Geweld teen vroue ondergrawe geslagsgelykheid
Kerke en kweekskole in Afrika moet meer doen om geweld, veral seksuele geweld, teen vroue op die kontinent te verhinder.
Só het me Lisa le Roux van die Eenheid vir Godsdienstige- en Ontwikkelingsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch (US) Dinsdag (2 Augustus) gesê by ʼn werkswinkel oor geslagsgelykheid wat gesamentlik aangebied word deur die US se se Fakulteit Teologie, NetACT (Network for African Congregational Theology) en EFSA (Ecumenical Foundation of South Africa).
Die driedaagse werkswinkel (1-3 Augustus) vorm deel van die fakulteit se HOOP Projek-inisiatief Fokus op die Bevordering van Menswaardigheid.
Geweld teen vroue word in baie Afrikalande as kultureel-aanvaarbaar beskou, het Le Roux gesê. Baie mans sien die verkragting van vroue as ʼn teken van mag.
“Kerke in Afrika dra soms by tot die stigmatisering van slagoffers van seksuele geweld. Hoewel kerkleiers bewus is van geweld teen vroue, is hulle traag op iets daarteen te doen.”
Sommige kerke se stilswye versterk die heersende kulturele persepsies oor geslag en seksuele geweld teen vroue.
Le Roux het aangevoer pastore moet opgelei word om oor die aangeleentheid te preek en gemeenskapslede se kulturele sieninge uit te daag en te verander. Pastore moet intellektueel toegerus word om seksuele stereotipes af te breek.
Seksuele geweld moet ook deel vorm van onderrig oor geslag omdat hulle bymekaar hoort, meen sy.
Prof Julie Claassens van die Fakulteit Teologie aan die US het gesê gesprekke oor geslag moet ook fokus op die impak van armoede, MIV/Vigs, seksuele teistering en geweld op vroue in Afrika. Vroue word dikwels gemarginaliseer en sukkel om toegang te verkry tot die arbeidsmark en opvoeding.
Die negatiewe ervaringe van vroue in die kerk moet ook aangespreek word. Gesprekke oor geslag kan mans en vroue bevry van hul stereotipes, het Claassens gesê.

August 4, 2011 


Thank you for voicing these issues.
Ms Le Roux is right as she points out the slowness of the Church in Africa to deal with gender violence at all levels. As a serving pastor in well established church, I have come to discover how much cruelty women are facing in homes and public places. However the concept of African cultures acomodating rape is debatable. Rape has been an evil that is always condemned and has serious punishments in almost all cultures in Africa. Sexual violence is commonly evident in Africa in the form of polygamy! The church should actually teach against sexual violence using the decent African principles of marriage and sex.Some churches have already started this!