Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

internet

Het jy geweet?

Vrydag, Mei 4th, 2012

Jy kan die hele internet op 200 miljoen Blu-Ray skywe stoor en dat die heel eerste webkamera gebruik is om `n koffiepot te monitor? Deesdae is ons al so bederf met die internet dat dit moeilik is om `n lewe daarsonder in te dink. Maar weet jy waar dit alles begin het?

Die tegnologie agter die internet is alreeds in die sestigerjare by MIT (Massachusetts Institute of Technology) begin. Die eerste boodskap wat ooit gestuur het, het net een word bevat – LOG. Hoekom? Die person wat dit getik het, het LOGIN probeer tik, maar die geweldige hoeveelheid data wat die letter G bevat het, het die hele netwerk laat platval.

Die internet was oorspronklik net een bladsy by die URL http://info.cern.ch/hypertext/WWW/TheProject.html Op hierdie enkele blad was `n opsomming oor hierdie nuwe projek wat die  “WorldWideWeb” genoem word en hoe jy  ook `n bladsy kan maak vol wonderlike hiperskakels. Ongelukkig is die oorspronklike blad nie meer beskikbaar nie, maar jy kan die hersiende weergawe hier kry.

Nog interessante internet-trivia:

  • Die eerste webkamera is implementeer in Cambridge se rekenaarlaboratorium – sy enigste doel was om een spesifieke koffiemasjien te monitor sodat die koffiedrinkers nie verniet loop en `n leë koffiepot kry nie.  Hierdie “gevorderde” tegnologie word steeds selfs op ons eie kampus gebruik in sekere laboratoriums.
  • MP3’s is reeds in 1991 uitgevind, maar is eers in 1998 vir die eerste keer gebruik te danke aan Napster.
  • Reg van die begin af was het die deel van leêrs op die internet vir owerhede problem geskep. In 1989 moes die Universiteit van McGill hulle ftp-webwerf afsit nadat hulle besef het dis verantwoordelik vir die helfte van alle internetverkeer van Amerika na Kanada.
  • Die enorme omvang van die leêrdeling vandag met die gepaardgaande etiese kwessies kom dus al `n lang pad. Torrent-leêrs gebruik meer as 50% van die bandwydte van die internet – `n groot gedeelte word egter opgeneem deur videostrome van dienste soos Netflix.
  • Google beraam dat die internet vandag uit 5 million terabytes se data (1TB = 1,000GB) bestaan, waarvan Google self nog net 0.04% geindekseer het.
  • Twintig ure se videomateriaal word elke minuut van reg oor die wêreld op YouTube gelaai. Die heel eerste  YouTube video is op 23 April deur Jawed Karim (een van die stigterslede van die webwerf) gelaai, was 18 sekondes lank en geweldig vervelig. (Sommige goed verander nooi!)

BRON: http://www.makeuseof.com

Gratis toegang tot uitgesoekte webwerwe

Vrydag, April 20th, 2012

Ongelukkig val Facebook en Twitter nie onder hierdie kategorie nie! Ons verwys wel na webwerwe wat deel vorm van die SANREN-netwerk waartoe jy voortaan gratis internettoegang sal hê.

Die SANREN-netwerk is onder andere daargestel vir die bevordering van navorsing deur middel van kommunikasie by tersiêre instellings. Indien jy dus `n navorser is wat saam met ander instansies wat aan die SANREN-netwerk gekoppel is, werk, kan jy nou gratis die volgende http, https en ftp weergawes van onderstaande webwerwe besoek –

*.mirror.ac.za

*.cput.ac.za
*.uct.ac.za
*.uwc.ac.za
*,tenet.ac.za
*.rims.ac.za

Verdere goeie nuus is dat gratis toegang na ander webwerwe wat nodig is vir navorsingsdoeleindes, ook versoek kan word. Indien jy dus op `n gereelde basis vir werkdoeleindes toegang moet hê tot `n spesifieke akademiesewebwerf, laat ons weet deur `n versoek te stuur aan helpinfo@sun.aca.za.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.