• Onlangse bydraes

  • Argiewe

  • Kategorieë

  • Etikette

volhoubare IT

E-wat?!

Friday, March 23rd, 2012

 

Elektroniese afval (e-afval) is die term wat gebruik word om verouderde of weggooi-toerusting wat met elektrisiteit werk, te beskryf. Dit sluit rekenaars, enige elektroniese toerusting, batterye, ens. in wat uit die weggeruim is deur die oorspronklike eienaars.

Die toksiese inhoud van e-afval as gevolg van sekere bestanddele, soos lood, kwik, kadmium en ander stowwe hou `n gevaar in vir die mens se gesondheid en ekosisteme. Wanneer e-afval afbreek en nie op die korrekte manier van ontslae geraak word nie, kan die giftige stowwe in grond en grondwater beland. Die materiaal waarvan hierdie produkte gemaak is, kan eerder herwin word om rou materiaal te skep wat weer gebruik kan word. Gevolglik word minder energie gebruik (sowel as koolstofuitskeiding) vir vervaardiging, myn en prosesering.

Die onvolhoubare, vinnige omset van verouderde elektronika en rekenaartegnologie is nog `n geldige rede vir herwinning – of selfs beter – vir die hergebruik van e-afval.

Vir meer inigting: www.ewasa.org

Wat gebeur met e-afval?

Kontrakteurs skei die artikels in die volgende drie kategorieë. Items wat

  • opgeknap kan word,
  • herwin kan word en
  • veilig ontslae van geraak moet word.

Opknapping van toerusting en rekenaars skep weer opsigself werk en hierdie items word dan weer gebruik in behoeftige skole en gemeenskappe. Nuttige, skaars en waardevolle metale en ander stowwe word verwyder dmv herwinning, terwyl giftige e-afval in spesiale gevaarlike afvalfasiliteite gestort word. Voorbeelde van sulke items sluit ou rekenaarskerms (CRT’s) en fluoorbuise in.

Vinnige feite

Tans koop die universiteit gemiddeld 500 nuwe rekenaars per jaar aan (sonder `n merkwaardige groei in die bateregister). Dit impliseer natuurlik dat die jaarlikse stroom e-afval van soortgelyke omvang is. Op enige gegewe tyd is daar 8000 rekenaars op kampus, met meer as 5000 in koshuise. `n Rekenaar word elke 4 tot 5 jaar vervang en dus kan die hoeveelheid e-afval nog meer wees.

Die IT-afdeling TAS (toegangsbeheer) raak elke jaar van tussen 300-400 lood suurbatterye ontslae.


Nou kan jy al jou ou rommel vir IT bring en ons sal daarvan ontslae raak VIR jou. Kliek hier vir meer inligting.

So jy’t `n nuwe selfoon …

Thursday, March 22nd, 2012

Ongeveer 44% van ou selfone lê in onbruik rond. Tussen 65 en 80% van hierdie selfone se materiaal kan herwin of hergebruik word. Het jy geweet jy kan jou ou selfone neem na sekere selfoonhandelaars in Suid-Afrika vir herwinning?

Vodacare het `n e-afvalwegdoeningsproses begin implementeer by `n groot aantal van sy takke (onder andere Somerset Mall, Tyger Valley, Canal Walk) en Nokia het ook begin om houers te sit by verskeie afsetgebiede (kliek hier om te sien waar). So maak gebruik van hierdie fasiliteite om ontslae te raak van al daardie onnodige selfone.

Die Mobiliteitsplan en informasietegnologie

Tuesday, February 28th, 2012

Wat het die universiteit se nuwe Mobiliteitsplan met informasietegnologie te doen? Heelwat, eintlik. Dit is ‘n voorbeeld van hoe IKT ‘n instaatsteller vir volhoubaarheid elders op kampus kan wees. Lees meer op die Sustainable IT blog (slegs in Engels)…

Nuwe drukkerstelsel: een jaar later

Wednesday, April 6th, 2011

Verlede September het ons gerapporteer dat besparings a.g.v. die nuwe drukkerstelsel reeds beduidend was. Amper een jaar na implementering is dit nou duidelik dat die geteikende drukker-gebiede in die universiteit  39% minder papier in 2010 gebruik het as wat hulle andersins sou. Lees die kort verslag hier (slegs in Engels beskikbaar).

Drukkerstelsel bespaar papier

Saturday, September 11th, 2010

Die universiteit gebruik tussen 54- en 60-miljoen blaaie papier per jaar, maar ‘n nuwe drukkerbestuurstelsel het reeds binne die eerste maand van bedryf bewys dat dramatiese besparings in papier bewerkstellig kan word. Nuwe multi-funksionele drukkers (176) meestal by RGAs word deur die stelsel bestuur en het reeds 1,295-miljoen blaaie op ‘n totale bladsy-volume van oor die 3-miljoen bladsye bespaar. Om meer te lees oor hoe dit gedoen is, lees verder hier.

 

© 2013 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.