Wie is die innoverendste finalejaar Ingenieurstudent?

Die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch hou op Dinsdag 7 Desember 2010 sy jaarlikse M-Net Jac van der Merwe Kompetisie vir Innovasie.

Finaliste van die Ingenieursdepartemente ding mee om die R15 000-prys wat gaan aan die finalejaarstudent met die innoverendste projek.

Alle belangstellendes is welkom om na die aanbiedings van die finaliste te kom luister. Dit duur van 09:30 tot ongeveer 12:00 en word in die lesinglokaal S202 van Siviele Ingenieurswese gehou.

Vir meer inligting kontak: Liesel Koch by 021 808 4066 of per e-pos by lkoch@sun.ac.za.