Argief | October, 2011

Biochemie Forum: MSc verdediging

Kandidaat:  Olona Gqwaka (MSc student van Prof Jannie Hofmeyr) Titel:  A generic rate equation for catalysed, template-directed polymerisation and its use in computational systems biology Datum:  Donderdag, 3 November 2011 Tyd:  13:00 Plek:  Biochemie Seminaarkamer A111, JC Smutsgebou, Stellenbosch Navrae:  Prof Johann Rohwer, Tel:  021 8085843, E-pos: jr@sun.ac.za.

Lees meer
Fugard

Fugard deel geheime van skryfkuns met US studente

Die bekroonde dramaturg Athol Fugard “skuil” al ’n paar maande in Stellenbosch, maar het Vrydag (28 Oktober) uit sy “skuilplek” gekom om verhale uit sy grootwordjare, sy liefde vir skryf en sy passie vir die teater met ’n groep Stellenbosse studente in die Neelsie-fliekteaters te deel. Fugard, ‘n Oos-Kaapse boorling wat deesdae in Amerika woon en [...]

Lees meer
Elnari Potgieter

Student ontvang Mandela Rhodes-beurs en Rektorstoekenning

Elnari Potgieter (22), ’n honneursstudent in die Departement Politieke Wetenskap, het die afgelope twee weke sommer baie om oor te glimlag. Sy het ’n week terug die goeie nuus ontvang dat sy een van 23 studente in Afrika is om ’n Mandela Rhodes-beurs vir 2012 te ontvang. Elnari is een van drie studente aan die [...]

Lees meer
IMG_1810

Faan se driekuns help Maties wen

Openingsbouler Faan Fourie het Saterdag vir Maties verwoesting gesaai toe hy ses paaltjies – waaronder ‘n driekuns – geneem het in hul wedstryd teen die Wellington-CPUT Krieketklub. Met sy syfers van 6 paaltjies vir 24 lopies in tien beurte, het Fourie gehelp om Wellington se kolfaanval vinnig-vinnig kleedkamers toe te stuur vir slegs 72 lopies. [...]

Lees meer
SOTL 2011

Nuwe inspirasie vir onderrig aan die US

Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) het op 25 en 26 Oktober 2011 die jaarlikse Lente Onderrigakademie aangebied. ’n Reeks werkswinkels oor professionele onderrig is oor die twee dae in die Kamer van Mynwese-gebou en Humarga deur SOL-fasiliteerders en US-dosente gelei. Die werkswinkels het van twee ure tot ’n volle dag geduur. Die 2011 [...]

Lees meer
VU Amsterdam Rektor-s

Universiteit Stellenbosch en VU Universiteit Amsterdam onderteken gesamentlike PhD-ooreenkoms

Die Universiteit Stellenbosch (US) en die VU Universiteit Amsterdam (VUA) het op 24 Oktober ‘n gesamentlike PhD-ooreenkoms onderteken; ‘n stap wat verseker dat beide instansies hul verbintenis tot navorsingsuitnemendheid versterk. Die samewerking tussen die US en die VUA, wat vir langer as ‘n dekade in wese is, was hoofsaaklik op fakulteitsvlak: die ondertekening van ‘n [...]

Lees meer
Picture7

Te veel verkeer blus suikerbekkies se eetlus

Gedink dis net mense wat nie daarvan hou om langs besige, raserige deurpaaie te woon en te werk nie? Nee wat, oranjeborssuikerbekkies voel ook so. Dit blyk uit navorsing deur dr Sjirk Geerts en dr Anton Pauw van die Universiteit Stellenbosch (US), wat onlangs in die ekologiese vaktydskrif Austral Ecology verskyn het. Hulle het vasgestel [...]

Lees meer

SA studente entoesiasties om eie ondernemings te begin

Suid-Afrikaanse studente wil graag eie besighede begin, maar benodig ondersteuning van hul onderskeie universiteite om in dié doel te slaag. Só lui ʼn verslag wat spruit uit ʼn 2011 nasionale opname om Suid-Afrikaanse studente se voorneme om ondernemings te begin en hul optrede in dié verband te meet. Die verslag, wat deel vorm van die [...]

Lees meer
Schools 031

Volgehoue ondersteuning transformeer onderpresterende skole

Met die regte soort ondersteuning op ʼn gereelde basis kan onderspresterende skole hulself regruk en beduidende veranderinge teweegbring. Só het mnr David Langhan, navorsingsdirekteur van Maskew Millar Longman Education Trust, Woensdag (26 Oktober) tydens die vyfde gespreksessie van die Universiteit Stellenbosch (US) se Skolevennootskapprojek gesê. Die reeks van ses gespreksessies kyk na hoe samewerking tussen [...]

Lees meer
SLIP 4 Nov

Inzync poësie-sessies

Die maandelikse Inzync poësie-sessie vind op 4 November plaas, by Amazink Eatery in Kayamandi, vanaf 19:00. Ons gaskunstenaars vir die aand is die wenners van ons 2011 Inzync Slam: JC (a.k.a dis), Mambesi Goje, Rimestein, en Ntshediseng Tlooko. Daar sal na die tyd ’n “open mic”-geleentheid wees vir diegene met genoeg durf om die mikrofoon te [...]

Lees meer
P1190464

Kom hou partytjie in die binnehof

Soek julle vir ‘n plek om julle jaareindfunksie te hou? Kontak gerus vir Oleander Oakes by tel: 021 808 3691 of 078 754 6101. Adres: Universiteitsmuseum / Sasol Kunsmuseum te Ryneveldstraat 52, Stellenbosch.  

Lees meer

Navorsingsetiek: Afdeling Navorsingsontwikkeling bied werkswinkel aan

Die Afdeling Navorsingsontwikkeling bied aan ‘n werkswinkel oor Navorsingsetiek in Sosiale Wetenskappe: Implementering van die Nuwe Standaard Operasionele Prosedure (SOP) vanaf 2012. Die voldag werkswinkel vind plaas op 21 November 2011 by die Wallenberg Navorsingssentum, STIAS vanaf 08:30 tot 16:30. Alle navorsers, dekane, vise-dekane, studieleiers, en departementele voorsitters in the Humaniora word hartlik uitgenooi om [...]

Lees meer
oihc-emblem

MIV-kantoor stel nuwe sosiale mediablad bekend

Die Universiteit Stellenbosch se MIV-kantoor (Institusionele MIV-kantoor) wil ʼn maatskaplike beweging onder ons studente en personeel skep, waar daar gepraat en gedink kan word oor seksuele gesondheid, seksualiteit, gender, diversiteit, kwesbaarheid en leierskap. Maties word gevra om vir ons op die nuwe Facebookblad (http://www.facebook.com/MatieSUrpass) te kom kuier. ‘Like’ hierdie blad, deel dit met jou vriende [...]

Lees meer

Tutoriaalfasiliteerders benodig vir Professionele Kommunikasie in 2012

Die Taalsentrum benodig nagraadse studente in taalverwante rigtings (Afrikaans en Nederlands, Engels, Taalwetenskap, Vertaling) as tutoriaalfasiliteerders vir die aanbieding van die eerstejaar-ingenieurswese-module Professionele Kommunikasie in die eerste semester van 2012. Opgeleide Skryflab-konsultante (van enige studierigting) kan ook aansoek doen. Pligte en verantwoordelikhede behels oa fasilitering tydens tutoriaalperiodes (Maandagmiddae van 14:00 – 17:00); bywoning van ‘n [...]

Lees meer
TerryRobinson2

US dierkundige help met omvattende stamboom vir soogdiere

ʼn Evolusie genetikus van die Universiteit Stellenbosch (US) het sy kennis van Afrika se oudste soogdiere tot ʼn internasionale studie bygedra waarin die mees omvattende stamboom vir soogdiere tot dusver saamgestel is. Dié studie, wat toon presies hoeveel soogdierfamilies in werklikheid aan mekaar verwant is, is in die toonaangewende vaktydskrif Science gepubliseer. Prof Terry Robinson [...]

Lees meer