Maties gaan MAL by Vensterversierings
Strome mense het Donderdagaand (2 Februarie) Stellenbosch se strate ingevaar om die jaarlikse Vensters-vertonings (video) te geniet. Op yslike, kleurvolle verhoë het Matie-eerstejaarstudente toeskouers gaande gehad met kort toneelstukke oor verhale van omgewingsbewustheid tot sosiale verantwoordelikheid.
Altesaam 20 produksies van sowat 10 minute elk is deurlopend tussen 19:00 en 23:00 voor koshuise op verhoë met kleurvolle agtergronde opgevoer. Elke produksie is deur minstens twee koshuise of privaatwyke aangebied, en al die eerstejaars in daardie koshuis of privaatwyk het die geleentheid gekry om die lyf akteur of danser te hou.
Vensterversierings is deel van MAD² (Making A Decision 2 Make A Difference), oftewel MAL² (Maak Ander Lewens Makliker viA Liefdadigheid), wat hierdie week op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) gehou word. Dié fees is ʼn studente-gedrewe fondsinsamelingspoging vir Maties Gemeenskapsdiens (MGD), waarvan die program verskeie studente-geleenthede insluit.
Op die verhoog op die grasperk voor Simonsberg-koshuis het eerstejaars van dié koshuis en dié van Huis ten Bosch met kleurvolle kostuums en helder beligting hul gehoor bewus gemaak van omgewingskwessies soos renosterstropery, die uitwissings van woude en die besparing van elektrisiteit.
Sonop en Elsenburg het ʼn sprokiesverhaal vertel van ’n sjokolade en suigstokkie wat uitgevoer word na Australië, waar die suigstokkie liefde in die arms van ’n plaaslike alkoholvrye bier vind. Ook Huis Marais en Irene het ’n liefdessprokie vertel wat die spot dryf met die Karate Kid-flieks.
Helshoogte en Nerina het ’n ruimte-dansskouspel vol energie gelewer, terwyl Dagbreek en Heemstede die fokus op tegnologie laat val het. Eendrag en Huis Francie van Zyl van die Tygerbergkampus het toeskouers se asems weggeblaasmet kostuums à la Tron wat in die donker geskyn het.

Die eerstejaars van Sonop en Elsenberg dans in hul Vensters-vertoning. (Foto: Wayne Muller)Dié studente dans op die verhoog tydens Vensters 2012. (Foto: Justin Alberts)
MAL² bied ook Saterdag (4 Februarie) die “March for MADness” aan. Die optog begin om 10:30 by die Neelsie se parkeerterrein en eindig in Birdsstraat. Daarna volg die Carling Black Label Gemeenskapsfees by die Van der Stel-gronde met kos- en speletjiestalletjies, sowel as musikale vermaak vir die hele gesin.
Die fees begin om 12:00.
- Kaartjies kos R25 en is by die ingange beskikbaar.

February 3, 2012 


Uitstekende organisering!! 10/10!!!
Welcome to our university!!! Be rest assured of 90% time for studies and maybe 10% play – time. That was your very last time to play!!!!!
OUR HOPE IS TO SEE YOU GRADUATE & EVERYTHING OF THE BEST.
Baie geluk met die puik idee. Min van ons het seker gedink die armbande gaan werk. Dit wys jou net.
many thanx have to go to all US Protection Service as well. They kept everything safe for us.
thanx
Die belangrikste aspek om te noem is waarskynlik die feit dat vir die eerste keer in die geskiedenis van Vensters is ‘n baie groot bedrag ingesamel t.b.v. MGD deur die verkoop van toegangsarmbande. Die finale bedrag moet bevestig word, maar vooruitsigte dui op ‘n bedrag goed oor R100 000.