Argief | January, 2012

US-werknemer Vrywilligersprogram 2012

Is dit dalk tyd om jou gemaksone te verlaat? Wat van vrywilligerswerk in jou vrye tyd? Wel, hier is die perfekte geleentheid.  Die KANSA Shavathon Die KANSA Shavathon is dié prettigste manier om te werk!!! Bied net ʼn uur of twee van jou tyd aan om op Saterdag, 3 Maart 2012 ʼn paar honderd koppe te [...]

Lees meer

Teologiese dag: Geloof tussen godsdiens en kultuur

Die akademiese jaar van die Fakulteit Teologie, word op Maandag, 6 Februarie 2012 ingelei met die Teologiese Dag wat plaasvind van 09:00 – 13:00 in die Hofmeyrsaal, Kerkstraat, Stellenbosch (skuins oorkant D’Ouwe Werf Hotel). Vanjaar se tema is Geloof tussen godsdiens en kultuur. Die sprekers is Antjie Krog, Nico Koopman, Jeremy Punt en Amanda du [...]

Lees meer

PhD mondelinge eksamen

Die mondelinge eksamen van PhD- kandidaat Me Heidi Raubenheimer met die proefskrif onderwerp: Bestuur van portefeulje bestuurders: die impak van mark konsentrasie, deursnee-opbrengs verspreiding en beperkinge op kortverkope vind plaas op Woensdag, 8 Februarie 2012 om 14:00 in die Raadsaal (USB Hoofgebou- Bellvilleparkkampus). Alle belangstellendes welkom. Kontak Marietjie van Zyl mvz@belpark.sun.ac.za / 021-918 4205 indien [...]

Lees meer

Gratis werkswinkel

Universiteit Stellenbosch Taalsentrum 16 en 17 Februarie 2012 Op 16 en 17 Februarie 2012, bied ons die gewilde werkswinkelreeks Effektiewe notules vir geslaagde vergaderings: ʼn Tweedagreeks aan. Deelnemers het die opsie om net Dag 1 of Dag 2 by te woon. Dag 1:  Prosedures vir vergaderings en notules In hierdie werkswinkel sal jy op ‘n [...]

Lees meer
Rose_Richards

Internasionale lof vir baanbrekerswerk van PhD-gegradueerde in Sielkunde

Die doktorale proefskrif van ‘n PhD-gegradueerde in die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Sielkunde is onlangs as een van tien aangewys wat in 2011 eervolle vermelding van die Internasionale Instituut vir Kwalitatiewe Metodologie (IIQM) ontvang het. Menige akademikus van oor die hele wêreld stuur jaarliks hul proefskrifte na die Instituut, wat vanaf die Universiteit van [...]

Lees meer
402065_263275423741517_223647557704304_652513_246747765_n

Nuweling Maties beleef MAL tyd op kampus

Eerstejaarstudente aan die Universiteit Stellenbosch (US) beleef hierdie week ‘n MAL tyd op kampus. As deel van die Verwelkomingsprogram, neem nuwelingstudente vir die heel eerste keer deel MAD² (Making A Decision 2 Make A Difference), oftewel MAL² (Maak Ander Lewens Makliker viA Liefdadigheid). MAL² is ʼn studente-gedrewe fondsinsamelingspoging wat direk geskakel is met die Studenteraad [...]

Lees meer
IMG_5091

Eerstejaars stel nuwe wêreldrekord op

1500 menslike dominoes, aërobiese rekspronge en dans op die maat van Dancing Queen van Abba, rondspartel soos visse op droë grond en lepellê. Dit was van die interessante items waarmee eerstejaarstudente van die Universiteit Stellenbosch (US) se Validus-kluster meen hulle het ʼn nuwe wêreldrekord opgestel vir die grootste groep mense wat dié items gelyktydig binne [...]

Lees meer

‘The effect of ultraviolet-C treatment on the biochemical composition of beer’

Biochemie  Forum:  PhD verdediging Kandidaat:  Antione Mfa Mezu Titel: “The effect of ultraviolet-C treatment on the biochemical composition of beer” Promoter:  Prof Pieter Swart Datum:  Donderdag, 2 Februarie 2012 Tyd: 14:00 Plek:  Biochemie Seminaarkamer, JC Smutsgebou, Stellenbosch Navrae: Prof Amanda Swart, Tel: 021 8085864, E-pos: acswar@sun.ac.za.

Lees meer
SKILL logo

Verbreed jou horison deur die SKILL program in Nederland

Suid-Afrikaanse Meesters studente word uitgenooi om aansoek te doen vir die SKILL programme wat in April, Mei en Junie 2012 sal plaasvind. Aansoeke moet ingedien word voor 6 Februarie 2012. Ervaar studentelewe in Nederland terwyl jy akademiese vaardighede ontwikkel. Die kursusse, wat vir tot drie maande gedoen kan word by ‘n Nederlandse universiteit, is in [...]

Lees meer

Beroerte rehabilitasie navorsing

Ken u iemand wat ‘n beroerte gehad het, of het u self ‘n beroerte gehad? Die Departement Sportwetenskap nooi vrywilligers uit om aan ‘n studie deel te neem oor die invloed van oefening op die funksionele kapasiteit en kognitiewe funksie van persone wie ‘n beroerte gehad het. Deur aan die studie deel te neem sal [...]

Lees meer
DINKLEES1-s

Dinklees-program bied hupstoot vir Afrikaans as wetenskapstaal

‘n Groot hupstoot vir Afrikaans as wetenskapstaal. Dit is die algemene gevoel na die bekendstelling van Dinklees met ʼn plan: ʼn kursus in gevorderde taalvaardighede. Dié program, wat verlede week deur die Taalsentrum van die Universiteit Stellenbosch (US) amptelik bekendgestel is, help studente maar ook ander gebruikers van Afrikaans om met groter begrip te lees. [...]

Lees meer

PhD mondelinge eksamen

Die mondelinge eksamen van PhD kandidaat CG Jacobs met die proefskrifonderwerp Vragrangskikkings ter voorkoming van asmassalasgrens-oorskryding deur padvragkarweiers in Suid-Afrika vind plaas op Vrydag, 10 Februarie 2012 om 14:00 in lokaal 715, CGW Schumanngebou.  Alle belangstellendes welkom.  Kontak Marie Malherbe mm4@sun.ac.za / 021-808 2225 indien u hierdie geleentheid wil bywoon.

Lees meer

PhD mondelinge eksamen

The mondelinge eksamen van PhD kandidaat AI Jansen met die onderwerp Aspects of the Economics of Water Management in Urban Settlements in South Africa, with a focus on Cape vind plaas op Maandag, 13 Februarie 2012 om 10:00 in lokaal 715, CGW Schumanngebou.  Alle belangstellendes welkom.  Kontak Marie Malherbe by mm4@sun.ac.za of 021-808 2225 as [...]

Lees meer
Gap Year

Gebruik gapingsjaar om entrepreneur te word

Die idee van ‘n gapingsjaar, tipies om los werk in Londen, Europa of elders te doen, het veral onder skoolverlaters posgevat omdat baie nog onseker is oor wat hulle in die lewe wil doen en bereik.  Selfs ná só ‘n gapingsjaar weet baie nog steeds nie eintlik wat hul wil doen nie.  Die rede hiervoor [...]

Lees meer
internas1

US verwelkom internasionale studente

“Julle is by ‘n goeie universiteit met ‘n diverse studentegemeenskap. Benut die akademiese, sosiale en kulturele geleenthede.” Met hierdie woorde het mnr Robert Kotzé, Senior Direkteur van die Nagraadse en Internasionale kantoor aan die Universiteit Stellenbosch (US), Woensdag, 25 Januarie, ʼn nuwe groep internasionale studente by die US verwelkom. Kotzé het hulle vertel hoe die [...]

Lees meer