• Onlangse bydraes

  • Argiewe

  • Kategorieë

  • Etikette

e-pos

Waarskuwing: Nuwe SARS, ABSA & eBucks “phishing” e-pos

Tuesday, September 18th, 2012

Indien jy `n e-pos ontvang wat lyk of dit van ABSA kom insake `n betaling van SARS of oor eBucks, moet onder geen omstandighede op die skakels kliek nie. Hierdie is `n “phishing” e-pos wat poog om jo wagwoord en ander inligting te oes. Verwyder dadelik die e-pos en moenie daarop reageer nie.


From: Absa Bank [mailto:lis@absa.co.z]u

Sent: 18 September 2012 08:29 AM

To: …

Subject: SARS E-filing Payment Received

Dear Client,

A payment has been made into your account from SARS e-filing

In other to process and confirm this payment please do click here to login.

During this process, your RVN will be checked and verified.

Regards,


From: Absa Internet Banking [mailto:payment@absa.co.za]

Sent: 19 September 2012 15:01

To:

Subject: Payment Made To Your Online Banking!!

Absa Bank

Online Payment Made

Dear Customer,

A payment has been made to your account. To view the details of the payment, please click here to login. and enter the RVN that will be sent to your cellphone. please contact our support centreon 0860 123 000 . If you are calling from outside South Africa, call +27 11 299 4701 .

Our consultants are available between 8am and 9pm on weekdays, and 8am and 4pm on weekends and public holidays. 

The Internet banking Team

Moving Forward

Copyright Absa. All rights reserved.

Absa of South Africa Limited (Reg. No. 1962/000738/06). Authorised financial services provider. Registered credit provider (NCRCP15).

Disclaimer and confidentiality note:

Everything in this email and any attachments relating to the official business of Absa Group Limited is proprietary to the group.

It is confidential, legally privileged and protected by law. Absa does not own and endorse any other content.

The person addressed in the email is the sole authorised recipient.

Please notify the sender immediately if it has unintentionally reached you and do not read disclose or use the content in any way.

Absa cannot assume that the integrity of this communication has been maintained nor that it is free of errors, virus, interception or interference.

For our privacy policy or information about the Absa group visit our website at www.absa.co.za.

Absa email disclaimer and confidentiality note

Please go to http://www.absabank.co.za/ site/homepage/emaildisclaimer. html to read our email disclaimer and confidentiality note. Kindly email disclaimer@absabank.co.za (no content or subject line necessary) if you cannot view that page and we will email our email disclaimer and confidentiality note to you.


From: eBucks Credit [mailto:credit@ebucks.com]

Sent: 25 September 2012 11:56 AM

To:

Subject: eBucks Reward: You have earned a eBucks points !!!

Alert

We have detected unusual activity on this account and for your security are temporarily blocking access. To regain access to this account, please click here.

If you are unable to login, contact Member Services at 1-877-786-0722 for further assistance.

Spam – meer as net `n blikkie vleis

Friday, September 14th, 2012

Gemorspos, of te wel “spam”, is wanneer identiese, meestal steurende,  boodskappe na `n groot hoeveelheid e-pos- of selfoongebruikers gestuur word. As `n ontvanger kliek op een van die skakels in die boodskap, word hulle herlei na strikroof webwerwe of webwerwe wat “malware” huisves. “Spam” e-posse kan ook versteekte “malware” skripte bevat.

Die teenoorgestelde van “spam” – met ander woorde e-posse wat jy WIL ontvang, word natuurlik “ham” genoem. (ja regtig)  Die eintlike oorsprong van die woord “spam” hou verband net die oorspronklike, geprosesseerde variasie en ons het die obskure Britse groep komediante van Monty Python om te blameer daarvoor. In die 1970 skets sing-praat `n groep Vikings die woord “spam” so onophoudelik in `n restaurant dat niemand anders kan praat nie. Kliek hier as jy die oorspronklike Monty Python skets wil sien waar die woord “spam” 132 keer gebruik word in 3 en `n half minute!

Selfs Google vind die woord interessant. Die maatskappy het op `n stadium `n verrassing versteek vir hulle gmail-gebruikers. As jy jou se “spam” leêr sou oopmaak, het dit omgeskakel na `n webinsetsel met `n verskeidenheid resepte vir regte spam. Onder andere resepte vir “Spam Primavera”, “Spam Swiss Pie”, “Creamy Spam Broccoli Casserole” en “Spam Veggie Pita Pockets”.

Die eerste gemorspos is reeds op 3 Mei 1978 gestuur om `n nuwe rekenaarstelsel te adverteer. Dis gestuur vir 600 gebruikers van ARPANET en al 600 adresse is met die hand ingetik vanaf `n uitgedrukte dokument. Jy kan die e-pos hier lees.

Vanaf Augustus 2010 word daar geskat dat daagliks ongeveer 200 biljoen gemorspos boodskappe gestuur word.  Gelukkig gebruik ons op kampus redelike streng gemorspos filters om groot hoeveelheide onnodige e-posse uit ons posbusse te hou. As jy egter nogsteeds te veel kry na jou sin, gaan lees gerus hier.

As dit jou enigsins beter laat voel – volgens Steve Ballmer, CEO van Microsoft, kry Bill Gates vier miljoen e-posse per jaar, waarvan die meeste gemorspos is.

SOURCES: http://blog.emailaddressmanager.comhttp://mashable.com & www.wikipedia.org

Soek jy `n eenvoudiger manier om toegangbeheerde massa e-posse te stuur?

Friday, September 14th, 2012

As jy die verantwoordelike persoon in jou departement vir die uitstuur van inligting aan ander personeellede of studente is, het jy waarskynlik al gewens daar is `n beter manier om die hele proses te vergemaklik.

Wel, daar is en die stelsel se naam is Sympa (Systeme de Multi-Postage Automatique (i.e. Automatic Mailing System)). Sympa is perfek vir die uitstuur en administrasie van massa e-posse, baie eenvoudig om te gebruik en kan selfs “mail merging” hanteer indien nodig.

Indien jy tot dusver Outlook gebruik het om e-posse te stuur aan groot groepe mense, het jy dalk al agtergekom dat daar `n beperking is op die aantal adresse waarheen jy kan stuur, naamlik 120. Sympa laat jou toe om aan `n onbeperkte hoeveelheid adresse te stuur. Jy kan ook verskeie lyste skep en die naam van die lys aanpas om meer beskrywend te wees. Onthou net, die naam van die lys is ook die e-pos adres waarvan jou e-pos gestuur gaan word, kies dus mooi!

Om `n sympa-lys te skep, kan jy dit self doen deur na http://sympa.sun.ac.za te gaan en te kliek op die ”create list” oortjie. Onthou om al die velde op die vorm in te vul.

Alternatiewelik, as dit vir jou te oorweldigend lyk, kan jy ook `n versoek aan ons dienstoonbank stuur by help@sun.ac.za. met die volgende inligting:

1.            Wie is die eienaar en verantwoordelike persoon vir die lys?

2.            Wie mag stuur na die verspreidingslys?

3.            Moet dit sigbaar of versteek wees in die Global Address List?

4.            Vervaldatum van die lys?

5.            Wie moet lede wees van die lys (volledige gebruikersname in xls/xlsx formaat)

6.            Wie vra die verspreidingslys aan?

7.            Wie mag die verspreidingslys aanpas? (byvoorbeeld nuwe lede byvoeg, ens.)

En voor jy kan sê “Sympa!”, sal jy na hartelus e-posse kan uitstuur. Meer inligting oor Sympa - http://en.wikipedia.org/wiki/Sympa

BRON: Pablo Korkie en Johan Loubser, IT

Eendag was daar …

Friday, September 14th, 2012

… `n wêreld sonder e-pos. Eintlik was dit nie so lank gelede nie. Suid-Afrika was ietwat stadiger as die res van die wêreld en ons het eers teen die middel 90′s blootstelling gekry aan e-pos en die internet. Dis alreeds ongeveer 17 jaar gelede.

Die eerste e-pos is in 1971 gestuur deur Ray Tomlinson. Die boodskap is gestuur na die rekenaar direk langs die een waarvan Tomlinson die oorspronklike boodskap gestuur het.  Voorheen kom e-posse slegs gestuur word na persone wat dieselfde rekenaar gebruik het. Tomlinson was nie oorspronklik betrokke by die e-pos projek nie, maar was besig om ander toepassings te ontwikkel vir MIT se ARPANET projek (wat onder andere later die Internet ingesluit het). Hy het begin werk aan e-pos omdat dit gelyk het na `n “neat”  idee. Tomlinson kan self nie onthou waaroor die heel eerste e-pos gegaan het nie, maar hy vermoed dit was iets eenvoudig soos “testing 123″ of “QWERTYUIOP”.

Aanvanklik, soos met meeste nuwe uitvindsels, het niemand gedink dis `n vreeslike opspraakwekkende projek nie Jerry Burchfield, `n kollega van Tomlison het inderwaarheid gesê hulle moet vir niemand daarvan sê nie, want eintlik is hulle veronderstel om ander werk te doen!  As jy wil lees wat Tomlinson self te sê het oor  sy betrokkenheid by die e-pos verskynsel, kliek hier.

Die “at”, @ teken is aanvanklik gebruik deur Ray Tomlinson om e-posse van persone op ander rekenaars te onderskei van die wat hy op sy plaaslike rekenaar saamgestel het. Dis bloot gekies omdat dit `n standaard simbool op die sleutelbord was wat nie meer so gereeld gebruik is nie. Die eerste e-posadresse het dus net bestaan uit iets soos bob@computer2. Die .com deel is eers baie later bygevoeg.

Verskillende take het verskillende (en soms interessante en beskrywende) name vir die @ teken -

Engels: “at sign”,”at the rate”, “at symbol”, “at mark”, “commercial at”, “cyclips”, “ampersat” en “asperand”

Frans: “arobase” of soms “arrobe” of “arobe”

Nederlands:  apestaart

Duits: “at symbol” of “spider monkey”

Sjinees:“little mouse”

Spaans en Portugees: dis die simbool vir arroba, `n veroudernde gewigseenheid (~25 pond of 11.3 kilogram)

Italiaans: chiocciolina — klein slakkie

Sweeds:  snabel-a — “A” met `n olifant se slurp

Ander tale se byname sluit in  “mouse’s tail,” “sleeping cat,” “little duck,” “dog,” and “little worm.” Vir `n meer volledige lys van name en geskiedenis van die @ teken, kliek hier.

Die eerste e-pos wat uit die buiteruim gestuur is, is gestuur in 1991. Die bemanning van die STS-43 Atlantis het vanaf `n Apple-rekenaar die volgende boodskap gestuur:

“Hello Earth! Greetings from the STS-43 Crew. This is the first AppleLink from space. Having a GREAT time, wish you were here… send cryo and RCS! Hasta la vista, baby… we’ll be back!”. Wie’t gesê wetenskaplikes het nie `n sin vir humor nie?

SOURCES: http://blog.emailaddressmanager.comhttp://mashable.com  & www.wikipedia.org

Slagoffer van strikrowery?

Friday, May 11th, 2012

Die oomblik wanneer jy aanlyn is, loop jy sekere risikos. Dit klink miskien oordrewe, maar ons is geneig om te vergeet hoe blootgestel en watter maklike teikens ons is vir kuberkriminele as ons nie bedag is op ons aanlynveiligheid nie.

As `n internetgebruiker stel jy jou daagliks bloot aan kwaadaardige sagteware en die moontlikheid van datadiefstal. Dit sluit kuberstrikroof (“phishing”) in. Hierdie tipe elektroniese rooftogte gebruik skelm e-posse en webwerwe wat wettig lyk, maar eintlik so opgestel is om gebruikers te mislei sodat hulle persoonlike en finansiële inligting onthul. Kuberkriminele gebruik dan die data om, onder andere, toegang te kry tot aanlynrekeninge  (insluitende bankrekeninge) of die persoon se identiteit oor te neem.

Volgens die plaaslike Stellenbosch ABSA-tak is daar steeds Stellenbosch Universiteit personeel wat  in die slaggat val en slagoffers word van kuberkriminele deur op “phishing” e-posse te kliek. Om seker te maak jy word nie een van hulle nie, lees meer oor “phishing” op IT se selfhelp wiki.

BRON: www.cnet.com

 

© 2013 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.