Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Outlook

Verander jou uitkyk met Outlook

Vrydag, Maart 9th, 2012

Voel dit soms of Outlook jou hele werksdag opneem? Met `n paar eenvoudige veranderinge, kan jy Outlook vir jou laat werk in plaas van teen jou.

Maak jy ook hierdie foute in Outlook?  

Fout nr 1: Jy ontvang `n e-pos en wil vir `n kollega slegs `n gedeelte daarvan aanstuur. Jy selekteer die teks, kopieer dit , maak `n nuwe e-pos oop en plak dit daarin. Of jy stuur die e-pos aan en vee alles uit wat jy nie wil stuur nie.

Fout nr 2:  Om `n nuwe afspraak te skep dubbel-kliek jy die begintyd in jou Kalender, tik die details in, kies die begin en einde-tye in die aftuimellys en kliek “Save and Close”.

Fout nr 3: Wanneer jy Outlook gebruik is die eerste skerm wat jy sien jou Inmandjie. Jou aandag word vir die volgende 30 minute afgetrek deur `n vlaag e-posse en jy mis `n belangrike vergadering.

Fout nr 4: Jy werk in jou Kalender en wil `n nuwe e-pos stuur. Jy kliek op “Mail” en  “New Email”.

Fout nr 5: Jy lees `n nuwe e-pos, los dit vir nou in jou Inmandjie en merk dit as ongelees om jou te herinner dat jy later aandag daaraan moet gee.

As jy hierdie foute maak, kan jy soveel as 3 weke per jaar verloor, omdat daar meer effektiewe maniere is om al hierdie Outlook-funksies te verrig.

Die meeste mense gebruik Outlook slegs vir e-pos en die bestuur van vergaderings. Hulle kry nooit die geleentheid om dit te gebruik as `n middel om produktiwiteit te verbeter en tot 40 minute per dag te bespaar nie.

As jy ook wil leer hoe om die meeste van jou dag te maak met Outlook se hulp, skryf nou in vir ons nuwe 5-uur  Outlook Produktiwiteitswerkswinkel. In die proses sal jy `n gewaarborgde stelsel leer wat jou daaglikse werkvloei effektief sal bestuur.

Vir meer inligting oor hierdie werkswinkel, stuur e-pos aan itkursus@sun.ac.za, lees meer op die wiki of kontak die IT Dienssentrum by 808 4367.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.