Onkunde in Afrika moet omgekeer word – Adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding

“Dit is hierdie generasie, via instellings soos ons universiteite en die AAU, wat in hul wese gemoeid is met die soeke na en die produksie en verspreiding van kennis, dat onkunde omgekeer moet word en daar ontsag moet wees vir Afrika as kontinent waar van die wêreld se oudste universiteite geleë is.”

Minister en kie

Prof Russel Botman, Visepresident van die AAU en Rektor en Visekanselier van die US; prof Olugbemiro Jegede, Sekretaris-generaal van die AAU; prof Hlengiwe Mkhize, Adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding; prof George Albert Magoha, Waarnemende President van die AAU; mnr Conrad Sidego, Aangewese Uitvoerende Burgemeester van Stellenbosch en Prof Bruno Bekolo-Ebé, Visepresident van die AAU.

Dit is die mening van prof Hlengiwe Mkhize, Adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding in haar toespraak Maandag (30 Mei) by die COREViP-konferensie van die Association of African Universities (AAU).

Sowat 200 Rektore, Visekanseliers en Presidente van Afrika-universiteite woon die konferensie oor hoër onderwys, met die tema Strengthening the space of higher education in Africa by vanaf 30 Mei tot 3 Junie 2011 by Spier.

Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, het gaste vroeër die dag gaste by die geleentheid verwelkom.

COREViP is ’n byeenkoms van die hoof- uitvoerende beamptes van die AAU se geregistreerde lede of hul verteenwoordigers wat elke twee jaar plaasvind. Die oogmerk is om gesamentlik temas van gemeenskaplike belang en om prioriteite vir die ontwikkeling van hoër onderwys te identifiseer; aanbevelings aan lede, die bestuursraad en die sekretariaat te maak en om as forum te dien wat die implementering van vorige besluite moniteer, en regstellende maatreëls aanbeveel.

Prof Mkhize het gesê dat die regering se Groeiplan primêr op werkskepping fokus “wat die behoefte onderstreep dat ons instellings van hoër onderwys innoverend in hul navorsing en opleidingsprogramme moet wees ten einde te verseker dat hulle genoeg graduandi voorsien wat nie net werkgeleenthede sal opneem nie, maar ook entrepreneurs sal word.”

Sy het ook gesê dat tegnologie in die onderwys toenemend ’n “dominante spasie in hierdie eeu opneem” en dat die Departement van Hoër Onderwys en Ontwikkelings hul verbind het tot ’n intensifisering  van die konsultasieproses wat betref e-onderwys vir naskoolse onderwys en opleiding.

“E-leer het die potensiaal om oop en afstandsonderwys en opleiding te bespoedig wat toegang vir kwesbare groepe, soos diegene met gestremdhede en mense van landelike gemeenskappe, moontlik sal maak. Uiteindelik wil ons daarnatoe mik om gratis leermateriaal aan die publiek te verskaf ten einde lewenslange leer te bevorder deur die gebruik van inligting en kommunikasietegnologie.”

Sy het bygevoeg dat een van die belangrikste doelwitte van die regering is om te verseker dat, teen Desember hierdie jaar, al die openbare kampusse breëband verbinding tot SANREN, die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingsnetwerk, het en dat regeringsdepartemente R217 miljoen hiertoe gaan bydra.

Prof Mkhize het ook verwys na die Suid-Afrikaanse Navorsingleerstoel Inisiatief (South African Research Chairs Initiative), “’n belangrike deel van ons staat se menskapitaal intervensies”. Sy het gesê dat 62 leerstoele in 2011 gevestig sal word – bydraend tot die huidige 92. Die leerstoele sal fokus op tegnologie missies, prioriteitsnavorsingsareas, wetenskap en tegnologie bydraend tot armoedeverligting, ingenieurswese en toegepaste tegnologie en ’n oop kategorie gefokus op die fundamentele dissiplines. “Dit is ons doel om 154 Navorsingleerstoele teen 2014 te hê.”

Sy het afgesluit deur te sê dat dit deur organisasies soos die AAU is dat, “in samewerking met ons onderskeie regerings, die hoëronderwys gemeenskap op die kontinent ’n positiewe verskil kan maak aan die lewens van ons mense wat baie swaar gekry het weens slawerny, kolonialisme, oorloë, volksmoorde en apartheid,” en dat, behalwe finansiering “ons sterk leierskap en ’n gesonde bestuur en regeringsisteme nodig het in al ons onderwys en opleidingsessies.”

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*