USBD waarskuwing: diefstal binne US geboue

Die USBD ondervind tans baie aanmeldings van diefstalle binne akademiese en administrasie geboue op die Stellenbosch kampus. In die meeste insidente vind diefstalle vanuit kantore , lesings en/of rekenaarlokale plaas. Rekenaarbokse (CPU’s) is geteiken waar deure slegs toegemaak is maar nie gesluit is nie.

Maak asseblief ‘n nota van die volgende wenke:

  • Wanneer jy jou kantoor, lesings of rekenaarlokaal verlaat, sluit die deur, al is dit net vir vyf minute. Maak die vensters toe. Vensters met diefwering moet ook toegemaak word, veral op grondvlak.
  • Moenie kantoor, lesings of rekenaarlokaal sleutels in verwagte areas soos bv onder ‘n deurmat wegsteek nie.
  • Vermy dit om waardevolle items naby oop vensters te laat. Verseker ook dat vensters toe is gedurende die nag.
  • Sluit waardevole items, soos ‘n beursie, toe binne ‘n kas.
  • Moenie groot bedrae kontant in jou kantoor  hou nie.

Ken die kontaknommers van USBD, 021 808-2330/2333 (Stellenboschkampus) en 021 938-9507 (Tygerbergkampus), sowel as die SAPD noodnommer, 10111. Rapporteer enige verdagte persone onmiddellik aan USBD met ‘n goeie beskrywing van die persoon.

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*