Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

online polls

Aanlyn opname-funksionaliteit vir US-personeel en studente

Dinsdag, Mei 12th, 2020

 

Die webgebaseerde e-Opname diens (SUNSurveys) is beskikbaar om akademiese personeel en studente aan Stellenbosch Universiteit te ondersteun in die gebruik van opnames vir akademiese navorsing. SUNsurveys word ook gereeld gebruik om die opinies van personeel deur middel van `n stemproses en diensverskaffingsopnames te peil.

Informasietegnologie gebruik Checkbox as platform vir ons opnames. Checkbox is `n intuïtiewe hulpmiddel waarmee opnames geskep kan word en wat terselfdertyd intydse verslaggewing bied, sowel as die geleentheid  vir pasgemaakte opnames.

Om te registreer vir die gebruik van Checkbox en amptelike Universiteit Stellenbosch opnames uit te stuur, kan jy aanlyn aansoek doen. Verdere inligting is beskikbaar op ons Dienskatalogus.

Sodra jy geregistreer is, sal deurlopende ondersteuning beskikbaar wees om jou te help om jou opname op te stel. Opleiding is ook beskikbaar indien nodig. Daarbenewens het Checkbox gedetaileerde selfhelpgidse wat jou sal kan help met enige moontlike probleem wat jy teëkom. 

Neem kennis dat enige opnames vir navorsingsdoeleides eers institusionele toestemming moet bekom. Volledige inligting is op Inligtingsoorsigbestuur se webwerf beskikbaar.

Vir enige verdere navrae, teken asb. `n versoek aan op ons ICT Partner Portal.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.