Beveilig jou persoonlike eiendom

Studente en personeel word herinner om nie waardevolle items sonder toesig te laat nie, veral in publieke areas. Hou ‘n rekord van reeksnommers en beskrywings van waardevolle items.

Die USBD het die afgelope week aanmeldings van diefstalle ondervind waar nalatige gedrag in meeste gevalle tot die diefstal gelei het.

Studente en personeel word weereens gemaan om kamer- en kantoordeure te sluit  wanneer hulle dit verlaat, al is dit net vir vyf minute.

Ken die kontaknommers van USBD, 021 808-2333/2330 (Stellenboschkampus) en 021 938-9507 (Tygerbergkampus), sowel as die SAPD noodnommer, 10111. Rapporteer enige verdagte persone op kampus onmiddellik aan USBD met ‘n goeie beskrywing van die persoon.

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*