US verras Mitchells Plain leerders met studiebeurse
“Dit het nog nie ingesink nie, maar vir nou is ek opgewonde en bly en ek voel bevoorreg omdat ek hierdie beurs van die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang het en omdat ek deel was van hierdie program.”
Dit was die reaksie van Jason Biel, een van 14 leerders in die Mitchells Plain omgewing wat aan ʼn tutorprogram van die US deelgeneem het en aan wie beurse toegeken is om aan die Universiteit in 2012 te studeer.
Biel, van Oval North Hoërskool, beplan om volgende jaar Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese aan die US te studeer.
Die leerders was verras met die beurse by ‘n spesiale funksie wat Dinsdagaand (27 September) by die Devon Vallei Hotel plaasgevind het. Die beurse beloop R32 000 om hul studiekoste te dek en sluit ook ‘n plek in ‘n koshuis in.
Prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier van die US, het tydens die geleentheid gesê die leerders is vir hom ‘n inspirasie. “My generasie het die gat in die osoonlaag veroorsaak, julle generasie moet dit regmaak,” het hy gesê.
Die Universiteit se Sentrum vir Leierskap en Bestuur in die Onderwys (SELEBOUS) en die Sentrum vir Voornemende Studente (SVS) het kragte saamgesnoer om die tutorprogram vir leerders van nege skole in die Mitchellsplain omgewing aan te bied. “Die idee van hierdie program is om ‘n pyplyn te vestig wat strek vanaf die skool tot binne die universiteit,” het dr Trevor van Louw, medestigter van die program en direkteur van SELEBOUS, by die funksie gesê.
Die program, genaamd Maties on the Plain, word oor 20 Saterdae, van April vanjaar tot Oktober, by die Spine Road Hoërskool aangebied. Die leerders ontvang onderrig in kernvakke soos Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid, Lewens en Fisiese Wetenskappe, Engels en Afrikaans en Rekeningkunde. Die onderrig word aangebied deur opvoeders wat spesiaal deur SELEBOUS gekeur is. Die leerders is vir die program gekies op grond van hul akademiese prestasie in Graad 11 en ʼn belangstelling in kursusse wat deur die US aanbied word.
Die leerders het ook ʼn winterskool by die Stellenbosch kampus bygewoon waar hulle aan die kampuslewe blootgestel is. Leerders wat aan volgende jaar se program gaan deelneem word reeds hierdie jaar gekies.
Volgens dr Van Louw, sit baie van die top akademiese Graad 12-leerders tradisioneel hul studies aan ander instellings van hoër onderwys voort. “Deur die tutorprogram was ons nie net daartoe in staat om te vervul in ʼn groot behoefte in die gemeenskap nie, maar kon ons ook die leerders die geleentheid bied om die US vir hul studies te oorweeg.”
In 2012 word die program ook beskikbaar gestel vir leerders van onder meer Aloe Sekondêr, Beacon Hill Hoër, Cedar Hoër, Glendale Hoër, Lentegeur Hoër, Mondale Hoër, Oval North Hoër, Portland Hoër, Princeton Hoër, Rocklands Hoër, Spine Road Hoër, Tafelsig Hoër and Woodlands Hoër en gaan dit ook uitgebrei word na skole in omgewings soos Lower Crossroads, Khayelitsha en Philippi.

September 28, 2011 


Dumisani Mahlangu on Twitter (@Dumirocks): I can only hope like a Hope_Project that those kids will be supported right through their final year!
I received a similar bursary from Stellenbosch University back in the days when it was still the University of Stellenbosch. That great gift/oppurtunity set me on a path towards a better, brighter and more engaged future. It warms my heart to see that others have been and still are afforded the same opportunity. I am and always will be a proud MATIE.
Good for the community and inspiring to the pupils or learners. KEEP OUR HOPE PROJECT ALIVE!!!! Viva Stellenbosch University
Inspirerend!
Wow Dit maak my immers so bly om nog een van my voormalige skool se studente hier te gaan he !!!
As ‘n Matie alumni en Mitchell’s Plain inwoner maak dit my so trots om te weet dat daar terug geploeg word in die jeug van Mitchells Plain.Daar is soveel potensiaal in Mitchells plain en hierdie geleentheid maak soveel deure oop!
Ek was ook een van die gelukkiges om in my matriekjaar ‘n hulpende hand te kry van die US en dit was die begin van my loopbaan. Wel gedaan US en M/Plain leerders!!!
The management of the US must really be commended for this practical effort to reach out to the disadvantaged students. This is a fantastic initiative for the following reasons:
1. intervention is early and not too late
2. financial aid is critical
3. hostel accommodation is critical
4. good students can be identified early
5. the goodwill towards US in Mitchells Plain will be invaluable.
So well done to US and keep doing the walk instead of only doing the talk.
Bly om te hoor dat daar meer van my landsgenote hiernatoe kom!
Dus regtig gr8 om te hoor dat daar `n projek buite ons kampus plaasvind veral in Mitchells Plain.Baie min leerlinge weet dat daar iets soos beursie en geleenthede is. Go Rocklands High 2012 (:
Knapgedaan US! Hierdie beurse vir leerders uit Mitchell’s Plain – waar ek grootgeword het & baie van my familie woon – is ‘n riem onder die hart vir my. Na ek by Maties geswot het & reeds vir 5-jaar by die Bestuurskool werksamig is, is ek baie opgewonde dat ‘n helpende hand uitgesteek word na my mense. Daar is soveel leerders met hope talent wat smag na sulke geleenthede. Dankie vir almal wat betrokke is en selfs vir die uitbreiding van die projek.
Clayton
Absolutely Lovely.Hopefully with much success this could reach out to High School in other Cape Flat’s areas such as Athlone, Belhar etc.
Die Universiteit sal nooit sy diversiteitsdoelwitte bereik deur net in die Stellenbosch omgewing hoop te bring nie. Dit is ook ons verantwoordelikheid om hoop na gemeenskappe buite die Stellenbosch omgewing te bring. Ons moet verhoudings bou in gemeenskappe wat nie tradisioneel die US sou oorweeg om verder te studeer nie!
“Maties Oppie Plein” is een fantastiese projek! Die Stellenbosch skole is die topvoeder skole van die Universiteit en daar word jaarliks intensief gewerf in die omgewing,bv. Kayamandi het talle projekte waar beide universiteitspersoneel en studente aktief betrokke is met ondersteuning en werwing. Die Stellenbosch skole word bereik dmv skoolbesoeke, fakulteitsuitreike, loopbaanuitstallings, die Opedag, vakkeuse projekte en daar word jaarliks beurse aan leerders in die omgewing toegeken. “Maties Oppie Plein” het die US die geleentheid gebied om verhouding met skole te bou wie nie tradisioneel die Universiteit as eerste keuse sien nie. Kontak my gerus direk vir meer inligting rakende werwingsaksies by bfan@sun.ac.za
Ek het dieselfde vraag, maar ek besef ook dat die samewerking en toewyding van die betrokke skole ‘n deurslaggewende faktor is. Doen ons skole en leerders hier in Stellenbosch net nie genoeg moeite nie? Indien wel, sal ons skoolhoofde, onderwysers én leerders aangespreek moet word. Of doen die US nie meer die moeite om by ons eie skole uit te kom nie?
hoe kom buite stellenbosch wat van ons skole hier by ons