US Biblioteek- en Inligtingsdiens stel bekend: EBSCOhost sagteware vir die iPhone
Die nuwe EBSCOhost iPhone sagteware is nou gratis beskikbaar en bied gerieflike en omvangryke funksionaliteit wat gebruikers in staat stel om:
- te kies uit ‘n seleksie van databasisse
- resultate tot volteks of ewekniebeoordelde (peer-reviewed) tekste te beperk
- volgens relevansie of datum te sorteer
- volteksresultate in HTML en/of PDF formate af te laai
- resultate vir latere aflyntoegang te stoor
- resultate aan jouself of andere te e-pos
Vir die eenmalige installering van sagteware, klik die EBSCOhost iPhone/iPod Touch Application skakel onderaan die EBSCOhost webblad by http://library.sun.ac.za/connect/ebscohost en volg die instruksies.
Leer meer aangaande EBSCOhost Mobile en die nuwe iPhone sagteware by http://www.ebscohost.com.ez.sun.ac.za/academic/mobile-access.
Kontak Paulette Talliard by tel 021 808 9046 of e-pos plt@sun.ac.za indien jy meer inligting verlang.

May 17, 2011 
Baie interessant en ‘n skuif in die regte rigting, maar hoekom slegs iOS toestelle? Uit die hoeveelheid mense wat wel moderne “smartphones” het, hoeveel het Apple toestelle? Nie baie nie. Kyk maar op kampus, daar is veel meer Blackberrys en Androids (En EBSCO ondersteun hierdie twee volgens hulle webblad).
Dalk moet daar gefokus word om dit MEER toeganklik te maak vir MEER mense as om aan die behoeftes van ‘n minderheid te voldoen.
Hierdie argument kan ook toegepas word op IT se “Inetkey vir iPhone”.
Dalk is dit net sodat die bestuur van betrokke departemente hulle duur speelgoed kan gebruik…