Argief | January, 2011
JOOL_2011_1

Ontploffings van klank en kleur tydens jaarlikse JOOL Vlotoptog

ʼn Feestelike atmosfeer het Saterdag in Stellenbosch se strate geheers met die jaarlikse ontploffing van kleur en kreatiwiteit wat sinoniem is met die Standard Bank Vlotoptog. Verskeie ‘kindertyd’-gunstelinge het vanjaar hul buiging gemaak – onder hulle was Fred Flintstone, Mike – die groen monstertjie van Toy Story, Spongebob Squarepants en selfs MooMin. Trompoppies en die [...]

Lees meer

Gratis werkswinkel 8 en 9 Februarie 2011

Die Taalsentrum bied  die gewilde werkswinkelreeks oor die skryf van notules  gratis  vir universiteitpersoneel op 8 en 9 Februarie aan. Deelnemers het die opsie om net Dag 1 of Dag 2 by te woon. Dag 1:  Prosedures vir vergaderings en notules In hierdie werkswinkel sal jy op ‘n interaktiewe, praktiese manier die geleentheid kry om jou [...]

Lees meer

SUSPI bied Zumbathon Aan

Die Stellenbosch Universiteit Sport Prestasie Instituut (SUSPI) bied op Dinsdag 1 Februarie 2011 ‘n Zumbathon in die DF Malansaal aan. Zumbathon is ‘n opwindende twee-uur lange dans sessie wat deur twee instrukteurs aangebied word. Dit is Latyns-Amerikaans geïnspireerd, en bevat ‘n kombinasie van verskeie dansstyle. Hierdie byeenkoms is vir alle partye toeganklik, en deelnemers hoef [...]

Lees meer

Wees lief vir jou Suid-Afrika! Registreer om te stem!

Het jy al ooit geregistreer om te stem? Is jy Suid-Afrikaanse burger? Is jy 16-jaar of ouer? Het jy ‘n groen stafieskode-identiteitsdokument? Het jy jou verblyf verander van die laaste verkiesing af? As enige van hierdie van toepassing is op jou, registreer om te stem! Registreer die naweek van die 5de en 6de Februarie by [...]

Lees meer
Vensters 2011 0206

Vensters 2011 se boodskap – Moenie in ‘Bizzarro’ vasgevang word nie…tree verantwoordelik op!

Die boodskap van verantwoordelike alkoholgebruik was die goue draadjie wat duidelik deur al die produksies van vanjaar se Vensterversierings-straatteater verweef was. Met die tema van “Trapped in Bizzarro’ het verskeie van die koshuise ʼn droomtema vir hul produksies gekies.  Die strate op die Stellenbosch-kampus het gewemel van besoekers soos mense van heinde en verre op [...]

Lees meer
Skou_opening

US REktor sê landelike ontwikkeling is onontbeerlik vir SA se vooruitgang

Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch was Dinsdagaand (25 Januarie) die eregas by die opening van die Worcester Skou. In sy toespraak het hy onder meer daarop gewys dat landelike ontwikkeling onontbeerlik is vir vooruitgang in Suid-Afrika. Hy het voorts gesê werkskepping op die platteland is van kardinale belang en het [...]

Lees meer

Internasionale Interleningstarief verander

Aangesien alle internasionale interlenings leweransiers ‘n addisionele wisselende kopiereg fooi by die basiese tarief op artikelversoeke hef, is die Interleningsafdelings van die US Biblioteekdiens genoodsaak om eers die werklike koste vir gebruikers te kwoteer alvorens enige bestellings deurgevoer kan word. Kostes ten opsigte van internasionale boekaanvrae (450.00) sowel as plaaslike interbiblioteeklenings (40c per bladsy/alle boeke [...]

Lees meer
IMG_2404

Hoë lof vir chemiestudent in Hawaii

ʼn Magisterstudent in Chemie, Anneli Kleyn, het behoorlik uitgeblink by die onlangse Pacifichem-Chemiekongres in Hawaii deur nie net een van die studenteplakkaatpryse te wen nie, maar ook ʼn veelbegeerde vermelding in die gerekende weekblad Chemical and Engineering News (CEN) te kry. Die Pacifichem-konferensie is ʼn vyfjaarlikse geleentheid wat hoofsaaklik aangebied word vir lande wat aan [...]

Lees meer
IMG_2290

Drakenstein Munisipaliteit en US werk saam vir volhoubaarheid

“Die ooreenkoms neem die sterkpunte van die Universiteit Stellenbosch en die Drakenstein Munisipaliteit en kombineer dit in ‘n enkele strategie vir sukses in die strewe om die lewens van ons mense te verbeter. Saam kan ons meer bereik as op ons eie – dit is hoekom hierdie ooreenkoms so belangrik is. Dit vestig ’n vennootskap [...]

Lees meer
vark-trollie

Varke ‘vlieg’ by 2011 Checkers Trollieresies

Dis waar, varke kán vlieg. Wel, ten minste by gister (Dins. 25 Jan) se Checkers Trollieresies in Victoriastraat. Ongelukkig het die vlieënde vark-trollie net-net te min oemf gehad en het ISA en Kolonieshof uiteindelik as wenners van Trollieresies 2011 uit die stryd getree. In die tweede plek was Academia en derde was Elsenburg en Equité. [...]

Lees meer
MFM-2006-LOGO22

Wou jy nog altyd ‘n radio DJ wees?

Is jy jonk, dinamies, en lus vir n nuwe uitdaging? MFM 92.6 nooi jou uit om deel te word van Stellenbosch se nommer 1 radio stasie. Aanbieders poste is nou oop! Kontak die MH bestuurder, Charita van der Berg by 021 808 309 of e-pos haar by hr@mfm.sun.ac.za. Aansoekvorms is beskikbaar by Mfm se kantoor op [...]

Lees meer
ScimathUS11s

SciMathUS – die pad na ‘n beter toekoms

“SciMathUS is nie ʼn herhaling van ʼn ou geleentheid nie – dis ʼn nuwe pad vorentoe vir jou toekoms.” Dit was die woorde van bemoediging van prof Russel Botman, US Rektor, aan die nuwe SciMathUS studente tydens die amptelike opening wat Dinsdag in die US Konservatorium gehou is. Dié opening vorm deel van die vieringe [...]

Lees meer

(English) Harvard South Africa Fellowship program

Hierdie artikel is tans slegs beskikbaar in Engels.

Lees meer
Prof Magda Fourie_PICKED

Prof Magda Fourie weer op Raad van Hoër Onderwys aangestel

Prof Magda Fourie, Viserektor: Onderrig aan die Universiteit Stellenbosch, is onlangs deur die Minister van Hoër Onderwys, dr Blade Nzimande, aangestel as lid van die Raad vir Hoër Onderwys. Dit is haar tweede termyn op dié raad nadat sy in 2007 deur minister Naledi Pandor aangestel is. Die Raad op Hoër Onderwys is ’n statutêre [...]

Lees meer
AG2011_groupphoto

Wiskundiges gesels saam oor aritmetiese meetkunde

Dertien internasionale besoekers neem tans deel aan die tweejaarlikse Konferensie oor Aritmetiese Meetkunde, wat hierdie week deur die Departement Wiskundige Wetenskappe: Afdeling Wiskunde aangebied word. Verskeie praatjies wat verband hou met aritmetiese meetkunde en toepassings daarvan vorm deel van die program. Akademici van Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Madagaskar, Nederland, Switserland, Taiwan, die Verenigde Koninkryk en [...]

Lees meer