Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

vpn

Strenger reëls vir VPN

Donderdag, Junie 21st, 2018

ʼn Groot groep van ons personeel en studente gebruik FortiClient om VPN-toegang te verkry tot die Universiteitsnetwerk wanneer hulle nie op kampus is nie. Om te verseker dat ons netwerk veilig en sekuur bly, moet ons sekere maatreëls vir ons dienste in plek sit om die Universiteit te beskerm teen skade weens die onwettige gebruik van universiteitsbronne. Dis veral belangrik wanneer dit kom by toegang tot ons netwerk met VPN.

Vanaf 6 Augustus 2018 word daar vereis dat alle nuwe VPN-gebruikers registreer vir die diens. Indien jy sedert 1 Januarie 2018 VPN (FortiClient) gebruik, is jy outomaties reeds geregistreer en hoef jy nie weer aansoek te doen nie.  As jy egter ʼn nuwe VPN-gebruiker is, volg asseblief die onderstaande instruksies:

  1. Die hoof van jou departement moet ʼn e-pos stuur na help@sun.ac.za wat motiveer hoekom jy VPN-toegang benodig vir werksdoeleindes.
  2. Nadat die versoek ontvang is sal jy ʼn e-pos ontvang wat jou registrasie vir VPN bevestig, tesame met instruksies vir die installasie van FortiClient, die sagteware benodig vir VPN-toegang. 

ʼn VPN (Virtual Private Network) is ʼn metode om direk op die Universiteit se netwerk aan te teken met jou eie rekenaar wanneer jy nie op kampus is nie. Op dié manier kry jy, met behulp van toepassings wat reeds op jou rekenaar geinstalleer is, toegang tot interne US-bronne soos ander rekenaars, netwerkstoorspasie, webwerwe en joernale. VPN bied ʼn enkripteerde verbinding wat help verseker dat sensitiewe data veilig versend word, voorkom dat ongemagtigde persone afluister op die verbinding en jy sodoende veilig elders kan werk.

ʼn Sekure VPN-verbinding aan die US-netwerk d.m.v. FortiClient is nie nodig vir standaard, webgebaseerde dienste nie. Dit sluit e-pos, biblioteekbronne,SUNLearn en die SUN-e-HR webwerf in. Al hierdie dienste is reeds toeganklik via die internet sonder `n VPN-verbinding.

Meer inligting oor die gebruik van VPN en FortiClient is ook beskikbaar  op ons dienskatalogus.

 

 

Microsoft-opdaterings d.m.v. VPN en datakostes

Dinsdag, Junie 6th, 2017

Het jy geweet dat jou universiteitsrekenaar outomaties op datum bly met sagteware-opdaterings, sonder dat jy enigiets hoef te doen?

Een van die hoofredes hiervoor is dat rekenaars wat nie die nuutste sagteware, spesifiek Microsoft-sagteware installeer het nie, `n hoë sekuriteitsrisiko is indien dit aan die SUN-netwerk verbind sonder die nodige beskerming. Gevolglik is dit belangrik dat alle netwerkgebruikers se toestelle altyd op datum is. Dieselfde geld vir anti-virus sagteware. Dis juis hierdie beleid wat ons US-personeel onlangs beskerm het teen die WannaCry ransomware.

As gevolg van die beleid word Microsoft opdaterings ook gedoen sodra jou toestel aan die SUN-netwerk verbind. Opdaterings op die SUN-netwerk wanneer jy op kampus is, is gratis, maar dit kan gebeur dat opdaterings beskikbaar is en wil aflaai as jou rekenaar nie by die kantoor aan die netwerk verbind is nie.

Indien jy d.m.v. VPN* aan die SUN-netwerk verbind wanneer jy af van kampus werk, wees bewus daarvan dat opdaterings in die agtergrond kan laai. Aangesien dit in baie gevalle groot is, kan dit ongewone hoë verkeer en/of ook hoë kostes genereer. Microsoft-opdaterings word normaalweg maandeliks op die tweede Dinsdag van die maand vrygestel. Indien jy dus beperkte of duur data gebruik, hou veral gedurende daardie week jou dataverbruik dop.

*VPN (Virtual Private Network) is `n verbinding van elders na die SUN-netwerk wat die gebruiker dieselfde toegang gee as wanneer hy/sy op kampus is. Let op dat meeste algemene SUN dienste (bv. e-pos, Sun-e-HR, my.sun.ac.za, Useradm-administrasieblad, ens.) direk vanaf die internet beskikbaar is sonder `n VPN verbinding.

VPN – jou verbinding by die huis

Woensdag, April 4th, 2012

 

Met die uitrol van die nuwe vuurmuur (“firewall”) het die metode vir toegang tot die internet vir tuisgebruikers ook verander. As jy een van die gelukkiges is wat by die huis ook kan werk, kan jy onderstaande instruksies volg en sal jy in `n oogwink weer aan die gang wees.

Vir stap-vir-stap-instruksies vir die installasie van die nuwe VPN-kliënt, kliek hier. Indien jy tans reeds die “checkpoint VPN” gebruik (jy sal `n sleuteltjie onder regs op jou rekenaarskerm sien), volg eers hierdie instruksies voordat jy die kliënt installeer. Let wel, die installasie werk NIE op kampus nie. Jy moet buite die US-netwerk wees.

Indien jy NXInetkey sonder VPN vanaf die huis gebruik, sal dit vanaf 1 April weens sekuriteitsredes nie meer werk nie. Volg dieselfde prosedures as VPN-gebruikers en installeer die nuwe program.

As jy ‘n Windows, Linux- of  MAC-gebruiker is, kan jy hier kliek vir instruksies.

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.