Argief | July, 2011
IMG_0769

Opedag 2011 ‘n groot sukses

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Stellenbosch-kampus was Vrydag ‘n byenes van bedrywighede toe voornemende studente die Universiteit se jaarlikse Opedag beskoek het. Me Lorna Bartlett, projekkoördineerder vir voornemende studente, sê sy is ingenome met hoe die dag verloop het en is verlig dat dit nie gereën het nie. “Die inligtingsessies was almal stampvol – by [...]

Lees meer
SPP 4 007 copy

US help met leierskapsontwikkeling by skole

Elke persoon het die potensiaal om ʼn leier te wees. Só het dr Leslie van Rooi, Hoof van die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling (FVZS) aan die Universiteit Stellenbosch (US), Woensdag (27 Julie) tydens die vierde gespreksessie van die US se Skolevennootskapprojek gesê. Volgens Van Rooi is dit belangrik om algemene leierskapsvaardighede van [...]

Lees meer
MFM-2006-LOGO2-300×244-1[1]

Radio omroepers gesoek – MFM 92.6

Is jy jonk, dinamies en lus vir n nuwe uitdaging? MFM 92.6 nooi jou uit om deel te word van Stellenbosch se nommer een radiostasie. Aanbiedersposte is nou oop! Kontak die MH bestuurder, Charita van der Berg by 021 808 309 of e-pos haar by hr@mfm.sun.ac.za. Aansoekvorms is beskikbaar by Mfm se kantoor op die 3de vloer [...]

Lees meer

Allan Gray Beursfonds

Die Allan Gray Orbis Stigting is ses jaar gelede gestig met die doel om ‘n beduidende aantal leiers te ontwikkel met hoë vlak enterpreneursvaardighede. Die Allan Gray Stigting bied volle beurse aan vir voorgraadse studie met geen kontraktuele verpligtinge na afloop van studie. Jy word uitgenooi en sterk aangemoedig om ‘n inligtingsessie by te woon [...]

Lees meer
michaela

MATIES TALENT – DIE FINALE RONDTE 28 JULIE

MATIE’S TALENT FINALS IS DONDERDAG, 28th Julie, Endler (Konservatorium) 19:00! KAARTJIES BY DIE SR KANTOOR, R20 ELK.  DIE  TOP 11 WAT GAAN OPTREE: -     Hugo Kloppers (Huis Marais) -     Tamsyn Allies (Huis MacDonald) -     Eva du Plessis (Heemstede) -     Ivan Vorster (Helshoogte) -     Jeandré le Roux (Eendrag) -     Nomsa & Ismael (Nerina & Dagbreek) -     [...]

Lees meer
IMG_0045

Bepaalde eienskappe nodig om krisisse te oorleef

Gesinne moet oor spesifieke eienskappe beskik om tydens krisisse staande te bly en weer die harmonie en balans te herstel. Dít was die mening van prof Abraham Greeff van die Department Sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) in sy intreerede Dinsdag (26 Julie) in die Jannaschsaal van die US se Konservatorium. Volgens Greeff bepaal die [...]

Lees meer

Maties Rektor is spreker by loodsing van Gemeenskapsaksie in Swellendam

Die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), prof Russel Botman, is hierdie naweek die spreker by twee geleenthede in Swellendam. Op Vrydagaand (29 Julie) is hy die spreker by ʼn dinee van die Swellendam Beursfonds en Saterdagoggend (30 Julie) is hy die hoofspreker by die loodsing van die Railton/Swellendam Gemeenskapsaksie Vennootskap (RAICAP) in [...]

Lees meer

Teoloë besin oor geslagsgelykheid

Teoloë van twaalf kweekskole uit Sub-Sahara Afrika kom vanaf 1 tot 3 Augustus by die Universiteit Stellenbosch (US) byeen vir ʼn werkswinkel oor geslagsgelykheid. Die werkswinkel, met die tema Understanding the Challenge of Gender Equality Locally, word gesamentlik aangebied deur die Fakulteit Teologie, NetACT (Network for African Congregational Theology) en EFSA (Ecumenical Foundation of South [...]

Lees meer

Voertuigtender Woensdag , die 17de Augustus 2011

Voertuie kan op  WOENSDAG 17de Augustus 2011 vanaf  8h30 by die voertuigpark te Banghoekweg besigtig word.  Tendervorms moet voor 16h00 op 17de Augustus 2011 in verseëlde koeverte, gemerk tender 17 Augustus 2011 by gemelde adres ingelewer word.  Kontak: Lelanie Langford by 021 808 4675   of   Pieter Wever by 021 808 4610

Lees meer
ProfCorrieScheffer

US bring hoëvlak wetenskap na hoërskool leerders

Die Universiteit Stellenbosch bied Donderdag 28 Julie vir die tweede keer sy jaarlikse High Science Meets High School Learners-geleentheid aan. Dié interaktiewe sessie is daarop gemik om leerders te inspireer om ’n loopbaan in navorsing en wetenskap te oorweeg. Prof Cornie Scheffer, ’n biomediese ingenieur, sal die leerders aan die opwindende wêreld van biomediese ingenieurswese [...]

Lees meer
Dr Skweyiya, Hoë Kommissaris van London-s

SA Hoë Kommissaris in Londen besoek Standard Bank Sentrum vir Agribesigheid vir Mentorskap en Leierskapontwikkeling

Die Suid-Afrikaans Hoë Kommisaris in die Verenigde Koninkryk, dr Zola Skweyiya, het verlede week (21 Julie) die  Standard Bank Sentrum vir Agribesigheid vir Mentorskap en Leierskapontwikkeling besoek. Die besoek vloei voort uit ʼn onlangse vennootskap wat gesluit is tussen die Sentrum, die African Fellowship Trust (AFT) en die Royal Agricultural College (RAC) in die VK. [...]

Lees meer

Geseënde Ramadan aan alle Moslem kollegas en studente

Die Rektor en US-bestuur wens alle Moslem kollegas, studente en vriende ’n geseënde Ramadan toe

Lees meer

RBS aanvaar nuwe webregulasies

Webeienaars en –redakteurs word versoek om die nuwe webregulasies wat onlangs deur die Rektor se bestuurspan (RBS) goedgekeur is, te bestudeer. Hierdie webregulasies sal die raamwerk verskaf vir kommunikasie op al die Universiteit Stellenbosch (US) se elektroniese platforms. Dit sal geld totdat ’n amptelike webbeleid geformuleer en teen die einde van 2012 aan die Universiteitsraad [...]

Lees meer
IMG_0004

Genetika verklaar mak diere se gedrag

Die soms eienaardige gedrag en voorkoms van diere wat mak gemaak is, kan aan genetiese veranderinge toegeskryf word. Só meen dr Adam Wilkins van die Universiteit van Cambridge en die Instituut vir Teoretiese Biologie aan die Humboldt universiteit in Berlyn. Wilkins is ook ʼn genoot van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS). Hy was [...]

Lees meer

Endler konsertreeks bied Hobo Uitvoering aan

Die Endler konsertreeks se tweede seisoen word op Sondag 24 Julie met ‘n uitstekende konsert deur die Universiteit van Stellenbosch se strykkwartet geopen. Die reeks word op 30 Julie voortgesit met ‘n hobo en klavieruitvoering deur André van Daalen (hobo), en Albie van Schalkwyk op klavier. Gedurende Andre van Daalen se studies aan die universiteit [...]

Lees meer