Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Office 365

Microsoft 365 vs. Office 365: Wat is die verskil?

Dinsdag, Junie 4th, 2019

Microsoft 365 vs. Office 365: Wat is die verskil?

Konsekwentheid van produkname is belangrik as jy nie jou kliënte wil verwar nie, maar as jy veelvuldige produkte met verskeie weergawes het, kan dinge begin deurmekaar raak. Ja, Microsoft, ons kyk na jou…

Microsoft het Microsoft 365, ’n groep bestaande produkte, onder een lisensie bekendgestel. Die naam is soortgelyk aan die reeds bestaande Office 365 (en die onlangse naamverandering van Dynamics 365). Heelwat mense het in der waarheid alreeds Office 365 eerder Microsoft 365 begin noem.

So dis maklik om te sien hoe hierdie twee produkte verwar kan word met mekaar. Dit raak selfs meer verwarrend as jy besef dat Microsoft 365 ook Office 365 insluit.

Kom ons kyk na die verskille:

Die kort weergawe

Office 365 is ’n wolkgebaseerde stel produktiwiteitstoepassings soos Outlook, Word, PowerPoint, ens. Microsoft 365 is ’n groep dienste wat Office 365 insluit, sowel as etlike ander dienste, insluitende Windows 10 Enterprise.

Die lang weergawe

Office 365

Office 365 is ’n wolkgebaseerde stel toepassings en dienste gebou rondom produktiwiteit in besigheid. Dit sluit toepassings in wat jy waarskynlik reeds ken, soos Microsoft Outlook, Word, PowerPoint, Excel, Skype for Business, SharePoint, OneDrive en Teams, sowel as ander kragtige produktiwiteit-, saamwerk- en sekuriteitseienskappe.

Microsoft 365

Microsoft 365 is ’n groep dienste wat Office 365 insluit. Dit sluit ook Windows 10 Enterprise, Enterprise Mobility + Security (EMS) en masjienleer in. Soos die naam aandui is dit meer gerig op groter organisasies wat ’n enkele, veilige platform benodig waar daar gedeel en saamgewerk moet word. Dit sluit sterk data-eienskappe bo en behalwe Windows 10 Pro en Office 365.

Wat is ingesluit by Microsoft 365 in vergelyking met Office 365?

Beide produkte het die vermoeë om volledig geïnstalleerde Office-toepassings op fone, tablette en PCs te loop, sowel as die webblaaier weergawes. Jy kry 1TB persoonlike stoorplek vir jou lêers, besigheid e-posse en kalenders. Jy het ook toegang tot Skype for Business vir kitsboodskappe en video-oproepe, sowel as Microsoft Teams en nuwe hulpmiddels soos Delve en Planner.

Die verskil kom in by die bestuur van toestelle. Anders as Office 365, kom Microsoft 365 met ’n enkele konsole waar gebruikers en toestelle bestuur kan word. Jy kan ook outomaties Office-toepassings uitrol na Windows 10 PCs.

Office 365 het geen sekuriteitshulpmiddele nie. Die alternatief het die vermoeë om data te beskerm oor verskeie toestelle en ook veilige toegang. Jy kan ook Windows 10 toestelle beskerm teen risiko’s soos malware deur middel van Windows Defender.

[ARTIKEL DEUR MANDY WANZA]

Wat is Microsoft Office 365?

Maandag, Junie 5th, 2017

Wat is die wolk?

Wolkdienste is ʼn wye beskrywing vir IT-dienste wat oor die internet verskaf word. Jou dienste word nie gehuisves op jou stelsel by die huis of werk nie, maar word elders gestoor en bestuur. Vandag gebruik baie dienste die wolk, soos e-posdienste (byvoorbeeld Gmail), datastoring (byvoorbeeld Dropbox) of fotostoring (byvoorbeeld Flickr). Omdat alles aanlyn of “in die wolk” lê, het jy feitlik vanaf enige plek op jou toestel toegang – solank jy ʼn internetverbinding het.  Nog artikels oor die wolk. 

Wat is Microsoft Office 365?

Office 365 is ʼn aanlyn, wolkgebaseerde toepassing van die Microsoft Office produkte. Dit sluit Word, Excel, PowerPoint, OneNote, Outlook, Publisher en Access (Publisher en Access is slegs beskikbaar vir PC) vir alle personeel en studente met aktiewe rolle, in.    

Wat kry ek?

 

  • Vyf aflaaibare weergawes van Office365 vir persoonlike toestelle, byvoorbeeld skootrekenaars, tablette en slimfone. Hierdie weergawes sluit NIE toestelle met batenommers in nie. 
    NB: Om die weergawes aktiveer te hou, moet jy ʼn personeellid of student wees met ʼn aktiewe rol. Aflaaibare weergawes se lisensies moet ook op ʼn maandelikse basis hernieu word, anders sal dit ophou werk.
  • E-pos: 50 GB posbus in die wolk.
  • Toegang tot die Microsoft Office365 aanlyntoepassings vanaf enige toestel verbind aan die internet.
  • Calendar: aanlyn kalender
  • Word: aanlyn toegang vanaf enige toestel
  • Excel: aanlyn toegang vanaf enige toestel
  • PowerPoint: aanlyn toegang vanaf enige toestel
  • People: aanlyn-kontakte
  • Planner: organiseer take en spanwerk
  • OneDrive: 5TB aanlyn stoorspasie
  • Teams: samewerking
  • OneNote: digitale notaboek
  • Class Notebook: OneNote vir klaskamers
  • Sway: Skep en deel interaktiewe verslae, aanbiedings, ens.
  • Forms: bou vorms vir opnames en deel dit sonder moeite met studente, ouers en kollegas.
  • Tasks: skeduleer take
  • Video: aanpasbare, maklik bruikbare portaal vir die oplaai en deel van jou korporatiewe video’s. 
  • SharePoint: aanlyn stoorspasie en deel van lêers.
  • Yammer: help om samewerking tussen jou en jou spanne te bewerkstellig. Voer gesprekke, werk saam en reël projekte. 

Wat is die verskil tussen die wolk en jou PC?

Nadat die skuif na die wolk, sal jy plaaslike data op jou rekenaar en op die netwerk (G en H: skywe) hê, maar jy sal ook data op die wolk hê. Dieselfde geld vir toepassings. Sommige toepassings sal plaaslik op jou rekenaar wees, terwyl ander wolkgebaseerd is. Die data op die wolk sal jou primêre bron wees, terwyl die kopieë op jou rekenaar en netwerkdrywe sinkroniseerde weergawes is.

Dieselfde geld vir jou Office365-toepassings. Om hierdie rede is dit belangrik dat jy tred hou met waar jy jou data stoor. 

Wat is die voordele van wolkdienste?

  • Meer stoorspasie beskikbaar – tot 5TB op OneDrive en 50GB op Outlook.
  • Jou data is beskikbaar vanaf enige plek, enige tyd en op enige toestel. Jy sal altyd toegang tot jou data hê as jy `ʼn internetverbinding het. 
  • Jou inligting word veilig gestoor, selfs al verloor jy een van jou toestelle. 

Wat is die nadele van wolkdienste? 

  • Raak vertroud met kopiereg-regulasies. Maak seker jy weet wat jy aanlyn mag stoor en deel. US kopiereg-ooreenkomste sluit nie die stoor en deel van dokumente wat beskerm word onder kopiereg op OneDrive for businessSharePoint online of enige ander publieke stoorspasies in nie.
  • Jy is volledig verantwoordelik vir jou eie inligting.  Wees versigtig vir wie jy regte en toegang gee, aangesien dit jou inligting in gevaar mag stel as dit sigbaar is vir ander mense. 
  • Jy is verantwoordelik vir die sinkronisasie tussen aanlyn en plaaslike data. Sinkronisasie tussen aanlyn en plaaslike data moet korrek opgestel word en op `ʼn gereelde basis uitgevoer word. 
  • Hou in gedagte dat die gebruik van wolkdienste terwyl jy op kampus is, nie enigiets sal kos nie, maar as jy tuis werk sal jou eie datakostes gehef word. 
  • Dit is baie belangrik dat jy jou privaat gebruikersname, wagwoorde en inligting apart hou van jou amptelike werk om te voorkom dat jou data deurmekaar raak. 
  • Digitale identifikasie is kwesbaar as jy toegang tot die wolk het vanaf enige rekenaar. Moenie rekenaars of toestelle wat jy nie vertrou nie, toelaat om jou wolkdienste te gebruik nie. 

Wat as ek OneDrive personal, Dropbox of ander wolkopsies gebruik? 

Jy kan aanhou om dit te gebruik, maar dis baie belangrik dat jy hierdie opsies slegs vir persoonlike data gebruik.

OneDrive for business en SharePoint online is beskikbaar onder die US MS lisensieooreenkoms vir stoor en deel van institusionele data. Stoor en deel van institusionele data word nie toegelaat op Dropbox, OneDrive personal of enige ander wolkstoorspasie nie. US kopiereg-ooreenkomste sluit nie die stoor en deel van dokumente wat beskerm word onder kopiereg op OneDrive for businessSharePoint online of enige ander publieke stoorspasies in nie.

Wat is die verskil tusse die verskeie stooropsies?  

 

ONEDRIVE

ONEDRIVE FOR BUSINESS

SHAREPOINT
ONLINE

DROPBOX

GOOGLE DRIVE

DOEL

Persoonlik

Besigheid

Besigheid

Persoonlik

Persoonlik

BESTUUR DEUR

Jou

Jou

Teamsite eienaar, moderator 

Jou

Jou

WATTER DATA MOET EK HIER STOOR?

Persoonlike lêers 

Werklêers
bv. Word of Excel dokumente, PDFs.

Lêers vir spanne om saam aan te werk.
Groot data lêers, ens.

Persoonlike lêers

Persoonlike lêers

HOEVEEL STOOR-
SPASIE?

5GB
(meer as die rekening voor Feb’16 geskep is)

5TB

Beperk tot jou werksbehoeftes.

Eerste 5GB gratis, betaal vir meer.

Eerste 15GB gratis, betaal vir meer.

DEEL VAN LêERS?

Ja, soortgelyk as Google Drive of DropBox.

Ja.
Jy bestuur die deelspasie en sekuriteit of lêer.
Eenvoudige weergawes.

Ja, `n area vir spanne om saam te werk; bestuur deur moderators.
Mees eenvoudige struktuur.

Ja, baie eenvoudig.

Ja, baie eenvoudig.

Moet ek nogsteeds my data rugsteun as dit in die wolk gestoor word?

Ja, dis altyd voordelig om meer as een weergawe van jou data te hê, verkieslik ook op verskillende plekke. .

 

 

Office 365 is hier

Vrydag, Julie 22nd, 2016

Weens groeiende studentegetalle en daarmee saam ʼn groeiende tekort aan stoorspasie, moes Informasietegnologie in 2014 die universiteit se e-pos opstelling herevalueer. Gevolglik is studenterekeninge geskuif na Office 365, ʼn wolkgebaseerde diens wat soomloos integreer met die sagteware wat reeds op kampus gebruik word.

Personeel e-posrekeninge is tot dusver plaaslik op ons Exchange-bedieners onderhou en gehuisves. Binne die volgende paar maande word personeel se e-pos, net soos studente s’n, ook na Office 365 migreer.

office365Aanvanklik sal slegs e-posfasiliteite op die wolk gehuisves word, maar in die nabye toekoms sal personeel ook vanaf enige plek toegang tot hul dokumentasie kan kry d.m.v. Office 365 toepassings soos OneDrive, Word, Excel en Powerpoint.

Buiten ʼn welkome toename in e-pos stoorspasie na 50GB, is daar verskeie ander voordele:

  • minder argivering is nodig as gevolg van groter e-pos spasie
  • tydsbesparing en verhoogde produktiwiteit
  • ʼn nuwe, beter aanlyn e-posplatform
  • meer toeganklik en beskikbaar
  • strenger sekuriteit

Dienste sal soos normaalweg voortgaan tydens die migrasieproses en min, indien enige aftyd word voorsien. Rekeninge sal in groepe en per departement geskuif word, sodat so min as moontlik ontwrigting veroorsaak word. Kommunikasie rakende die proses sal fasiliteer word m.b.v. departementshoofde en sekretaresses.

Vir enige navrae, kontak gerus die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of helpinfo@sun.ac.za.

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.