Auxin seminaar: Help studente beter skryf met woordelyste

Hiermee nooi die Sentrum vir Onderrig en Leer u graag na ’n etensuur-padkossessie as deel van die Auxin-projek. Die Auxin-projek het ten doel om groeigeleenthede vir US dosente te skep.

Spreker:  Mnr. Pumlani Sibula, Hoof: Eenheid vir isiXhosa

 Sukkel u studente om te skryf?

Die insluiting van tweetalige of selfs drietalige woordelyste in u modules kan waardevolle taalondersteuning aan u studente bied. Woordelyste sal hulle die taal van u dissipline help aanleer en gebruik, en hulle só op die lange duur toerus om beter in hul studies te presteer.

Kom neem deel aan ’n bespreking oor die verskillende soorte woordelyste wat u in u onderrig sou kon gebruik, gelei deur die hoof van die Eenheid vir isiXhosa, Pumlani Sibula. U sal die geleentheid hê om vrae te stel oor woordelyste wat op u konteks van toepassing sou wees en moontlike uitdagings in hierdie verband te bespreek.

Wanneer:  Donderdag, 25 Augustus 2011 vanaf 12:30 tot 13:50 (padkos sal voorsien word)

Waar:  Seminaarkamer, “Skuilhoek”, Victoriastraat 41 (direk agter die Konservatorium)

  • Slegs 10 plekke is beskikbaar. Kontak asseblief vir Irma Bester by irma_bester@sun.ac.za of (021) 808 9258 om u plek te bespreek.

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*