Green Woordfees (Wordfest) counts down the hours

The 2012 Stellenbosch University Woordfees(Wordfest), themed “Green”, kicks off on Friday and, based on the number of tickets sold, it will be the biggest and of course greenest festival to date. More tickets have been sold than than during the whole 2011 festival. A large number of shows have been sold out and tickets are available for only a few shows.

Theater van de Verloren Tijd

Theater van de Verloren Tijd

(Complete article in English to follow).

Skrywersprogram

Die US Woordfees is bekend daarvoor dat hy van Suid-Afrika se grootste skrywers byeen kry. Vanjaar is geen uitsondering nie en daarby is daar oudergewoonte groot geeste uit die Nederlande wat hul weg na die Woordfees vind.

Hierdie jaar is Leonard Nolens, die grootste lewende Belgiese digter, by die US Woordfees. Die bekroonde Amsterdamse digter, skrywer en kritikus, Kees ’ Hart, is ook op die program. Die teater-tweemanskap, Theater van de Verloren Tijd, sorg vir verrassingsoptredes tydens die fees.

In die Skrywersprofiele huldig die US Woordfees vanjaar Leon Rousseau (81), Nerina Ferreira (91) en Marié Heese (70). Hulde word ook gebring aan die digter-dominee, Patrick Petersen, wat verlede jaar in ’n morotongeluk omgekom het, en prof John Kannemeyer, literêre historikus en biograaf, wat op Kersdag 2011 oorlede is.

Dramafees

Die Dramafees spog vanjaar met uitstekende produksies waarvan menige hulle as treffers bewys het by ander kunstefeeste in die land. Nag ma, met Sandra Prinsloo en Antoinette Louw, was so gewild dat drie ekstra vertonings geskeduleer moes word. Produksies wat soos soetkoek verkoop, sluit in: Vaselinetjie, Agterplaas (reeds uitverkoop) en My naam / My name is Ellen Pakkies.

My name/My naam is Ellen Pakkies

Vinette Abrahams and Christo Davids in My Name/My naam is Ellen Pakkies

Ander treffers wat te sien is, is Mooi Maria, Die rebellie van Lafras Verwey, Dis koue kos, skat, Grieta kry geleerdheid, Ou blare en Bye ma, Jaypee. Marthinus Basson se ’n Lewe in die teater en Bettie Kemp se TaMiem van Swellendam (voorheen benoem vir twee Vita’s) is ook op die feesprogram.

Amanda Strydom is na jare weer terug op die verhoog in Voor ek vergeet… en staatmakers soos Die Francois Toerien Show, Proesstraat en Bullets Over Bishop Lavis is teenwoordig met gusto!

Daar heers groot afwagting vir die debuut van Sandra Prinsloo se nuwe drama, Buitepos. Saartjie Botha is ook teenwoordig met Skeer op Richmond.

Musiekprogram

Sanlam is vanjaar donateur van die Woordfees se musiekprogram, een van die gewildste komponente van die fees.

Bertie Coetzee van Zinkplaat het weer vanjaar ’n uitsonderlike musiekprogram saamgestel. Kyk uit vir die oorspronklike kombinasies waarvoor die Woordfees bekend geword het. Vanjaar span die volgende kunstenaars saam vir unieke klanke: Romanz en die Gugulethu Tenore, Kurt Darren en Koos Kombuis, Chris Chameleon en Kaleidoskoop, Vusi Mahlasela en Lize Beekman, asook Karen Zoid en Zolani Mahola.

Amanda Strydom se Binnekamer, Coenie de Villiers se Hart van glas, en Hier huil jy net twee keer met Dana Snyman en Klopjag, is reeds uitverkoop.

Klassieke musiekproduksies word in die Endler aangebied. Zorada Temmingh is te sien in 2 Blondes to Tango en ’n konsert saam met die Vlaamse orrelis, Stijn Hanssens. Hulde word met ’n liedprogram gebring aan Hubert du Plessis, die Afrikaanse komponis wat verlede jaar oorlede is. Die Harmonic Brass Band uit München se “Concerto Festivo” behoort gehore gaande te hê.

Selfportret van Paul Emsley, swartkryt en potloof tekening (60 x 51 cm)

Paul Emsley is die Feeskunstenaar. (Nee, dis nie 'n foto nie, dis 'n selfportret - swartkryt en potlood-tekening)

Die US Woordfees is ook bekend dat hy jong, opkomende verhoogkunstenaars ondersteun. Die digter Pieter Odendaal span in Transkripsie kragte saam met die groep Bateleur, en Luna Paige sorg vir ’n musikale en woord-verrassing met Storielied.

Kunsprogram

Wat is die US Woordfees sonder sy feeskunstenaars en die betrokkenheid van galerye op Stellenbosch?

Paul Emsley, die internasionaal erkende portretkunstenaar, is vanjaar die feeskunstenaar. Emsley het jare gelede sy deurbraak as kunstenaar gemaak in die Sasol Kunsmuseum. ’n Oorsigtentoonstelling van sy werk word onder die kuratorskap van Amanda Botha in dieselfde museum aangebied.

Verskeie Stellenbosse kunsgalerye is bestemmings op die Woordfees se kunsroete. Raadpleeg die feesprogram vir meer inligting.

Kinderprogram

Vanjaar word die gewilde Koowee Kinderfees op 10 Maart by die Oude Libertas Amfiteater aangebied. Die immergewilde Lollos is weer teenwoordig, en ouers kan afslag kry vir al die vertonings wat die Saterdagoggend by Oude Libertas aangebied word.

Woorde open Wêrelde

Die US Woordfees se bemagtigingsprojek, Woorde Open Wêrelde, bied ’n reeks werkswinkels aan vir leerders en onderwysers van alle ouderdomme. Nanette van Rooyen, Fanie Viljoen en Carina Diedericks-Hugo is enkele name wat jong talentvolles onder die vlerk neem.

Die WOW-Karnaval word op 9 en 10 Maart aangebied op die Van der Stel-sportterrein. Kunstenaars wat optree, sluit in Emo en Lukmaan Adams, Idol Kelly, The Rockets, die N2 jazz band, Karin Kortjé, Salome, die immergewilde Koekie Loekie en die Bakgat Boyz. Plaaslike kunstenaars kom ook hulle talent wys. WOW skole se hip-hop dansers spook dit Vrydag 9 Maart vanaf 16:00 uit in die WOW Hip-Hop kampioenskap. Gesonde en veilige gesinsvermaak, met ʼn klomp stalletjies en pretritte vir die jongspan. Vir grootmense bied die biertent koel lafenis teen die hitte.

Toegang vir volwassenes kos R25 vir volwassenes en R10 vir kinders.

  • Kry die volledige feesprogram by www.woordfees.co.za. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.