Wiskundiges gesels saam oor aritmetiese meetkunde
Dertien internasionale besoekers neem tans deel aan die tweejaarlikse Konferensie oor Aritmetiese Meetkunde, wat hierdie week deur die Departement Wiskundige Wetenskappe: Afdeling Wiskunde aangebied word.
Verskeie praatjies wat verband hou met aritmetiese meetkunde en toepassings daarvan vorm deel van die program.
Akademici van Frankryk, Duitsland, Italië, Japan, Madagaskar, Nederland, Switserland, Taiwan, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika sal saam met Suid-Afrikaanse wiskundiges en studente onderwerpe soos Gamma-waardes, die Pila-Wilkie stelling en die kompleksiteit van algebraïese getalle bespreek.
Dit is die vierde konferensie van sy soort wat aangebied word sedert die eerste byeenkoms in 2005 gehou is.
Dit word gereël deur prof Florian Breuer van die US Departement Wiskundige Wetenskappe: Wiskunde Afdeling en prof Barry Green, direkteur van die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (ook bekend as AIMS of die “African Institute for Mathematical Sciences”).

January 25, 2011 
Im very inspired to find that an alumnus of MAKERERE UNIVERSITY-Mr.Bamunoba Alex participated in such an international conference.
He must have inspired other people with whom we were academic friends.God’s blessings!
ATUKWASE CLEOPHUS
BSc(ED)Hons.MAKERERE.
I happened to participate in this conference. It was a very fruitful interaction with the experts from all over the globe. I got exposed to deep underlying and interconnections between geometry and number theory, (more so in the function field setting).
What caught me most were talks on Gamma values (arithmetic and geometric), and then Taelmann’s talk on cyclotomic function fields (very inspiring though it got a little technical later on).
It will have a long lasting effect on me.