Aardwaarneming (AW) Kortkursus
‘n Kortkursus in aardwaarneming (AW) en afstandwaarneming sal van 17-21 Oktober 2011 by die Sentrum vir Geografiese Analise (Stellenbosch Universiteit) aangebied word.
Dié inleidende kursus teiken AW beginners en voorsien opleiding in die basiese beginsels en tegnieke van AW (bv. beeld aanskaffing, voorverwerking, veldmetodes, gerigte en nie-gerigte klassifikasie, akkuraatheidsbepaling). Na afloop van die kursus sal deelnemers die basiese beginsels van AW verstaan en in staat wees om ‘n verskeidenheid tegnieke deur middel van ENVI sagteware toe te pas.
Vir meer inligting, kliek asb hier of besoek ons webtuiste by http://academic.sun.ac.za/cga/courses/Course.asp?CourseID=21

September 15, 2011 
Geen kommentaar tot op hede nie...