US gereed om eerstejaars te verwelkom

Die nuwe akademiese jaar is met ons en die Universiteit Stellenbosch (US) is gereed om al die nuwelinge eerstejaars op eg Matie-manier te verwelkom.

Die US se amptelike verwelkomingsprogram vir nuwelingstudente skop af op Donderdag, 26 Januarie 2012 met ’n massabyeenkoms vir eerstejaars en hul ouers in die Danie Craven-stadion op Coetzenburg. Die verwelkomingsweek kom Saterdag, 4 Februarie tot ‘n einde, waarna akademiese klasse op Maandag, 6 Februarie 2012 begin.

Met hul aankoms sal alle eerstejaarstudente ’n spesiale uitgawe van die studentekoerant, Die Matie, in hul onderskeie koshuise en by die Privaatstudenteorganisasie-(PSO-)byeenkomste ontvang. Die VerwelkomingsMatie bevat inligting oor registrasie en die verwelkomingprogram.

Alle eerstejaarstudente wat suksesvol aansoek gedoen het, sou ook reeds die Universiteit se gedrukte Verwelkomingsboekie ontvang het met volledige inligting oor die Verwelkomingsprogram. Die boekie bevat onder meer ’n kampuskaart en inligting oor veilige roetes op kampus snags, die pendeldiens, veiligheidswenke, noodnommers, immunisasieprogramme, studenteverenigings, sportgeleenthede, gesondheidsdienste op kampus en inligting vir studente met gestremdhede.

Dit is baie belangrik dat nuwe Maties en hul ouers die verwelkomingsweek bywoon.

Die US se Studentedekaan, dr Llewellyn MacMaster, sê: “Ek hoop julle brand al van opwinding om deel te word van die Matiegemeenskap hier by die Universiteit Stellenbosch. Ons het alles wat nodig is gereed gekry om jou op eg Matie-manier te verwelkom en jou akademiese reis so vlot moontlik te laat afskop.”

4 Reaksies op “US gereed om eerstejaars te verwelkom”

  1. uuummm i love this place man

  2. Let’s du this been waitn 2 long……2012 bby

  3. I am a first year but already feel like I will be at home away from home! Really SU is the best, every one that I met last year including the ambasssadors were very welcoming and informative. I am counting the days!!!

  4. Am a postgraduate student who will be joining SU this month. I obtained a Bachelor degree in East Africa. However, I would to say that SU is very unique. I have the welcoming book but I already feel welcome before arrival. I exactly know when and what to do. Bravo, SU. You are great. Here I come.

Lewer kommentaar