US help beter gemeenskappe bou
Die Universiteit Stellenbosch (US) se interaksie met gemeenskappe verander mense se lewens en skep hoop op ‘n beter toekoms vir diegene in haglike omstandighede.
Dít was die mening van gemeenskapsvennote, dosente, studente en steundienspersoneellede by die US se simposium oor gemeenskapsinteraksie Donderdag (1 September) by die AF Louw Laerskool, Stellenbosch. Die tema van die simposium was KnowledgeInteractionHope – Critical reflections on the impact of community-university partnerships on lives and livelihoods.
Die simposium is voorafgegaan deur ʼn Gala-aand waartydens verskeie musiek- en dramagroepe die gehoor betower het.
Gemeenskapsinteraksie, as een van die US se kernfunksies, bied hoop waar daar eens wanhoop was, het Van Zyl gesê.
“Die US se visie vir die toekoms is gemeenskappe sonder armoede, waar die menswaardigheid van alle mense beskerm word, waar ons maatskaplike en ekologiese stelsels gesond is, en waar vrede, veiligheid en demokrasie beskerm word.”

Dr Jerome Slamat, Senior Direkteur van Gemeenskapsinteraksie, prof Julian Smith, Visierektor: Gemeenskapsinteraksie en Personeel, prof Arnold van Zyl,Visierektor: Navorsing en waarnemende rektor, mnr Adam de Vries, Hoof van die Senior Sekondêre Skool Kylemore en prof Jan Botha, Senior Direkteur van Institusionele Navorsing en Beplanning (US) by die Gala-aand. (Foto: Anton Jordaan)
Prof Julian Smith, Visierektor: Gemeenskapsinteraksie en Personeel, het gesê die simposium bevestig dat gemeenskapinteraksie van strategiese belang is. Hy het dit as ʼn “viering van gemeenskapsinteraksie” beskryf.
Me Nokwanda Siyengo, projekbestuuder van SciMathus, het vertel hoe dié projek baie studente inspireer om hul drome te verwesenlik.
Mnr Jumien Peceur, ʼn voormalige student van SciMathus, skryf sy verbeterde lewensvaardighede toe aan die kwaliteit opleiding wat hy by SciMathus ontvang het.
Die US se TB-free Kids projek het voedingsprogramme en skoolbywoning by die Laerskool Uitsig verbeter en tuberkulose onder kinders verminder, het mr Hendrik Windvogel, skoolhoof en gemeenskapsvennoot, gesê.
Volgens prof Doria Daniels, ʼn dosent in die Fakulteit Opvoedkunde, verkry studente, deur hul betrokkenheid by Matie Gemeenskapsdiens, ʼn beter begrip van die wereld waarin hulle leef. Dit help ook om stereotipes oor ander mense af te breek.

Me Nokwanda Siyengo, Projekbestuurder van SciMathus, aan die woord by die simposium. (Foto: Anton Jordaan).
Mnr Willem Booysen het vertel hoe Matie Gemeenskapsdiens se program vir Volwasse Onderrig en Opleiding (VOO) hom ʼn tweede kans op ʼn beter lewe gebied.
Dr Jerome Slamat, Senior Direkteur van Gemeenskapsinteraksie, het gesê die US, as ʼn kennisvennoot van gemeenskappe, doen navorsing oor belangrike kwessies in sy eie agterplaas wat wêreldwyd ʼn verskil kan maak.

September 2, 2011 
Prof. Smith, Dr. Slamat, CI-staff and One-Stop Projects and Service Learning-students, must be acknowledged for the efforts made to integrate the learning and experiences of the students within the broader Stellenbosch community.
Dr Jerome Slamat and Professor Julian Smith, Congratulations on your good work towards all communities!THANK YOU FOR BEING PART OF OUR COMMUNITY – KEEP IT UP.