ontwikkelde handboeke, sodat inligting na mobiele tegnologie gesinchroniseer kan word.
