Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

netwerk

(English) Fix for network access problem

Woensdag, Julie 12th, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Netwerkinstallasies: status en prosedures

Vrydag, Februarie 5th, 2016

Weens die groot aanvraag vir netwerkpunte in 2015 en die aanvang van die IKT Netwerkopgraderingsprojek, het `n agterstand in die voorsiening van netwerkpunte ontstaan.

Gevolglik het Informasietegnologie en Fasiliteitsbestuur die proses hersien. Ten einde meer kapasiteit te skep, sal daar gebruik gemaak word van buite-konsultante en -kontrakteurs vir netwerkinstallasies.

KKW-prosedure vir netwerkpunte
KKWs wat nie in 2015 geprosesseer is nie, is moontlik aan die einde van 2015 gekanselleer. Dit mag dus nodig wees om weer `n KKW in te sleutel indien u steeds ‘n nuwe netwerkpunt-installasie benodig. Om vas te stel of ’n KKW-versoek vir netwerkpunte aktief of gekanselleer is, stuur die KKW-nommer aan netinfra@sun.ac.za. Terugvoer sal so gou as moontlik gegee word.

Uit die KKW-versoek sal Fasiliteitsbestuur vir IT ‘n werksopdrag genereer vir die netwerkpunt-installasie. IT sal dan op sy beurt die konsultant aanstel om die installasie te ondersoek en koördineer.

Probleme met bestaande netwerkpunte moet steeds by die IT Dienstoonbank aangemeld word. Meer inligting oor prosedure vir netwerkinstallasies.

Ons is vol vertroue dat die nuwe proses sal lei tot ‘n meer bevredigende diens.

US netwerk opgradering verbeter samewerking

Donderdag, September 27th, 2012

Universiteit van Stellenbosch se IT infrastruktuur is onlangs op `n groot skaal opgegradeer en plaas dié universiteit op gelyke vlak met ander hoër opvoedingsinstansies. Te danke aan die opgradering het studente, navorsers en akademici beter toegang tot die universiteit se sentrale netwerk.

Lees die res van die artikel op IT Online. (slegs beskikbaar in Engels)

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.