Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

sun email

Gebruik van sun e-pos vir kommersiele aktiwiteite

Dinsdag, Februarie 5th, 2019

As personeel en studente van die Universiteit gebruik ons elke dag ons sun e-posadresse? Maar het jy geweet dat jy gevolglik ook onderhewig is aan die Elektroniese Kommunikasiebeleid? 

Die EKB verduidelik beide die aanvaarbare en onaanvaarbare gebruik van die Universiteit se elektroniese kommunikasiefasiliteite, insluitende internet en e-pos. (lees die volledige EKB hier) Volgens die EKB, punt 3.1.3: “Die Gebruiker word verantwoordelik gehou om die Fasiliteite slegs vir die doel waarvoor die Gebruiker gemagtig is, te gebruik.” 

IT-fasiliteite en bronne word verskaf met die doel om die Universiteit se missie te bevorder. Dit sluit leer, onderrig, navorsing, kennisoordrag, gemeenskapsinteraksie, die kommersiële aktiwiteite van die Universiteit en ook die administrasie wat benodig om hierdie missie te ondersteun. 

Die e-posstelsel moet slegs gebruik word vir wettige, institusionele doeleindes. Gevolglik is die gebruik van IT-fasiliteite vir nie-US kommersiële doeleindes of vir persoonlike gewin, ʼn oortreding van hierdie beleid. Jy mag nie IT-fasiliteite gebruik om enige handel te dryf of diens of beroep, wat nie deur die Universiteit ondersteun word nie, te adverteer nie.

Dit het egter onder ons aandag gebring dat enkele personeel hulle sun e-pos gebruik om inligting oor skoonheidsprodukte, Tupperware en ander items te versprei en ook optree as verkoopsagente vir hierdie produkte. Enige massa bemarking e-posse of kommersiële advertensies van ander besigheide word nie toegelaat op die Universiteit se netwerk nie.

Om jou persoonlike en besigheidsaktiwiteite te skei is op die lang duur ook ʼn beter sekuriteitspraktyk en sal jou en die Universiteit se netwerk beskerm. Ons stel dus voor dat jy eerder ʼn persoonlike e-posadres, byvoorbeeld Gmail, kry om jou persoonlike e-posse te stuur. Indien jy jou sun-adres steeds wil gebruik vir persoonlike doeleindes, hou in gedagte dat die Universiteit alle kommunikasie wat via e-pos gestuur word, besit. Indien nodig het die Universiteit se bestuur die reg om toegang te kry tot enige materiaal in jou e-pos of op jou rekenaar.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.