Maties tops the leader board

The FNB Maties has taken a well-deserved  first place on the leader board of the FNB Varsity Cup, presented by Steinhoff International, after beating the FNB Tuks of the University of Pretoria 23-22 in a hard-fought game last night (27 February 2012).

Ryan Nell

Ryan Nell dives over for his try against the FNB Tuks (Photo: Justin Alberts)

(Full report in English to follow).

In ʼn wedstryd wat in veral die eerste helfte soms bietjie doelloos voorgekom het met ʼn geskoppery heen en weer, het die Maties tog nooit gelyk asof hulle die wedstryd gaan verloor nie – veral nie nadat hulle die skrums oorheers het nie. Maties het vroeg punte aangeteken met die vleuel Ryan Nell vir die tuisspan gedruk het. Na die eerste waterbreek het Tuks teruggeslaan om kort voor rustyd met 10-8 voor te loop – ook danksy ʼn vroeëre strafskop wat in punte omskep is. Die Maties skrumskakel, Donald Stevens, was egter in die kol met ʼn strafskop en die rustydtelling was 10 elk.

Maties!

Matie supporters at the Danie Craven Stadium (Photo: Justin Alberts)

In die tweede helfte het Tuks op ʼn stadium met 14-10 voorgeloop na twee strafskoppe. Na ʼn geelkaart uitgedeel is aan die Tuks vleuel Deon Helberg het dit effens begin lyk of die Maties begin vlamvat het. Daar moes egter ook op die stadium ʼn tikkie frustrasie in die maroen kamp wees na drie 5-meter lynstane teenaan die Tukkies se doellyn nie in punte omskep kon word nie. Nadat spel weer meesal in die middelveld plaasgevind het, het die Maties die eerste keer punte in die tweede helfte punte aangeteken nadat nog ʼn 5-meter lynstaan afgedwing is. Die driedrukker was die Maties se slot Grant Hattingh met ʼn oorstoot drie. Hierna is Maties begin beheer oorneem en nog ʼn lynstaan teenaan die Tukkies se doellyn is in punte omskep. Die baldraer dié keer was die plaasvervanger stut, Hein van der Merwe. Andre Kemp het verdoel en die telling was skielik 23-14.

Naby die einde van spel het die Tuks egter dinge vir die Maties begin moeilik maak en op die Maties se doellyn geboer. Twee lynstane van die 5 meter merk kon nie in drieë omskep word nie. ʼn Matie-speler wat seker vandag nog met ʼn rooi gesig rondloop is die plaasvervanger skrumskakel Boela Abrahams wat onder die indruk was dat die wedstryd verby was die bal direk kantlyn toe geskep het – na die Maties duikslag op duikslag moes uitvoer om die Tuks van hul doellyn weg te hou en uiteindelik die bal te wen. Die Tuks het dié rondte gewen met die heelagter Clayton Blommetjies wat naby die hoekvlag oorgeduik het. Die doelskop was oor en dit was

Dagbreek

Steinhoff Dagbreek (in blou) het Mopanie van Tuks 16-15 geklop (Foto: Anton Jordaan)

23-22.

Die Maties het diep ingeskop en selfs met die blaas van die toeter was dit nog nie gedane sake dat die Maties gewen het nie. Die Tuks het ʼn skrum gewen en die bal begin rondgooi op soek na deurkomkans. Groot was die verligting egter op die Maties en hul meer as 15 000 ondersteuners se gesigte toe die slot Reniel Hugo die bal onderskep en uitskop.

In die Steinhoff Koshuisrugby kompetisie het die Maties se kampioene, Dagbreek, vergoed vir verlede week se glipsie deur 16-15 teen Mopanie van Tuks te wen. In ander Varsity Cup-wedstryde het die Madibaz van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit vir ʼn groot verrassing gesorg deur die verdedigende kampioene, die Ikeys van die Universiteit van Kaapstad met 23-21 te klop. Die FNB Shimlas het 18-50 teen die Universiteit van Johannesburg pak gekry terwyl die FNB Pukke van die Noordwes-Universiteit die Tshwane Universiteit van Tegnologie 52-8 kafgedraf het.

• Sien www.varsitycup.co.za vir meer inligting.