Argief | November, 2011
IMG_6815

Kundiges lê basis vir SIGLA se werksaamhede

Kundiges op die gebied van sekuritet, politiek, menseregte en krygskunde het die basis gelê vir die toekomstige werksaamhede van die Universiteit Stellenbosch (US) se Sekerheidsinstituut vir Staatsbestuur en Leierskap in Afrika (SIGLA@Stellenbosch) by sy eerste openbare geleentheid, die Kollokwium oor Vrede, Sekuriteit en Staatsbestuur wat vandag (30 November) gehou is. SIGLA streef daarna om ‘n [...]

Lees meer

Kommunikasie uit die Raad

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het by sy vergadering van 28 November 2011 die volgende sake hanteer:  1.    Samestelling van die Raad Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding het ‘n versoek aan die US gerig waarin hy vra vir die maksimum ministeriële aanwysings in die Raad waarop hy geregtig is. Daarmee wil [...]

Lees meer
Gradex foto 1

Gradex’11 FOLD-uitstalling verken tussenruimtes waar nuwe betekenis tot stand kom

Die Visuele Kunste-klas van 2011 het die jaarlikse Gradex-uitstalling op Vrydag 25 November 2011 afgeskop met ’n onthaal waar die kunstenaar en voormalige Matie Francis Burger as gasspreker opgetree en die musiekgroep The Cat and the Jackal gaste vermaak het. Vanjaar se tema vir dié groepuitstalling, wat die werk insluit van Ateljeepraktyk-studente in Skone Kunste, Skeppende [...]

Lees meer

Afdeling Finansies se jaareindfunksie op 9 Desember

Die Afdeling: Finansies se personeel sal op Vrydag, 09 Desember 2011 hulle Jaareindfunksie bywoon. Personeel sal dus vanaf 12:00 nie beskikbaar wees nie.  Bystandpersoneel sal egter vir noodgevalle en dringende versoeke beskikbaar wees. Vir noodgevalle en dringende versoeke kan die nommers geskakel word: Finansiële Dienste & Krediteure : 021 808 4200 Dringende Aankoperekwisiese:  021 808 [...]

Lees meer

SUSPI jeug somersport kamp

Inskywings is nou oop vir die SUSPI jeug somersport kamp.  Basiese inligting:  Datums: 12-14 Desember 2011 Tye: 08h00 – 14h30 daagliks Ouderdomsgroepe: 5-12 jaar Koste: R360 per kind (insluitende kamp t-hemp)  (10% familie afslag van toepassing) Aktiwiteite: Verskeie sportverwante aktiwiteite  Webinskrywings: www.suspico.za/summersport Kontak: Marshia Meniers – 021 808 4731 / mmeniers@sun.ac.za

Lees meer

Biochemie Jaareindfunksie: 2 Desember

Die Departement Biochemie sal eerskomende Vrydag, 2 Desember 2011 vanaf 11:00 vir die res van die dag gesluit wees.

Lees meer

Kom ons maak harte bly hierdie feesseisoen

Wil jy graag ‘n helpende hand uitreik hierdie feesseisoen? Die Universiteit Stellenbosch (US) se Werknemers-vrywilligersprogram, wat vroeër vanjaar afgeskop het met Mandela-dag aktiwiteite, bied aan personeel die geleentheid om Stellenbosch Hospice te help om Kerspakkies aan 430 kinders en 800 Kerskospakkies aan pasiënte te skenk. Die doel van die US se Werknemer-vrywilligersprogram is om ‘n [...]

Lees meer
Lecordeur

US dosent aangewys as nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad

Dr Michael le Cordeur is die nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR) – ‘n sambreelorganisasie wat meer as 40 organisasies en 400 000 mense verteenwoordig. Hy neem oor by prof Wannie Carstens (‘n lid van die US-Raad en eerste voorsitter sedert die ATR se stigting in 2008). Hy doseer tans Afrikaans in die Fakulteit Opvoedkunde [...]

Lees meer

Doktorale studente deel navorsing met publiek

Biologiese plaagdoders, voetganger-verkeersknope, maniere om skoner drinkwater te verkry, die volhoubaarheid van die omgewing, die verwantskap tussen skisofrenie en die gebruik van TIK, die risiko’s  van voorbehoed-inspuitings, en die verband tussen vetsug en hartsiektes. Dit is enkele van die interessante onderwerpe waaroor 25 doktorale studente van agt fakulteite aan die Universiteit Stellenbosch (US) kort aanbiedings [...]

Lees meer
APC_pic

Akademiese Beplanningskomitee groet staatmakers

Twee senior akademici, prof David Butler en prof Doug Rawlings wat onderskeidelik 12 en 10 jaar lank op die Akademiese Beplanningskomitee (ABK) gedien het, tree af. In hul onderskeie termyne het prof Rawlings 66 ABK vergaderings bygewoon en prof Butler 56. Die ABK is ‘n staande komitee van die Senaat wat adviseer oor sake van strategiese [...]

Lees meer

Nadoktorale navorsingsgenootskap

Omvang van navorsing: Om die uitbreiding van arbeidsregte aan werkers in die informele sektor te ondersoek Vereiste: LLD of gelykwaardige kwalifikasie (moes binne die afgelope vyf jaar gegradueer het) Datum van diensaanvaarding: 1 Januarie 2012 of so gou as moontlik daarna Sluitingsdatum: 9 Desember 2011 Navrae: Prof O C Dupper, Regsfakulteit, Universiteit Stellenbosch (ocd@sun.ac.za) Stuur ’n [...]

Lees meer

Postdoktorale Navorsingsgenootskap: Tersiêre Chemie Onderrig

Omvang van Navorsing: Daar sal van die suksesvolle aansoeker verwag word om navorsing te doen in tersiêre chemie onderrig met die fokus op die ontwikkeling en aanwending van tegnologie  om die onderrig effektiwiteit van eerstejaars chemie binne sowel as buite die klaskamer te verbeter.  Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om sy/haar navorsing [...]

Lees meer

Afrika Doktorale Akademie ontvang $1 miljoen van Carnegie-korporasie

Die Afrika Doktorale Akademie (ADA) het onlangs ‘n toekenning van $1 miljoen van die Carnegie-korporasie ontvang, wat dit nou moontlik sal maak om tutoriale en verlaagde fooie aan doktorale studente te bied wat kursusse wil bywoon. ’n Gedeelte van die toekenning word opsy gesit vir 15 beurse aan PhD-kandidate van die universiteite van Makerere en Ghana [...]

Lees meer

Jaareindfunksie: Kampusgesondheidsdiens

Kampusgesondheidsdiens sal op 2 Desember om 12:00 sluit vir hul jaareindfunksie. Die deure sal weer op Maandag, 5 Desember om 08:00 open.

Lees meer

SURMEPI beurse beskikbaar

SURMEPI bied beurse aan vir M- en PhD-studente wat met navorsing in ‘n plattelandse- of ondervoorsiende omgewing betrokke is. Navorsing wat fokus op gesondheidsorg in plattelandse- of ondervoorsiende omgewings word ook hierby ingesluit. Kriteria vir oorweging sluit in: Meestersgraad-: Reeds aanvaar vir toelating tot ‘n Meestersprogram PhD-: Indien studente nie reeds vir ‘n PhD geregistreer is [...]

Lees meer