Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

nagraadse studenteportaal

My.SUN – nuut en vinniger

Donderdag, Januarie 30th, 2014

As jy nuut op kampus is, is jou fokus op die stadium nog nie op “hoe om by die portaal uit te kom” nie – maar as jy terug is vir nog `n jaar, mag jy dalk iets heeltemal anders opgemerk het in die plek van die ou portaal webbladsye!

Laat ons jou bekendstel aan die nuwe  My.SUN spyskaart: die nuwe invalsblad wat die beginpunt is vir al jou toepassings. Die My.SUN spyskaart bied jou dieselfde hoofvoordele van `n portaal: jy hoef slegs na een plek te gaan om jou skakel op te spoor. Ons doelwit was om jou ondervinding vinniger en terselfdertyd makliker die maak.

Die My.SUN spyskaart is die resultaat van `n jaarlange samewerking tussen die IT-afdeling en verskeie vennote, insluitende Onderig en Leer Verryking en Kommunikasie en Skakeling. 

Die verwesenliking van die koppelvlak is die eerste treë in die rigting van `n nuwe toepassingsinfrastruktuur. Die dae van alles probeer bykom deur middel van een bladsy op die web, is verby – ons is deesdae gewoond aan veelvuldige oortjies in ons webblaaiers en `n verskeidenheid dienste op verskillende plekke.

Die doel van My.SUN is om hierdie oorskakeling te fasiliteer en terselfdertyd `n vinnige en maklik bruikbare koppelvlak te verskaf. Ons sal geleidelik die My.SUN spyskaart integreer met meer van die toepassings wat jy gereeld gebruik – die spyskaart sal bo-aan hierdie toepassings verskyn vir maklike toegang.

Die eerste ding wat jy sal opmerk, is dat jy nie hoef aan te teken om enige skakels te sien nie – is dit nie soveel beter nie? Indien die skakel sekuur moet wees, sal jy natuurlik gevra word vir `n wagwoord, maar hierdie verandering veroorsaak dat toegang aansienlik vinniger is.

Kyk uit vir die “Filter” opsie  – dis werklik die vinnigste manier om `n skakel op te spoor wat jy gereeld gebruik het. Begin die naam van die toepassing intik en dadelik sal `n lys met opsies verskyn. Let ook op die pyltjies in die linker en regterkantse hoeke wat jou toelaat om te beweeg tussen bladsye vir die gekose kategorie. As jy wil spring tussen Afrikaans en Engels, gebruik die klein moersleutel-ikoon in die boonste hoek regs wanneer die spyskaart oop is.

Vir meer inligting en bystand, besoek asseblief die help-bladsy – die vinnigste manier om daar uit te kom, is om te kliek op die vraagteken bo regs op die spyskaart.

Gee gerus terugvoer via ons dienstoonbank (help@sun.ac.za) of tweet daaroor (@ITStellenUni).

[ARTICLE BY MARC-ALLEN JOHNSON]

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.