Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

remote access

Strenger reëls vir VPN

Donderdag, Junie 21st, 2018

ʼn Groot groep van ons personeel en studente gebruik FortiClient om VPN-toegang te verkry tot die Universiteitsnetwerk wanneer hulle nie op kampus is nie. Om te verseker dat ons netwerk veilig en sekuur bly, moet ons sekere maatreëls vir ons dienste in plek sit om die Universiteit te beskerm teen skade weens die onwettige gebruik van universiteitsbronne. Dis veral belangrik wanneer dit kom by toegang tot ons netwerk met VPN.

Vanaf 6 Augustus 2018 word daar vereis dat alle nuwe VPN-gebruikers registreer vir die diens. Indien jy sedert 1 Januarie 2018 VPN (FortiClient) gebruik, is jy outomaties reeds geregistreer en hoef jy nie weer aansoek te doen nie.  As jy egter ʼn nuwe VPN-gebruiker is, volg asseblief die onderstaande instruksies:

  1. Die hoof van jou departement moet ʼn e-pos stuur na help@sun.ac.za wat motiveer hoekom jy VPN-toegang benodig vir werksdoeleindes.
  2. Nadat die versoek ontvang is sal jy ʼn e-pos ontvang wat jou registrasie vir VPN bevestig, tesame met instruksies vir die installasie van FortiClient, die sagteware benodig vir VPN-toegang. 

ʼn VPN (Virtual Private Network) is ʼn metode om direk op die Universiteit se netwerk aan te teken met jou eie rekenaar wanneer jy nie op kampus is nie. Op dié manier kry jy, met behulp van toepassings wat reeds op jou rekenaar geinstalleer is, toegang tot interne US-bronne soos ander rekenaars, netwerkstoorspasie, webwerwe en joernale. VPN bied ʼn enkripteerde verbinding wat help verseker dat sensitiewe data veilig versend word, voorkom dat ongemagtigde persone afluister op die verbinding en jy sodoende veilig elders kan werk.

ʼn Sekure VPN-verbinding aan die US-netwerk d.m.v. FortiClient is nie nodig vir standaard, webgebaseerde dienste nie. Dit sluit e-pos, biblioteekbronne,SUNLearn en die SUN-e-HR webwerf in. Al hierdie dienste is reeds toeganklik via die internet sonder `n VPN-verbinding.

Meer inligting oor die gebruik van VPN en FortiClient is ook beskikbaar  op ons dienskatalogus.

 

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.