Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

wagwoord

Hoekom wag? Verander nou!

Donderdag, Junie 7th, 2012

Elke 90 dae  gee jou rekenaar `n boodskap wat jou laat sug van moedeloosheid en jy dan eerder ignoreer en uitstel tot op die nippertjie. En hoekom? Want dit verg `n klein bietjie moeite en breinkrag om `n oorspronklike wagwoord uit te dink wat jy nie na twee dae gaan vergeet nie.

Wagwoorde een van daai dinge soos belasting, munisipale rekeninge en onnodige bankkostes – frustrerend, maar nodig (goed, miskien is hulle nie almal per se nodig nie, maar julle verstaan my punt.)

Die beste oplossing is om dit so vinnig as moontlik te doen en dan hoef jy nie vir die volgende 14 dae gekonfronteer te word deur `n treiterende boodskappie nie. Om die proses so vinnig en pynloos moontlik af te handel, gee ons `n paar voorstelle.

As jy die eerste keer die boodskap kry, gaan direk na http://www.sun.ac.za/useradm. Voordat jy jou wagwoord verander, log eers uit inetkey en Outlook om die sinkronisasieproses te vergemaklik. Indien moontlik, moenie “wireless” gebruik as jy jou wagwoord verander nie, gebruik eerder jou netwerkkabel en deaktiveer “wireless”.

Indien die rekenaar slegs tuis gebruik word, en nie op die netwerk gekoppel is nie, sal die verandering van wagwoorde net  ‘n effek hê op u e-pos en inetkey op die tuisrekenaar  en sal die aanvanklike wagwoord van die rekenaar nie ook verander, tensy dit op die netwerk gekoppel word nie. Vir wagwoorde om korrek te sinkroniseer, moet  die rekenaar/laptop aan een van die US se domeins gekoppel wees.

Hierdie week is daar in 6.5 miljoen LinkedIn rekeninge ingebreek en dit beklemtoon weereens die noodsaaklikheid van `n sterk wagwoord.

Let veral op die volgende:

  • Die vorige 10  gebruikte wagwoorde kan nie weer gebruik word nie.
  • Jou gebruikersnaam, naam of huidige wagwoord mag nie deel vorm van jou nuwe wagwoord nie.
  • Jou wagwoorde moet bestaan uit 8 of meer karakters.
  • Wagwoorde moet karakters uit 3 van die 4 onderstaande groepe bevat: Klein letters, hoofletters, syfers, spesiale karakters (byvoorbeeld %,$,#)
Gebruik ‘n woord wat aan jou bekend is of iets waarvan jy hou en vervang van die letters met ‘n nommer of verskuif die hoofletters, byvoorbeeeld:

D1tiswin7er = Dit is winter

P@nn3koeK = Pannekoek

warMKoff13 = Warm koffie

Wanneer jy jou wagwoord op http://www.sun.ac.za/useradm verander, verander ook die wagwoord ooreenstemmend op al jou ander toestelle. (selfoon, tablet, ens.) Indien jy nie jou ander toestelle by jou het nie en dit aan die internet gekonnekteer is tuis, vra dat iemand tuis dit vir jou afskakel terwyl jy jou wagwoord verander. Skakel ook onmiddellik jou toestel (rekenaar, tablet of selfoon) af nadat jy jou wagwoord suksesvol verander het sodat dit kan sinkroniseer.

Indien jy die wagwoord verander het en dit nie gou genoeg op jou Selfoon/Tablet opdateer het nie, verander dit na die nuutste wagwoord en skakel IT om rekening te “unlock”. Dit sal verhoed dat jy jou wagwoord weer moet verstel.

Alweer jou wagwoord vergeet?

Vrydag, Maart 9th, 2012

Het jy die IT dienstoonbank se nommer geprogrammeer op jou telefoon vir in geval jy jou wagwoord vir die soveelste keer verloor of vergeet? Nou hoef jy nie meer nie!

Te danke aan `n nuwe stelsel ontwikkel deur IT kan jy nou self jou wagwoord op die intreeblad van enige van die portale (byvoorbeeld http://my.sun.ac.za) verander deur te kliek op “Wagwoord vergeet?”. `n Tydelike wagwoord kan via die portaal-applikasie aan jou toegeken word op grond van een van die volgende:

  1. Jou selnommer
  2. `n Eksterne e-posadres (as jy alumni is)
  3. Sekuriteitsvrae en antwoorde

Onthou asseblief dat dat die stelsel slegs jou wagwoord kan verander as bogenoemde inligting volledig en akkuraat op ons databasis vasgelê is.

Vir enige navrae kontak die IT Dienssentrum by x4367.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.