Maties en Distell span kragte saam vir groentetuinprojek
Die Universiteit Stellenbosch (US) se betrokkenheid by die plaasgemeenskap van die wynlandgoed Middelvlei in Onderpapegaaiberg in Stellenbosch is gister (12 April 2012) betekenisvol uitgebrei met die bekendstelling van ʼn dinamiese groentetuinprojek.

Personeel van die Universiteit Stellenbosch en Distell en Matie-studente aan die werk in die groentetuinetable garden (Foto: Justin Alberts)
Dié gemeenskapsinteraksieprojek vorm deel van die Universiteit se HOOP Week wat hierdie week op kampus gehou word. HOOP Week is ter viering van die suksesse van die US se HOOP Projek – ʼn kampuswye inisiatief waardeur die Universiteit sy onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie inspan om volhoubare oplossings te vind vir sommige van Suid-Afrika en Afrika se strafste uitdagings.
Die US is die afgelope drie jaar betrokke by ʼn verskeidenheid projekte op die plaas. Die vrouekoshuise Harmonie en Monica het verlede jaar ʼn naskoolprogram op die plaas begin en talle Maatskaplikewerkstudente werk met kinders in die omgewing.
Die groentetuinprojek is geloods in samewerking met die bekende Stellenbosse maatskappy, Distell.
Volgens Michelle Pietersen, Programbestuurder van Maties Gemeenskapsdiens (MGD) se Een-Stopdiens, het Distell met Maties Gemeenskapsdiens kontak gemaak en gevra vir voorstelle vir gemeenskapsinteraksieprojekte waarby hulle kon aansluit. Sy is optimisties oor Distell se betrokkenheid in hierdie projek en sy hoop dat student deur dié projek by van Distell se ander gemeenskapsinteraksieprojekte sal kan inskakel.

Groepsdruk! SR-lede, lede van die Departement Drama se interaktiewe drama-klas en kinders van die Middelvlei-gemeenskapommunity (Foto: Justin Alberts)
Sarel Meyer, Distell se Algemene Bestuurder vir Besigheidverbetering, is verantwoordelik vir die maatskappy se betrokkenheid in de groentetuinprojek en is ook baie positief oor wat voorlê. Volgens hom, sal lede van Distell se personeel een keer ’n maand Middelvlei besoek en met die tuin uithelp.
“Ons wou nie ’n projek hê waar ons net vir een of twee maande betrokke sou wees nie. Ons wou ’n lang-termyn ding hê. Ons wil nog ’n lang pad met hierdie mense stap en ek dink dit gaan met hierdie projek gebeur,” sê Meyer.
Gister se projekloodsing het uit twee dele bestaan. Vir die eerste deel van die projek het lede van die Departement Drama aan die US se interaktiewe teater-klas tyd saam met die kinders van die Middelvlei-gemeenskap spandeer.
Simoné Nortmann, HOOP Projek Skakel en Studenteraadslid vir Leierskapsontwikkeling, was die doel van dié sessie om die kinders te leer “hoe om onkruid uit jou lewe uit te trek” en wat om te doen as iemand gemeen teenoor hulle is. Vir die tweede deel van die projek het die kinders by Distell personeel en lede van die SR in die tuin aangesluit en geleer hoe om groete te plant.
- Sien www.diehoopprojek.co.za vir meer inligting oor die HOOP Projek en vir ʼn volledige kalender van die verskillende vieringsgeleenthede.

April 13, 2012 
Lekker to see “Arty”Culture and “Agri”Culture working together. En die jongspan was pragtig, prettig en vol lewenslus. Ons Drama studente het hulle geweldig geniet – good stuff!