Toegepaste Wiskunde beloon beste studente

Teenwoordig by die Universiteit Stellenbosch se Toegepaste Wiskunde-toekenningsgeleentheid was (van links) Daniek Joubert (beste honneursstudent), Jan Buys (beste derdejaarstudent), Marché Cowling (Cambridge University Press), Erasmus du Toit (beste tweedejaarstudent) en prof André Weideman (hoof van die Afdeling Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch).
Die beste studente in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch is onlangs vir hul akademiese prestasies beloon.
Die toekennings is deur die Afdeling Toegepaste Wiskunde in die Departement Wiskundige Wetenskappe (Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Rekenaarwetenskap) gemaak op grond van studente se 2010-prestasies. Die topstudente het elkeen boekpryse ontvang wat deur Cambridge University Press geborg is.
Daniek Joubert was die beste honneursstudent, met Jan Buys wat aangewys is as die beste derdejaarstudent. Erasmus du Toit was die uitblinker-tweedejaar, terwyl Gerard Louw die beste eerstejaarstudent was.
Andrea von Flotow het ‘n geskenkpak, wat deur L’Oreal Suid-Afrika geborg word, ontvang, as die beste vrouestudent in toegepaste wiskunde op derdejaarsvlak.

September 29, 2011 
Geen kommentaar tot op hede nie...