Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

draadloos

Waarskuwing aan 3G-gebruikers: Risiko vir oorspandering op datakontrakte

Dinsdag, Februarie 14th, 2012

Gebruikers word gewaarsku om versigtig die 3G-databundel, veral op skootrekenaars, te gebruik. Sommige pakkette van diensverskaffers se 3G-databundels beskerm nie die gebruiker teen oorspandering nie.

Hierdie risiko kom veral voor by gebruikers wat ‘n besigheidskontrak met ‘n diensverskaffer gesluit het en onder die indruk is dat, indien ‘n databundel teen die kontrak gekoop is, dit veilig is om maar die datadiens te gebruik “tot dit op” is.

Daar is egter ‘n groot risiko dat indien die databundel oorskry word, ‘n baie hoër “buite-bundel” tarief inskop en die gebruiker onvermoedelik ʼn baie hoër uitgawe verpligting aangaan.

Die risiko word verhoog deur programmatuur wat outomaties, sonder die gebruiker se wete, opdateer en gevolglik hoë volumes verkeer genereer. Let dus veral op sagteware se verstellings en maak seker dat opdaterings eerder met die hand gedoen word i.p.v. outomaties.

ʼn Verdere groot risiko is die buitensporige koste van data in die buiteland. “Wireless” binne die hotel is gewoonlik meer bekostigbaar as plaaslike diensverskaffers se “roaming” data opsies.

Gebruikers word sterk aangeraai om limiete op die bedrag of verkeer te plaas (kyk na u diensverskaffer se webblad), asook om sms of epos boodskappe te aktiveer wanneer die verkeer naby die limiet van die kontrak kom. Voorafbetaalde data is in die opsig baie veiliger.

Verder word gebruikers aangemoedig om die volume verkeer op die 3G beheerprogram self deeglik dop te hou. Die meeste verskaffers gee aan hul kliënte die opsie op datagebruik op hulle webwerf te monitor en IT raai gebruikers aan om van hierdie fasiliteit gebruik te maak. Skakel ook die 3G-fasiliteit af indien dit nie benodig word nie.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.