US studente en personeel ontvang gesogte beurse

Die Nagraadse en Internasionale Kantoor (NGIK) deel met trots dat ‘n aantal Stellenbosch studente en personeel gekwalifiseer het vir die Commonwealth en Erasmus Mundus beurse vir 2012.

Commonwealth

Die Commonwealth beurs gee aan studente van ontwikkelende Commonwealth lande die geleentheid om Meesters, PhD en split-site studies voort te sit in die VK. Die beurs word befonds deur die VK Departement vir Internasionale Ontwikkeling  (DFID), en bied aan suksesvolle kandidate ‘n reeks voordele insluitend goedgekeurde reiskostes, akademiese dekking en ‘n maandelikse toelaag.

Die resultate van die Commonwealth beurs vir studies in die VK vir 2012 is alreeds vrygestel, en die volgende kandidate was suksesvol in hul aansoeke: Me. Marisa Coetzee en Mnr. Adam Leon Cooper.

Erasmus Mundus

Die Universiteit Stellenbosch vorm deel van 2 Erasmus Mundus Action 2 programme. Hierdie programme bied nagraadse studente en personeel die geleentheid om te studeer, navorsing te doen, opleiding te ontvang en onderrig te gee by verskeie hoogaangeskrewe Europese universiteite.

Tien Stellenbosch studente en personeel is onlangs suksesvol in hul aansoeke vir die Erasmus Mundus beurse (deur een van die Action 2 programme, “EUROSA”); ‘n groot prestasie wanneer daar in ag geneem word dat Stellenbosch dus ‘n kwart van die totaal van 40 toekennings aan 8 universiteite in Suid Afrika ontvang het. Die beurs sal ook opgeneem word in verskeie dele van Europa: drie van die kandidate sal in Lund teenwoordig wees, een in Leipzig, twee in Antwerp, een in Bologna, een in Ljubjana en twee in  Maastricht.

Die resultate van die tweede Action 2 program, “ema2sa”, sal teen 7 Mei 2012 gefinaliseer word.

Studente en personeel kan ook uitsien na die volgende rondte van die Commonwealth beurs, die SKILL program en ander beurse op personeel en student vlakke. Die nuwe inligting sal gepubliseer word op die webtuiste van die NGIK en die universiteit nuus blog.

Kontak die NGIK vir meer inligting: 021 808 2565, of besoek ons kantore in Admin A; ingang op die rooiplein.

Geen kommentaar tot op hede nie...

Lewer kommentaar

*