Russel Botman Kuyper Prize 2-s

‘Wanhopige jeug moet hoop op beter toekoms gebied word’ – prof Russel Botman in 2013 Kuyper-prys lesing, Princeton, VSA

Globalisering kan die jeug wêreldwyd toenemend in die arms van fanatiese en ekstremistiese groepe dryf weens openbare en ekonomiese beleid wat die armes en ander gemarginaliseerde groepe bly uitsluit. Só het prof Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), gisteraand (18 April) in die VSA gewaarsku. Hy was aan die woord by [...]

Lees meer
Maureen_stap

US-personeel takel 5 km Welwees Pretstap/draf 2013

Die hoofkampus van die Universiteit Stellenbosch (US) was ʼn miernes van bedrywigheid op Donderdag 11 April toe 239 US-personeellede aan die derde jaarlikse 5 km Welwees Pretstap/draf deelgeneem het. Dié geleentheid is reeds ʼn instelling op die Universiteit se Welwees-kalender. Me Maureen Kennedy, Bestuurder: Werknemer Welwees, het gesê Donderdag se wedloop wys dat, benewens die [...]

Lees meer
STREET POLE POSTERS MATIES (2)_Page_1

Eerste ‘Explosive Mondays’-atletiekbyeenkoms op 15 April gehou

Die eerste in ’n reeks van drie nasionale studente atletiekbyeenkoms vind Maandag 15 April by die Coetzenburg Atletiekstadion plaas. “Explosive Mondays”, soos wat die kompetisie bekend sal staan, is ’n nuwe inisiatief van Varsity Sports – ’n vennootskap tussen die land se top-universiteite en Advent Sport Entertainment en Media (Edms) Bpk (ASEM) met die doel [...]

Lees meer
Botleng_herfs

Nog ’n herfsfoto

Bontleng Molefe (MSc Agronomie) wou hierdie mooi foto wat sy op 15 Mei by Concordia geneem het, met die Matie-gemeenskap deel. Stuur asseblief enige interessante of mooi foto’s na boschtelegram@sun.ac.za en deel dit met almal.

Lees meer

Universiteit Stellenbosch Skolevennootskapforum

Dr Rehana Malgas-Enus, Chemie-dosent by die US, sal haar Chemie-gemeenskapsinteraksieprojek bekendstel. Sy sal vergesel word deur Nazeem Edwards, US Natuurwetenskapopvoeding-dosent, om saam ondersoek in te stel oor samewerkingsmoontlikhede in die bou van ‘n praktykgemeenskap tussen aspirant- en diensdoenende onderwysers. Gillian Kay, opvoeding spesialis by die Skoolontwikkelingseenheid van die Universiteit Kaapstad, sal inligting deel oor ‘n soortgelyke projek met onderwysers. [...]

Lees meer

Feministe en aktiviste bespreek vraagstukke by slypskool

​ʼn Slypskool waar feministe in die akademie asook voetsoolvlak-aktiviste sal gesels oor die relevansie van akademiese navorsing, konsepte en vraagstukke en hoe dit kan bydra om die gemeenskappe wat ondersoek word te baat, word van 30-31 Mei deur die Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie aangebied. Die Feminist Table is ʼn ruimte vir gesamentlike leer waar groot [...]

Lees meer

Middaguurgesprek: Desmond Painter in gesprek met Willem Anker

​Die Departement Afrikaans en Nederlands bied op Donderdag 23 Mei ‘n Middaguurgesprek aan. Tydens hierdie gesprek tree dr Desmond Painter, resensent en dosent aan die Departement Sielkunde, met dr Willem Anker, bekroonde skrywer en dosent aan die Departement Afrikaans en Nederlands, in gesprek. Hulle sal oor die skryfproses, navorsing vir ‘n historiese roman, Coenraad Buys en wat [...]

Lees meer

Bewustheid oor bipolêre steurnis

SADAG (SA Depressie- en Angsgroep) en die Sentrum vir Studentevoorligting en ontwikkeling by die Universiteit Stellenbosch sal bewustheid oor bipolêre steurnis aanwakker deur die Oscar-bekroonde fliek Silver Linings Playbook te wys. Volledige vertaling in Afrikaans volg A psychologist will be available during the screening to discuss questions and comments.  The average age of onset of bipolar [...]

Lees meer
Uithangbord

AFRICAN SUN MeDIA kry nuwe ‘tuiste’

​ʼn Rapsie meer as tien jaar gelede het me Justa Niemand op ʼn dag besef sy wil nie meer in ʼn tradisionele uitgewery-omgewing of vir iemand anders werk nie. Daardie aand het sy met ʼn plan vorendag gekom om ʼn uitgewery te stig wat boeke in klein oplae druk, maar ook die boeke digitaal beskikbaar [...]

Lees meer

Seminaar: Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie (16 Mei)

​Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie Spreker: Deevia Bhana, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van KwaZulu-Natal Onderwerp: ”Innocent? Another look at children, sexuality and schooling” Datum: Donderdag 16 Mei 2013 Tyd: 13:00-14:30 Plek: 4de Vloer, Lettere en Sosiale Wetenskappe gebou, Lokaal 401 Kontakpersoon: Elizabeth Hector, ehector@sun.ac.za of 021 808 2420.

Lees meer
Politieke Wetenskap Studenteparlement Maxine

Speaker van Studenteparlement glo in betrokkenheid

Sy het nog altyd in die politiek belang gestel en as kind kon sy nie wag vir die nuusbulletin op TV om te begin nie. Koerante is van voor tot agter deurgelees. “Dit was vir my wonderlik om te hoor wat in die wêreld aangaan,” sê Maxine Bezuidenhout (19), ‘n tweedejaarstudent wat onlangs as Speaker [...]

Lees meer

Geskiedenis as vak nou meer relevant as voorheen – Grundlingh

Hy het nie gedink hy sal die Stalsprys vir Geskiedskrywing ontvang nie nadat hy voorheen sekere bedenkinge gehad het. Maar hy is nietemin dankbaar, het prof Albert Grundlingh aan Stephanie Nieuwoudt gesê. Sowat drie weke nadat aangekondig is dat hy die Stalsprys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang het, skerts prof Albert [...]

Lees meer
ADA OECD Workshop  (7) klein

Grense nie van toepassing wanneer rampe tref

In tye van krisis, kan grense nie getrek word tussen lande en streke nie. Dit is dus belangrik dat daar breë samewerking is om doeltreffend op toekomstige rampe te reageer wat deur veranderings in die omgewing veroorsaak word.​ En om toepaslike optrede te verseker, is gekoördineerde navorsing en die uitruil van kennis belangrik. “In Suidelike [...]

Lees meer

Lesing: Departement Sielkunde

Dr Mzikazi Nduna, ‘n medeprofessor in die Departement Sielkunde aan die Universiteit van Witwatersrand, sal ‘n praatjie lewer by die US Departement Sielkunde oor: Faktore wat die bekendmaking van die biologiese identiteit van ‘n pa verhinder: die moeder se perspektief. Onbekende vaderidentiteit is prominent onder Suid-Afrikaanse kinders wat grootword sonder ‘n biologiese pa. Geen navorsing het al [...]

Lees meer
Beauvoir

Seminaar: Departement Moderne Vreemde Tale

U word vriendelik uitgenooi na ’n lesing deur dr Éric Levéel (Stellenbosch University – French Section) oor: Simone de Beauvoir and Romania – A Distant Gaze Datum: Vrydag 17 Mei Tyd: 13:00 – 13:50 Plek: Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou: Seminaarkamer 551

Lees meer

US Koor stel nuwe program vir 2013 bekend

​Die Stellenbosch Universiteitskoor onder leiding van André van der Merwe sal hul nuwe repertoire vir 2013 aanbied. Optredes vind in Mei en Junie plaas. Vanjaar se program bestaan uit ‘n reeks gewyde musiek en werke van Suid-Afrikaanse en internasionale komponiste. Komponiste soos Jacobus Gallus (Sloewenië), John Rutter, Ko Matsushita (Japan) sowel as die Suid-Afrikaners Niel van der Watt en Pieter van [...]

Lees meer
Egytologist Salima Ikram (3)

Animal mummies unlock ancient secrets about trade, society and religion

Prof Salima Akrim was net 9 jaar oud toe sy besluit het sy wil ‘n Egiptoloog word. Volledige vertaling in Afrikaans volg. ​Prof Salima Ikram was 9 years old when she decided to become an Egyptologist. “I bumped against the life-sized statues of Rahotep and Nofret (ca 2500 v.C.), a royal couple in the Egyptian Museum [...]

Lees meer

Politieke Wetenskap Vrydagseminaar

​Politieke Wetenskap Vrydagseminaar Spreker: Merran Hulse, PhD-kandidaat en navorserb by Radboud Universiteit Nijmegen (Nederland) Onderwerp: ’Governance Transfer by SADC: Scaling up, rolling back’ Datum: 10 Mei 2013 Tyd: 12:15 – 13:30 Plek: Kamer 648, Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou Kontak: Derica Lambrechts, 021 808 2476, derica@sun.ac.za

Lees meer