Argief | February, 2012
Selfportret van Paul Emsley, swartkryt en potloof tekening (60 x 51 cm)

Groen US Woordfees tel die ure af

Die Universiteit Stellenbosch (US) Woordfees, met sy 2012-tema, “Groen”, skop Vrydag af en te oordeel aan kaartjieverkope, gaan dit grootste én natuurlik groenste fees nog wees. Daar is reeds meer kaartjies vooraf verkoop as wat by die 2011 fees as geheel verkoop is. Heelparty aanbiedings is reeds dae gelede uitverkoop met kaartjies wat nog net [...]

Lees meer

Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie hou seminaar

Spreker: Prof Rob Pattman, Professor in Sosiologie, Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie, Universiteit Stellenbosch Titel: ‘Exploring Gender and Race through Collective Memory Work’ Datum: Donderdag, 01 Maart 2012 Tyd: 13:00-14:30 Plek: 4de Vloer, Lettere en Sosiale Wetenskappe gebou, Lokaal 403 Kontakpersoon: Elizabeth Hector, ehector@sun.ac.za of (021 808- 9286).

Lees meer
Matie_bus_sides

Gedaan gesoek na parkering?

Daar is ‘n alternatief! Parkeer veilig by Coetzenburg of Lentelus. Ry rustig van daar tot op die kampus met een van die Universiteit Stellenbosch se spesiale pendelbussies. Tydens die loodsprojek ry die bussies weeksdae tussen 07:30 en 17:00 tussen die Coetzenburg-parkeerarea en die Konservatorium en tussen die Lentelus-parkeerarea en Joubertstraat. Vir meer inligting: http://www0.sun.ac.za/sustainability/pages/afrikaans/gedaan-gesoek-na-parkering.php.

Lees meer

Internasionaal aangeskrewe professor ondersoek doeltreffende MIV/Vigs-gemeenskapsmobilisasie

Titel van seminaar: Die skep van kontekste vir doeltreffende gemeenskapsmobilisasie: Vergelykende gevallestudies uit KwaZulu-Natal en Wes-Kenia Kort beskrywing: Prof Catherine Campbell van die Londense Skool vir Ekonomie sal op 6 Maart tussen 13:00 en 14:00 ’n praatjie oor “Die skep van kontekste vir doeltreffende gemeenskapsmobilisasie: Vergelykende gevallestudies uit KwaZulu-Natal en Wes-Kenia” by die Departement Sielkunde [...]

Lees meer

Menslike Hulpbronne bied program aan vir akademiese personeel

Menslike Hulpbronne bied 08 en 27 Maart 2012 (Kursus 1) – 20 en 28 Maart 2012 (Kursus 2) ‘n program vir  US akademiese personeel  aan: “Wellness: From Conceptualization to Operationalization”.  Daar is nog ‘n aantal plekke beskikbaar. Raadpleeg gerus die ingeslote dokument vir meer inligting oor die program sowel as oor hoe om in te skryf. [...]

Lees meer
IMG_8864

Maties kondig groot fietsry-projek aan

Die Universiteit Stellenbosch (US) laat op 15 Maart, wanneer die instelling ook Volhoubaarheidsdag vier, ʼn groot fietsry-projek van stapel loop. Altesaam 400 spesiale pendelfietse wat uit Nederland ingevoer is, is vir dié doel bekom. Personeel en studente kan die fietse teen R1 000 per jaar huur, waarvan R600 terugbetaal word as die fiets in ʼn goeie [...]

Lees meer
IMG00131-20120228-0930

Só lyk nuwe mobiliteitsplan, sê rektor

Die Stellenbosch-kampus ʼn woonerf, nuwe denke oor parkering, die verligting van die behuisingsnood, ʼn kampuswye fietsprojek én ʼn pendeldiens. Dít is alles aspekte van die Kampusmeesterplan wat prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, vanmiddag (Maandag 27 Februarie) aan personeel van die Universiteit Stellenbosch (US) bekendgestel het. Die tema van sy aanbieding was ’n Nuwe Era: [...]

Lees meer

Women in Leadership Course: Aansoeke oop

Die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling nooi hiermee damestudente uit om aansoek te doen vir die akkrediteerde Women in Leadership Kortkursus. Die doel van die kursus is om vrouestudente bloot te stel aan leierskapsbeginsels en hulle te bemagtig met vaardighede wat hulle kan toepas waar hulle hulself in die toekoms mag bevind. Die [...]

Lees meer
orange_disa_f_2

Soveel streke, soveel kleure vir die bergnooientjie en monnikskappie – navorsing

Die bergnooientjie-skoenlapper se wispelturigheid om in een streek oranje blomme en in ’n ander streek rooi blomme as voedselbron te verkies, het die monnikskappie-disa in ’n wafferse verkleurmannetjie laat verander – alles om die ikoniese fynbosvlinder om die bos te lei om dié blomsoort te besoek. Op die Kaapse Skiereiland, aan die westekant van hul verspreidingsgebied, verkies [...]

Lees meer

Nog plekke beskikbaar vir Money Sense werkswinkel

Menslike Hulpbronne bied van 14 tot 15 Maart 2012  ’n program vir  US-personeel op posvlakke 13-17 aan: “Money Sense”.  Daar is nog ‘n aantal plekke beskikbaar. Raadpleeg gerus die ingeslote dokument vir meer inligting oor die program sowel as oor hoe om in te skryf.  Inskrywings sluit op 5 Maart 2012.

Lees meer

US se dr Stella Viljoen praat by Stellenbosch Kunsvereniging

U word vriendelik uitgenooi na die Stellenbosch Kunsvereniging se volgende kunspraatjie. Spreker:  Stella Viljoen Titel: “Art is as art does” Datum: Woensdag, 29 Februarie Tyd: 17:30 Plek: Sasol Kunsmuseum Gratis vir lede en R30 vir gaste Hierdie is iets waarvan baie van ons altyd wou weet, maar te skaam was om te vra.  Uiteindelik bespreek [...]

Lees meer
M v Tukkies13s

Maties nou bo-aan Varsity Cup punteleer

Die FNB Maties is nou welverdiend bo-aan die punteleer van die FNB Varsity Cup, aangebied deur Steinhoff International, nadat hulle gisteraand in ʼn klipharde wedstryd die FNB Tuks van die Universiteit van Pretoria naelskraap met 23-22 geklop het. In ʼn wedstryd wat in veral die eerste helfte soms bietjie doelloos voorgekom het met ʼn geskoppery [...]

Lees meer
Russell

Voormalige Maties help SA-vrouehokkiespan met Olimpiese kwalifikasie

Op Saterdag, 25 Februarie, het die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan met ‘n 3-1 oorwinning oor Indië in ‘n Olimpiese kwalifiserende toernooi hul plek na die 2012 Olimpiese Spele in Londen bespreek. Sewe voormalige Matiespelers was deel van die spelergroep. Suid-Afrika en vyf ander lande het aan die toernooi deelgeneem, en as kwalifiserende vereiste moes die Proteas as [...]

Lees meer

Wetenskaplike skryfvaardighede vir tesisse en dissertasies

Hierdie werkswinkel is gerig op nagraadse studente wat beplan of reeds besig is om hul tesisse of dissertasies te skryf. Die werkswinkel bied aan deelnemers die geleentheid om op ‘n interaktiewe en praktiese wyse hulle wetenskaplike skryfvaardighede op te knap en om antwoorde op hul vrae rondom akademiese skryf in die algemeen te kry.  Verskeie [...]

Lees meer

Na-doktorale en MSc posisies beskikbaar

Na-doktorale en MSc posisies beskikbaar in die studieveld van psigiatriese farmakogenomika aan die Department Genetika by die Universiteit Stellenbosch. Projekbeskrywing: Hierdie projek word onderneem volgens ‘n samewerkingsooreenkoms tussen die Departemente  Genetika en Psigiatrie by die Universiteit Stellenbosch. Die doelwit van die projek is om die genetiese faktore wat bydrae tot anti-psigotiese response en newe effekte [...]

Lees meer