Argief | May, 2011

Nuwe kursus oor geslag, MIV en gestremdhede vir personeel

Menslike Hulpbronne Welwees bied ‘n splinternuwe kortkursus aan personeel getiteld: Positiewe leierskap, Positiewe verandering: Leierskapsvaardighede met betrekking tot Geslag, Gestremdhede en MIV. Die kursus is gemik op bestuurders, akademici en dienspersoneel en het ten doel om die nodige kennis, vaardighede en houdings te ontwikkel wat personeel in staat sal stel om positief by te dra [...]

Lees meer

‘In Paradisum’ sluit Endler-Konsertreeks se eerste seisoen

Schola Cantorum, die Akademiese Koor van die Departement Musiek, Universiteit Stellenbosch, sluit die eerste seisoen van die Endler-Konsertreeks af met In Paradisum op Donderdag, 2 Junie in die Endler-saal om 20:00.   Die konsert behels twee groot werke uit die koorrepertorium.  Maurice Duruflé se Requiem word as ‘n meesterstuk beskou en geld as sy beroemdste [...]

Lees meer

The influence of Aspalathus linearis (Rooibos) on glucocorticoid biosynthesis

MSc Vorderingslesing Kandidaat: Lindie Schloms (MSc student van Prof A Swart) Titel: The influence of Aspalathus linearis (Rooibos) on glucocorticoid biosynthesis Datum: Donderdag 02 Junie 2011 Tyd: 09:00 – 10:00 Plek: Biochemie Seminaarkamer A111, JC Smutsgebou, Stellenbosch Navrae: Prof Johann Rohwer, tel: 021 8085843, e-pos: jr@sun.ac.za  

Lees meer

LENS: Rondleiding deur Hentie van der Merwe

Hentie van der Merwe, kunstenaar en senior lektor in fotografie by die Universiteit Stellenbosch, sal ‘n rondleiding aanbied oor die uitstalling LENS  wat tans in die Sasol Kunsmuseum te sien is. Die rondleidings sal op die volgende datums plaasvind:  1 Junie, 20 & 27 Julie Tyd: 13:00 – 14:00 Prys: R20 Vir meer inligting kontak: 021 [...]

Lees meer
Law

Armoede bedreig versoening, waarsku voormalige hoofregter Langa

Die hoë vlak van armoede en groot welvaartgaping in Suid-Afrika hou ʼn bedreiging vir die demokrasie, die regstaatidee en nasionale versoening in. Só het voormalige hoofregter Pius Langa gisteraand [30 Mei 2011] gewaarsku by ’n kollokwium oor die reg en armoede van die Universiteit Stellenbosch (US) se fakulteit regsgeleerdheid. “Armoede geniet nie genoeg aandag nie, [...]

Lees meer
IMG_9329

Onkunde in Afrika moet omgekeer word – Adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding

“Dit is hierdie generasie, via instellings soos ons universiteite en die AAU, wat in hul wese gemoeid is met die soeke na en die produksie en verspreiding van kennis, dat onkunde omgekeer moet word en daar ontsag moet wees vir Afrika as kontinent waar van die wêreld se oudste universiteite geleë is.” Dit is die [...]

Lees meer

Woordfees in Salzburg

Prof Edwin Hees (Engels/Drama), prof Sarah Nuttall (Engels) en dr Daniel Roux (Engels) sal op 9 en 10 Junie deelneem aan ’n werkswinkel by die Universiteit van Salzburg om die tienjarige bestaan van die uitruilooreenkoms met Stellenbosch te vier. Die program van voorlesings, besprekings en praktiese vertalings is gereël deur prof Dorothea Steiner van die [...]

Lees meer

IT kursusse: Junie en Julie 2011

IT opleiding is beskikbaar in die volgende Microsoft Office applikasies, Word, Excel, Powerpoint, Access en Outlook, op Tygerberg en Stellenbosch kampusse gedurende Junie en Julie 2011. Aanlyn inskrywings kan gedoen word deur aan te teken op die personeelportaal by http://my.sun.ac.za Teken aan, Selekteer My SUN-e-HR, Sun Employment Self Service,Training and Development, Learner Home, Information Technology. [...]

Lees meer

Hoe om skryfhulp aan studente met studievoorstelle te verleen

Hierdie ses-ure-kursus behandel die tipiese probleme wat studente met die skryf van ’n navorsingsvoorstel ondervind. Dit help jou ook om sulke probleme raak te sien, en stel oplossings voor. Ons sal aandag gee aan die onderskeie afdelings van ’n navorsingsvoorstel en hulle funksie, sowel as hoe om oorvleueling en herhaling te vermy. Datum: 21 Junie [...]

Lees meer

Wetenskaplike skryfvaardighede vir navorsingsartikels

Hierdie ses-ure werkswinkel is gerig op nagraadse studente wat beplan of reeds besig is om ’n akademiese artikel te skryf. Die werkswinkel bied aan deelnemers die geleentheid om op ’n interaktiewe en praktiese wyse hulle wetenskaplike skryfvaardighede op te knap en om antwoorde op hul vrae rondom akademiese skryf in die algemeen te kry.  Verskeie [...]

Lees meer
IMG_8590

Rektor by COREVIP: Kennis moet gebruik word om Afrika se uitdagings aan te spreek

“Ons kan slegs daarop aanspraak maak om van waarde te wees as ons, ons kennis gebruik om die maatskaplike uitdagings wat ons kontinent in die gesig staar, aan te pak.  Hierdie is die nis wat ons moet uitkerf vir hoër onderwys in Afrika: Om relevant te wees vir die behoeftes van ons mense.” Dit was [...]

Lees meer

Openbare Beskermer praat by SPL se Publieke Leierskapsforum

Die openbare beskermer, adv Thuli Madonsela, is die eerste gasspreker van die Publieke Leierskapsforum wat op 1 Junie deur die Universiteit Stellenbosch se Skool vir Publieke Leierskap (SPL) van stapel gestuur word. “Die Publieke Leierskapsforum is ʼn reeks lesings oor kwessies soos goeie regering en etiese en doeltreffende publieke leierskap,” sê professor Erwin Schwella, koördineerder [...]

Lees meer
Law_Colloquium_Fraser

Kollokwium oor die reg en armoede skop af

Transnasionale sakeondernemings kom weg met ongeregtighede teen armes regoor die wêreld omdat die Wesfaalse nasiestaatstelsel hulle beskerm teen geldige eise, het die filosoof prof Nancy Fraser gister [29 Mei 2011] by die opening van die Fakulteit Regsgeleerdheid se kollokwium oor die reg en armoede aangevoer. “Ons verdoesel alle akteurs, prosesse en meganismes wat op die [...]

Lees meer
IMG_8566

US vandeesweek gasheer vir hoofde van Afrika-universiteite

Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, en talle ander personeellede van die Universiteit Stellenbosch (US) is hierdie week sprekers by die konferensie van die Assosiasie van Afrika-universiteite (Association of African Universities – AAU). Die US is die gasheer vir die COREViP-konferensie wat in samewerking met die AAU aangebied word. Die Adjunkminister van Hoër Onderwys en [...]

Lees meer

US-studente neem eerste keer deel aan geowetenskap-kompetisie

Met hul toetrede tot die kompetisie het ’n studentespan van die Departement Aardwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) vierde plek behaal in die Afrika-streekseindronde van die Imperial Barrel-toekenning in Nigerië. Die Imperial Barrel-toekenning, ’n inisiatief van die Amerikaanse Vereniging van Petroleumgeoloë, is ’n jaarlikse evalueringskompetisie gefokus op prospektering vir nagraadse geowetenskap-studente. Die finaliste word uit [...]

Lees meer