Hoe word konkrete gestalte aan Hoop gegee – vraagstuk van US se Hoop-konferensie in Stellenbosch

Politici, sake- en gemeenskapsleiers, akademici, maatskaplike werkers en alle landsburgers met ’n belangstelling in aktuele vraagstukke moet beslis nie die dagkonferensie van die Universiteit Stellenbosch op 22 Julie misloop nie. Kom luister na verskillende bekende figure, waaronder dr Albie Sachs, voormalige regter van die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika, wat hul insette oor hoe om aan hoop konkrete gestalte in die nuwe Suid-Afrika te gee, sal lewer.

Die konferensie word in die Endlersaal, Konservatorium in Victoriastraat, Stellenbosch gehou en skop af om 08:30.

Geen inskrywingsgeld word gehef nie, maar bespreking is noodsaaklik. Bevestig bywoning by Dorothy van Kerwel, tel: 021 808 3729 of dvk@sun.ac.za.

Vir die volledige program van die dag se gebeure asook die sprekers, kliek hier

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*