Verbreed jou horison deur die SKILL program in Nederland
Suid-Afrikaanse Meesters studente word uitgenooi om aansoek te doen vir die SKILL programme wat in April, Mei en Junie 2012 sal plaasvind. Aansoeke moet ingedien word voor 6 Februarie 2012.
Ervaar studentelewe in Nederland terwyl jy akademiese vaardighede ontwikkel. Die kursusse, wat vir tot drie maande gedoen kan word by ‘n Nederlandse universiteit, is in die velde van Water en Water Bestuur, Landbou, Ekonomie, en Vervoer en Logistiek.
Die vennoot universiteite is: Wageningen Universiteit en Navorsingsentrum, Delft Universiteit van Tegnologie, Maastricht Universiteit en die VU Universiteit Amsterdam. Vir spesifieke kursusinligting, besoek hierdie webtuiste.
Die SKILL beurs dek die volgende: vlugkaartjie, akkommodasie, visum, versekering, ‘n basiese toelaag en onderriggelde. Meer inligting oor die SKILL program kan verkry word op hierdie webtuiste. Om nou aansoek te doen, kliek hier.
- Vir meer inligting kontak me Huba Boshoff (huba@sun.ac.za) / 021 808 2606 by die US se Nagraadse en Internasionale Kantoor.

January 30, 2012 
Geen kommentaar tot op hede nie...