Nasionale MIV-toetsveldtog maan 600 Tygerberg Maties om hul status te ken
Universiteit Stellenbosch se jaarlikse MIV-toetsveldtog is tussen 7 en 11 Mei op Tygerbergkampus en daag Maties uit om seker te wees van hul status.
Hierdie jaar se veldtog vind plaas op Tygerberg buite die TSS en verskeie koshuise op kampus tussen Maandag, 7 en Vrydag, 11 Mei. Die veldtog moedig alle studente en personeel aan om hul MIV-status te ken, met ‘n spesifieke fokus op eerstejaars.
“First Things First” het ten doel om Suid- Afrikaanse studente aan te moedig, as toekomstige leiers, om verantwoordelikheid te neem, te toets vir MIV en so hulself te bemagtig.
Een gelukkige student kan ‘n Samsung Galaxy Tab wen as deel van ‘n navorsingsprojek.
Met die ondersteuning van rolspelers soos die SR, Maties Sport, Prof Julian Smith, Viserektor: Gemeenskapsinteraksie & Personeel, die Dekaan van Studentesake en Pokkel & Proffie, kan jy ook standpunt inneem en hierdie belangrike veldtog steun.
Jaco Brink, verantwoordelik vir Institusionele MIV-voorkoming, beklemtoon dat hierdie veldtog uiters suksesvol was op Stellenboschkampus in 2012 toe meer as 3 500 Maties hul laat toets het vir MIV. Dit getalle getuig van die vordering wat die universiteit gemaak het in sy visie om nuwe MIV-infeksies op kampus te stuit.
- ‘Like’ ons op Facebook.

April 23, 2012 
Dit is teen die wet vir werkgewers om werk te weerhou van iemand wat leef met MIV en daar word geen MIV-toets geskiedenis rekord gehou waaraan ‘n student of personeel se naam en/of US nommer gekoppel kan word nie.
Die proses is streng vertroulik en word slegs vir die gesondheid van kliente aanbeveel. Hierdie gratis geleentheid word deur die US se MIV-kantoor gebied.
Sien gerus die US se MIV-beleid om kennis te neem van hoe MIV genader word deur ons (http://www0.sun.ac.za/hiv/af/node/129).
Die Rapid MIV-toets wat binne minute ‘n uitslag gee word op geen rekords aangeteken tensy ‘n student dit op skrif van ons versoek nie. Dit is ook nie wettig in SA dat enige MIV-toetsuitslae op rekords bekend gemaak word nie en werknemers wat so ‘n rekord sou bekom en dit teen aansoekers gebruik kan ook vervolg word. Behalwe vir algemene statistiek oor deelname aan hierdie veldtogte word daar geen sentrale rekords van indivdue en hul MIV-status gehou nie. Jy het die reg tot konfidensialiteit en hierdie veldtog is juis daar om veilige en konfidensiele dienste te skep wat jou kan help.
Ek wonder soms of studente bewus is van die moontlikheid dat ‘n VIGS-toets op hulle rekord voornemende werkgewers teen hulle aanstelling kan laat besluit. Dink tog maar goed ná voor jy jou laat toets as jy reeds weet wat jou status is.