Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

STP

STP vier Oktober met tegnologiefees

Vrydag, Oktober 18th, 2013

Oor die afgelope jaar het `n nuwe tegnologie-inisiatief gemik op studente, sy kop stadig, maar seker uitgesteek op kampusse landswyd.

STP, of te wel, die Studente Tegnologie Program se doel is om bekostigbare tablette en skootrekenaars te verskaf aan alle studente verbonde aan openbare universiteite in Suid-Afrika.

Komende Dinsdag, 22 Oktober, sal studente en personeel ook die geleentheid kry om tussen 9:00 tot 16:00 in die Neelsie te kom kyk na die tegnologie wat die program bied. Toestelle sal nie net uitgestal word nie, maar jy sal ook daarmee kan speel en wie weet, dalk ook `n splinternuwe speelding wen … Indien jy belangstel om vir jouself `n nuwe stukkie tegnologie aan te skaf, kan jy dit ook op dié dag bestel. 

As jy een van die nuwe toestelle wil wen, kan jy ook inskryf vir die October Tech Fest-kompetisie –

1. Gaan na www.sun.ac.za/ithub

2. Kliek op die skakel.

3. Vul die 10 kompetisievrae in.

4. Stuur dit na student@sun.ac.za

Vier tablette is op die spel en jy kan een van die gelukkige wenners wees. Wenners se name word tussen 13:00 en 14:00 Dinsdag in die Neelsie getrek tydens `n spesiale program met `n verrassing of twee  – wees gereed om vermaak te word!

Onthou net, jy moet tussen 13:00 en 14:00 in die Neelsie wees om jou prys in persoon op te eis, anders word `n volgende naam getrek. 

Meer oor die tegnologie wat uitgestal gaan word en die Studente Tegnologie program, kan gevind word by www.sun.ac.za/ithub  of  www.stp.ac.za.

 

 

 

STP – tegnologie binne studente se bereik

Vrydag, Augustus 30th, 2013

 Oor die afgelope jaar het `n nuwe tegnologie inisiatief gemik op studente, sy kop stadig, maar seker uitgesteek op kampusse landswyd.

STP, of te wel die Studente Tegnologie Program se doel is om bekostigbare tablette en skootrekenaars te verskaf aan alle studente verbonde aan openbare universiteite in Suid-Afrika.

 ASAUDIT (The Association of South African University Directors of Information Technology) en PURCO, die Aankope Konsortium vir Suid-Afrikaanse Hoër Onderwys instansies het die onderhandelinge met verskeie tegnologie maatskappye hanteer.

Hierdie nasionale inisiatief bied bekostigbare aanbiedinge op tablette en skootrekenaars vir personeel en studente aan al die publieke universiteite in Suid-Afrika wat aangedui het dat hulle deelneem aan die STP.  Verdere aanbiedings sal nog onderhandel word om die huidige produkte aan te vul.

Aanbiedinge op die oomblik sluit Acer Opvoedkunde wat Acer skootrekenaars verkoop en Pinnacle wat Lenovo skootrekenaars verkoop in en beide bied 4 skootrekenaarmodelle wat strek van intreevlak tot hoë vlak skootrekenaars.  Acer, Dell, Proline en Samsung bied ook tans Android en Windows tablette wat strek van ‘n 7 duim tot hoë vlak 10.1 duim modelle.

Gebruik die sentrale webblad (www.stp.ac.za) om produkte te vergelyk en een te kies wat jou die beste pas.  Nadat jy op die webtuiste van die maatskappy geregistreer het, kan jy jou bestelling plaas en met die maatskappy reël vir aflewering.

 

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.