• Onlangse bydraes

  • Argiewe

  • Kategorieë

  • Etikette

Windows

Microsoft sagteware nou op promosie vir studente

Wednesday, September 7th, 2011

Informasietegnologie kondig met trots aan dat daar suksesvol met Microsoft onderhandel is om geselekteerde programmatuur teen `n baie lae koste aan studente beskikbaar te stel.

Hierdie wonderlike aanbod bied aan Stellenbosch Universiteit studente die unieke geleentheid om toegang te verkry tot die nuutste Windows en Microsoft Office programmatuur.

Die Microsoft-produkte gelys hieronder, mag aan Studente beskikbaar gestel  word omdat die Universiteit tydelike lisensies vir die programmatuur deur ‘n Microsoft kampusooreenkoms aangekoop het. Die universiteit verleen dus die reg aan studente om die programmatuur, uitsluitlik vir hulself, op hul persoonlike rekenaars te gebruik.

Studente word  toegelaat word om die programmatuur en verwante media te gebruik in ooreenstemming met die terme en voorwaardes van die lisensie wat aan die Universiteit verleen is vir die termyn van die Microsoft kampusooreenkoms. Stellenbosch Universiteit en die student moet aan die lisensie voorwaardes voldoen. Studente ten sterkste aangeraai om hulle te vergewis van die voorwaardes in die “Student Users Acceptance Form” wat onderteken moet word wanneer die amptelike Microsoft media aangekoop word.

Wanneer studente gradueer sal die programmatuurlisensie omskakel na ‘n permanente lisensie (wat beteken dat die Student die eienaar van die programmatuur word) soos bevestig in die “Student License Confirmation”, wat die student op daardie stadium van Stellenbosch Universiteit mag verkry. Die “Student License Confirmation” is ‘n bewys van eienaarskap van die programmatuur.

Studente wat Stellenbosch Universiteit verlaat weens ander redes buiten graduering, moet die programmatuur van hul rekenaars verwyder.

Microsoft-produkte wat volgens die kampussubskripsie-lidmaatskap  aan studente beskikbaar is:

Windows 7 Professional Upgrade 32- or 64 bis

R 180.00

(omdat hierdie ‘n opgraderingslisensie is, moet ‘n student reeds oor ‘n geldige OEM Windows Bedryfstelsel lisensie beskik)
Microsoft Office 2010 Professional Plus

R 220.00

Studente sal geregtig wees om een kopie elk van Windows en/of Office aan te koop gedurende die tydperk wat hulle by die Universiteit ingeskryf is.

 

© 2013 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.