Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Sharepoint

Microsoft 365 vs. Office 365: Wat is die verskil?

Dinsdag, Junie 4th, 2019

Microsoft 365 vs. Office 365: Wat is die verskil?

Konsekwentheid van produkname is belangrik as jy nie jou kliënte wil verwar nie, maar as jy veelvuldige produkte met verskeie weergawes het, kan dinge begin deurmekaar raak. Ja, Microsoft, ons kyk na jou…

Microsoft het Microsoft 365, ’n groep bestaande produkte, onder een lisensie bekendgestel. Die naam is soortgelyk aan die reeds bestaande Office 365 (en die onlangse naamverandering van Dynamics 365). Heelwat mense het in der waarheid alreeds Office 365 eerder Microsoft 365 begin noem.

So dis maklik om te sien hoe hierdie twee produkte verwar kan word met mekaar. Dit raak selfs meer verwarrend as jy besef dat Microsoft 365 ook Office 365 insluit.

Kom ons kyk na die verskille:

Die kort weergawe

Office 365 is ’n wolkgebaseerde stel produktiwiteitstoepassings soos Outlook, Word, PowerPoint, ens. Microsoft 365 is ’n groep dienste wat Office 365 insluit, sowel as etlike ander dienste, insluitende Windows 10 Enterprise.

Die lang weergawe

Office 365

Office 365 is ’n wolkgebaseerde stel toepassings en dienste gebou rondom produktiwiteit in besigheid. Dit sluit toepassings in wat jy waarskynlik reeds ken, soos Microsoft Outlook, Word, PowerPoint, Excel, Skype for Business, SharePoint, OneDrive en Teams, sowel as ander kragtige produktiwiteit-, saamwerk- en sekuriteitseienskappe.

Microsoft 365

Microsoft 365 is ’n groep dienste wat Office 365 insluit. Dit sluit ook Windows 10 Enterprise, Enterprise Mobility + Security (EMS) en masjienleer in. Soos die naam aandui is dit meer gerig op groter organisasies wat ’n enkele, veilige platform benodig waar daar gedeel en saamgewerk moet word. Dit sluit sterk data-eienskappe bo en behalwe Windows 10 Pro en Office 365.

Wat is ingesluit by Microsoft 365 in vergelyking met Office 365?

Beide produkte het die vermoeë om volledig geïnstalleerde Office-toepassings op fone, tablette en PCs te loop, sowel as die webblaaier weergawes. Jy kry 1TB persoonlike stoorplek vir jou lêers, besigheid e-posse en kalenders. Jy het ook toegang tot Skype for Business vir kitsboodskappe en video-oproepe, sowel as Microsoft Teams en nuwe hulpmiddels soos Delve en Planner.

Die verskil kom in by die bestuur van toestelle. Anders as Office 365, kom Microsoft 365 met ’n enkele konsole waar gebruikers en toestelle bestuur kan word. Jy kan ook outomaties Office-toepassings uitrol na Windows 10 PCs.

Office 365 het geen sekuriteitshulpmiddele nie. Die alternatief het die vermoeë om data te beskerm oor verskeie toestelle en ook veilige toegang. Jy kan ook Windows 10 toestelle beskerm teen risiko’s soos malware deur middel van Windows Defender.

[ARTIKEL DEUR MANDY WANZA]

Leer meer oor SharePoint

Vrydag, Oktober 4th, 2013

As jy vir oulaas die jaar nog kanssien vir `n kursus en wil leer hoe SharePoint werk, is die perfekte geleentheid om die draai.

Op 31 Oktober en 2 November word `n SharePoint level 1 tweedag kursus aangebied vir alle Sharepoint webwerf-eienaars, asook diegene wat binnekort die SharePoint-platform wil aandurf.

Gedurende die twee dae sal jy leer om inhoud te skep, redigeer en gebruik op `n groep-webwerf . Jy sal ook deur middel van SharePoint Foundation 2010, die basiese bestuurstruktuur van `n groepwebwerf  skep en dit implementeer. 

Hierdie kursus is ontwerp vir individue wat toegang tot inligting op `n Microsoft SharePoint groep-webwerf benodig of vir individue wat `n groep-webwerf moet skep en bestuur. 

KURSUSINHOUD

Inleiding tot Microsoft SharePoint Foundation 2010
Gebruik van lyste
Gebruik van libraries
Kommunikasie met spanlede
Werk van elders met jou SharePoint-inhoud
Aanpassing van jou SharePoint-omgewing
Skep `n groep-webwerf
Basiese webwerf-administrasie
Bou `n handelsmerk vir jou Site Collection
Bestuur lyste
Bestuur libraries
Bestuur form libraries
Bestuur werksvloei
Gebruik indekse en soektogte
Werk aflyn met SharePoint Workspace 2010
Bestuur SharePoint-toepassings met sentrale administrasie
Bestuur gebruikerstoegang
Bestuur webwerf sekuriteit
Bestuur webwerf-gebruik
Bestuur webwerf-onderhoud

As jy nog die ene duime is as dit kom by tik, kan jy ook op 8 November by die CTU-kampus op Stellenbosch jou tikvaardighede kom slyp met `n  tikkursus.

Om in te skryf volg die volgende prosedure. Geen inskrywings kan ongelukkig deur die IT Dienstoonbank namens personeel gedoen word nie.

Reg vir die toekoms: Die nuwe generasie ECM is hier

Vrydag, Mei 11th, 2012

So, wat is ECM?

Enterprise Content Management (ECM) is die strategieë,-metodes en gereedskap wat gebruik word om data vas te vang, te bestuur, te stoor, te bewaar, en die inhoud en dokumente met betrekking tot organisatoriese prosesse te bied. ECM het die bestuur van inligting binne die volle omvang van ‘n onderneming of dat die inligting is in die vorm van ‘n papierdokument, ‘n elektroniese leêr, ‘n databasis print stroom, of selfs ‘n e-pos.

Goed, so wat beteken dit eintlik en hoe sal dit  my lewe makliker maak? ECM sal vir jou ‘n werksdag vereenvoudig op die volgende maniere:

– Minder papier om te liasseer  en organiseer. Uiteindelik `n papierlose kantoor!

– Makliker tred hou met al jou dokumente. Dokumente sal op een sentrale plek wees, nie op vier verskillende mense se pc’s nie.

– Meer aanpasbaarheid.

– Toeganklik vanaf enige plek – of  jy met vakansie is in Margate of  in `n konferensie sit in Kaapstad.

– Geen verwarring meer wanneer dit kom by te veel weergawes van kritiese dokumente nie. Laaste minuut verwarring voor ‘n vergadering om die nuutste weergawe van die dokument te vind is iets van die verlede.

– Maklik om op te spoor. Jy hoef nie meer deur hope papier te sorteer deur ongeorganiseerde leêrs op jou rekenaar nie.

– Dokumente is veilig gestoor en nie op die perseel in geval van `n brand nie.

Die konsep van die ECM is nie heeltemal nuut op kampus nie. Op die oomblik word SharePoint Team site reeds tot `n mindere mate as `n hulpmiddel gebruik. Om egter ten volle gebruik te maak van die voordele wat ECM kan bied, sal ‘n hele nuwe generasie van SharePoint binnekort geïmplementeer word.

Die implementering hiervan is die eerste stap van ‘n groter projek, wat op ‘n later stadium ook Business Intelligence sal insluit. Op ‘n meer praktiese vlak sal hierdie platform sal ook gebruik word vir alle US-webwerwe.

Deur die hele proses sal IT die vordering van die projek met kampus kommunikeer en sal daar genoegsame geleentheid wees vir almal wat tans betrokke is met die Team sites om opleidingsdae by te woon. Vir ander belangstellendes sal inligtingsessies gehou word om ‘n breër oorsig van die projek te gee.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.