Nuwe alumni webtuiste is hier!
Die webtuiste vir alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) spog met ʼn nuwe voorkoms en adres.
By alumni.sun.ac.za (sonder die gebruiklike www) word alumni begroet met ʼn moderne, gebruikersvriendelike webtuiste met inligting oor komende alumni-geleenthede, ʼn funksionaliteit waar hulle hul studierekords kan bekom en ook Matieland, die alumni-tydskrif en Alumnus (ʼn nuusbrief vir donateurs van die Universiteit) aanlyn kan lees.
Me Liezl Scholtz, Kommunikasiebeampte: Alumni-verhoudinge, sê die nuwe webtuiste is volgens die behoeftes van alumni gebou. “Ons wil alumni aanmoedig om kontak met hul intellektuele tuiste te behou – ongeag waar hulle hulself in die wêreld bevind. Die webtuiste dien as ʼn skakel met die Universiteit waar hulle op hoogte van gebeure asook die nuutste navorsing van die Universiteit kan bly. “
Alumni kan ook in kontak bly met hul alma mater via die skakels na sosiale media by Facebook, twitter (@SU_Alumni), flickr, YouTube, LinkedIn of Xing, op die webblad.

December 21, 2011 
Skuus, ek het n adres vergeet
(Soek Anelien le Roux)
Chris
zs4cgr@gmail.com
As een van die Dr’s
Inhaled and oral salbutamol: How effective in the prophylaxis of asthma?
Le Roux A.M. Kotze D. Wium C.A. Van Jaarsveld P.P. Joubert J.R. (1991)
Kontak het met Anelien, sal ek bly wees om van jou te hoor.
Groete
SAL GRAAG WIL REGISTREER OM OU STUDENTE-VRIENDE TE PROBEER OPSPOOR.
hET B Econ STUDEER VOLTYDS 1971-1973 EN DEELTYDS IN BELLVILLE 1974-1975. GRAAD GEKRY 5 MAART 1976