US Rektor deur Turquoise Harmony Institute vereer
Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, is deur die Turquoise Harmony Institute vereer met dié organisasie se Academia-toekenning. Die toekenning het deel gevorm van die Instituut se jaarlikse Ubuntu-lesing en Dialoog-toekenningsfunksie wat oor die naweek plaasgevind het.
Die Instituut, oorspronklik in 2006 gestig as die Interfaith Foundation of South Africa (IFSA), beywer hulle vir goeie verhoudinge tussen verskillende godsdienstige en kulturele tradisie om daardeur by te dra tot die welstand van die samelewing.
Die toekennings word gemaak aan uitnemende individue en maatskappye wat betekenisvolle bydraes tot dialoog, vrede en harmonie in die samelewing gemaak het.
Me NALEDI Pandor, Minister van Wetenskap en Tegnologie was die spreker by die geleentheid waartydens daar ook toekennings gemaak is aan die voormalige speaker van die parlement, dr Frene N Ginwala wat die “Gulen Peace Award” ontvang het; sy Eksellensie Kardinaal Napier wat die “Interfaith Award” ontvang het; die Instituut vir Geregtigheid en Versoening wat die “Reconciliation Award” ontvang het; die Hoof van Crime Line en Primedia Broadcasting se Hoof van Nuus en Aktualiteitsprogramme, mnr Yusuf Abramjee wat die “Community Service award” ontvang het; SABC se “Morning Live”-aanbieder, mnr Vuyo Mbuli, wat die “Media Award” ontvang het; Standard Bank wat die “Art Award” ontvang het en Pick n Pay se mnr Raymond Ackerman wat die “Sports Award” namens sy maatskappy ontvang het. Wyle me Fatima Meer, ’n politieke aktivis, het die “Fidelity Award” postuum ontvang.
Volledige artikel volg.

February 21, 2011 

Geen kommentaar tot op hede nie...